Jane(Maize) (350 words)								Afrikaans
Mme Jane sê…
Folio strap: 
Photo: Use a photo of Jane 
Van tyd tot tyd moet ons stop en onsself vra waarmee ons besig is. In 'n poging om 'n duidelike antwoord te kry, moet ons ook sê wat ons nie doen nie. Kom ons begin met dit wat ons nie doen nie:
Ons maak nie gebruik van wit kontrakteurs om op swart grond te boer nie.
Ons "boer" nie namens mense nie.
Ons probeer nie om mense boerderygeleenthede te gee wat in die verlede geleenthede gehad het nie.
Ons doen nie “window dressing” nie.
Ons probeer nie om SEB-telkaart punte te kry vir diegene wat hierdie produkte koop nie.
Ons probeer nie om SEB-telkaart punte te kry vir diegene wat insette lewer nie.
Waarmee is ons besig? Ons is besig met:
Die ontwikkeling van swart produsente – onafhanklike, volhoubare swart produsente.
Opleiding van swart produsente sodat hulle verstaan wat hulle doen​​.
Aanmoediging van produsente om die natuurlike hulpbronne optimaal te gebruik.
Wys swart produsente hoe om te sorg vir die grond wat hulle gebruik.
Hulp aan mense om met dit wat hulle het, 'n inkomste te genereer vir hulself en voedsel vir hulself, hul gemeenskap en ons nasie te produseer. 
Die voorkoms van landbou te transformeer – van 'n wit oorheersende bedryf tot een met 'n ware weerspieëling van alle kulturele en etniese groepe.
Hulp aan mense wat toegang tot grond het – kommunale grond, huurgrond of 'n eie stukkie grond (om die grond meer volhoubaar en winsgewend te gebruik).
Om te probeer om met alle staatsdepartemente saam te werk en die hulp wat aan produsente gegee word, te koördineer.
Beplanning sodat produsente masjinerie en toerusting kan bekom.
Beplanning om toegang te verkry tot toelaes van die departemente.
Ek is dikwels teleurgesteld wanneer ek hoor dat mense "vir" swart produsente boer. Sommige individue/organisasies maak gebruik van swart grond vir hul eie gewin en noem dit "produsenteontwikkeling". As jy 'n wit produsent is en gebruik maak van grond wat aan ‘n swart produsent behoort, betaal huur daarvoor en erken dat jy die grond vir jouself bewerk. Moet asseblief nie voorgee dat jy produsente help nie.
