Jane(Maize										Afrikaans
Mme Jane sê…
Folio strap: 
Photo: Use a photo of Jane 
In die Pula, het ons vir baie jare slegs gefokus op boerdery en produksie. Soms vergeet ons dat daar sonder die boer geen produksie en geen voedsel of vesel sou wees nie. Weet jy hoe belangrik jy is? Weet jy dat jy die wêreld voed?
Ons vermy enige melding van MIV en Vigs – asof dit 'n soort vloek is op die nasies van die wêreld. Ons dink nie iemand het ‘n vloek op hulle as hulle hoë bloeddruk, diabetes of kanker het nie. Dit is my oortuiging dat ons MIV en Vigs op dieselfde manier moet behandel. Die virus val jou immuunstelsel aan en maak die deur oop vir ander siektes om jou dood te maak. Die goeie nuus is dat jy 'n gesonde en goeie lewe kan lei ten spyte daarvan dat jy MIV-positief is.
Wat moet ons doen? 
Laat jou vir MIV toets, sodat jy weet wat jou status is. "Kennis is mag."
As jy MIV-positief is, kry behandeling van 'n kliniek. Moenie swak diens by enige kliniek aanvaar nie en maak seker dat, indien jy kwalifiseer vir die anti-retro virale hulpmiddels (ARV) (volgens jou cd 4 telling), dat jy hulle gereeld neem soos voorgeskryf. Op hierdie stadium is daar nie 'n geneesmiddel vir MIV nie, maar dit kan hanteerbaar wees, en jy kan 'n vol en 'n lang lewe lei as jy dit goed behandel. 
As jy vir MIV getoets is en positief is, laat jou vir TB ook toets. As jou immuniteit laag is as gevolg van MIV, is jy baie vatbaar vir TB. Dit is TB wat jou eetlus wegneem, wat maak dat jy hoes, wat veroorsaak dat jy gewig verloor. Maak seker dat indien jy TB het, jy behandeling kry sodat jy genees word – TB is geneesbaar! 
Aan die ander kant, indien jy positief getoets is vir TB, laat jou toets vir MIV – dit is heel waarskynlik dat jy TB opgedoen het omdat jou immuniteit laag is. 
Daar is geen rede vir enigiemand om te sterf omdat hulle MIV-positief is nie – jy moet jou status ken en behandeling kry. Asseblief, laat julle toets en indien positief, kry behandeling. Ons het julle almal nodig!
