Jane(Maize)									Afrikaans
Mme Jane sê...
Folio strap: 
Photo: Use a photo of Jane 
Die afgelope tyd berig die media al hoe meer oor misdaad en bedrog. Wat gebeur met ons mense, ons standaarde en ons etiek? Miskien moet ons praat oor etiek. 
Werksetiek sluit in houding, gedrag, respek, kommunikasie en interaksie – hoe 'n mens met ander mense saamwerk. Die vraag in enige situasie behels: wat is reg en aanvaarbaar, teenoor wat verkeerd en skelm is. 
Oor die afgelope paar jaar was daar maatskappye en individue wie se werksetiek baie verdag was, wat 'n negatiewe impak op ander gehad het. Dit sluit mense in wat wegkyk as ander mense iets verkeerd doen.
Werksetiek, soos eerlikheid, om jou werk goed te doen, waarde te heg aan dit wat jy doen, om ‘n doel in die lewe te hê en deel te wees van ‘n groter visie of plan, is noodsaaklik. Ons moet nie net die goeie wil doen nie, maar ‘n begeerte hê om die goeie te doen. Werksetiek kom van binne. 
In die landbou daar is genoeg geleenthede om te lieg en bedrieg. Dink aan mense wat geld leen en dit nie terugbetaal na die oes nie, of mense wat 'n gewas plant, dit lewer en voorgee dat hulle nie 'n oes het nie, of diegene wat geld leen om 'n sekere aantal hektaar te plant en dan meer plant (dus nie al die insette gebruik soos beplan nie). Mense wat nie hul kontrakte nakom nie, mense wat verskonings maak vir harde werk, mense wat dinge verkoop wat nie aan hulle behoort nie en mense wat gesteelde goedere koop...die lys word net langer. 
As ons die landbousektor in ons land wil opbou, moet ons teruggaan na die goeie basiese beginsels van eerlikheid, harde werk, integriteit en respek. Almal, insluitende die mense in staatsdepartemente, moet 'n behoorlike dag se werk doen. Dit is die enigste manier waarop ons sal slaag. Indien jy die manier verander waarop dinge gedoen word – verander jouself eerste. Lei deur jou voorbeeld, wees betroubaar. Kom ons kom weer waar ons met vertroue kan sê: my woord is my eer.
