Jane(Maize)									Afrikaans
Mme Jane sê…
Folio strap: 
Photo: Use a new photo of Jane 
Ten spyte van baie pogings om onkruid te beheer, het ons gevind dat gedurende hierdie besonder nat seisoen, baie produsente gesukkel het om onkruid te beheer. Hierdie jaar was 'n goeie voorbeeld om produsente te wys dat die gebruik van chemiese onkruidbeheer die pad is om te loop! In baie gevalle was die lande te nat vir produsente om tussen die rye te plant en in baie gevalle het produsente die stryd teen onkruid verloor. 
Dit is 'n goeie tyd om te kyk na jou lande sodat jy ten volle bewus is van die probleme wat jy sal moet oorkom volgende jaar. Onkruid moet jou nooit verras nie – hulle kan wees meerjarige onkruide wat teenwoordig was in die land vir baie seisoene, of volgende jaar se onkruid sal wees van onkruidsaad wat op die grond geval het gedurende die huidige seisoen.
Dit is nie te laat om 'n verskil in jou lande te maak nie. Onthou die volgende:
Moet nie klein oppervlaktes onkruid ignoreer nie, kry beheer oor die oppervlakte voordat dit versprei.
Identifiseer die onkruid korrek sodat jy jou vyand ken en in staat is om 'n poging aan te wend om dit te beheer.
Moet nooit toelaat dat die onkruidplant saad skiet nie, die meeste meerjarige onkruide vermeerder vegetatief en deur saad.
Bestuur die onkruid by konvensionele gewasproduksie. Onthou om uit te vind oor moontlike onkruiddoders wat gebruik kan word om die onkruid te beheer.
Moet nie toelaat dat onkruid vrylik op die wenakker groei nie – (of kant van die land). Ernstige besmettings kan hier begin en later uitbrei na die land.
Maak seker dat jou saadbedvoorbereiding goed is, daar mag geen onkruid in die land wees voordat jy plant nie. Dit sal die gewas 'n kans gee om te ontwikkel sonder kompetisie.
Indien onkruide teenwoordig is, oorweeg die gebruik van geen-bewerking metodes sodat jy die onkruid chemies kan beheer.
Bewerk lande waar meerjarige onkruide teenwoordig is. Die bewerking het ‘n negatiewe uitwerking op die onkruid. (Sien punt hierbo, in sommige gevalle kan chemiese onkruidbeheer die beter keuse wees).
Wees versigtig om nie die onkruid meganies te versprei deur van die wortel segmente, knolle en wortelstokke na 'n skoon land deur middel van meganiese toerusting te vervoer nie. Die haas om by die volgende land uit te kom, veroorsaak dat mense die skoonmaak van toerusting ignoreer.
Identifiseer die areas op u plaas waar hierdie onkruid teenwoordig is in die herfs, sodat jy kan onthou om dit te bestuur in die volgende seisoen.
Gelukkig lyk dit asof die pryse vir alle graan styg – ek hoop dat hierdie tendens so sal voortduur sodat jy, die produsent, wins kan maak nadat jy geoes en jou gewas verkoop het. Onthou dat boerdery meer is as net 'n lewenswyse – dit is 'n besigheid en jy moet fokus op wins, sodat jy 'n volhoubare produsent kan wees.
