Miss (Maize)									Afrikaans
Moet nie jou geleenthede mis nie
Instructions: 
Folio strap: Produksiebeplanning
Byline: Phonnie du Toit, LNR Graangewas Instituut
Grabber: Wees wakker, jou beste geleentheid is dalk nader as wat jy verwag!
Grabber: Probeer om nie so besig te wees dat jy jou beste geleentheid mis wat so krities vir suksesvolle graanproduksie is nie.
Omdat graanprodusente so afhanklik is daarvan dat elke gewasseisoen ‘n goeie seisoen moet wees, word die meeste aktiwiteite jaar na jaar rondom een produksieseisoen beplan. In so ‘n kort periode kom ‘n goeie geleentheid in die meeste gevalle slegs een maal. Produsente mis dikwels groot geleenthede omdat hulle kostes wil bespaar of om groot verliese te verhoed omdat hulle nie betyds reageer nie.
Daar is baie goeie geleenthede wat in die voorbereidingsfase voor planttyd, sowel as gedurende die groeiseisoen, kan opkom. Die volgende dien as voorbeelde:
Beste aankoopgeleentheid
Hou jou oë oop vir spesiale aanbiedinge van goeie kwaliteit. Doen jou eie evaluasie gedurende die groeiseisoen om die kwaliteit van die produkte wat op jou plaas gebruik word, te ondersoek. Dit sal jou instaat stel om goeie besluite te maak en die beste produkte te kies. Ontwikkel jou snuffel vermoëns. Die goedkoper tweedehandse sleepwa wat op die veiling te koop is, kan dalk die geleentheid van ‘n leeftyd wees. 
Beste plantdatum
Hierdie is ‘n geleentheid wat dikwels deur produsente gemis word. In baie gevalle lei verwaarloosde meganiese implemente tot onnodige vertragings. Die beste tyd om jou implemente te versorg, is reg aan die einde van die plantseisoen. Wanneer implemente gestoor word na deeglike skoonmaak en beskerming teen roes, sal baie minder tyd en uitgawes benodig word om die toerusting voor te berei. As jy gereed is wanneer planttoestande ideaal is, sal jy in beheer voel van jou operasie.
Om jou grond te beskerm
Een swaar reënstorm kan groot skade aan gewaslande aanrig. As waardevolle bo-grond eers verlore is, is dit amper onmoontlik om dit te herwin. Alhoewel grondbewaring deel vorm van die langtermyn ontwikkelingsprogram van ‘n plaas, behoort produsente altyd op die uitkyk te wees vir potensiële areas waar gronderosie kan plaasvind. ‘n Onverwagse reënstorm op jou plaas kan nie voorspel word nie. Wanneer jy ‘n swak plek in ‘n kontoer opmerk, herstel dit so gou moontlik. Dit kan dalk jou beste geleentheid wees om skade aan jou waardevolle grond te verhoed.
Doen jou onkruidbeheer op die regte tyd
Vir effektiewe onkruidbeheer by mielies byvoorbeeld is daar goeie onkruiddoders (chemiese onkruidbeheer produkte) beskikbaar. Selfs ‘n goeie onkruiddoder kan slegs suksesvol werk indien toestande gunstig is. Maak dus gebruik van die geleentheid op ‘n dag wanneer die weerstoestande goed is en nie op ‘n winderige dag of in baie warm en droë toestande nie. Die grootte van die onkruid is ook belangrik om suksesvolle onkruidbeheer toe te pas. In die meeste gevalle is dit beter as onkruide kleiner is. Gereelde besoeke aan lande om die ontwikkelingsfases van beide die gewas en onkruid dop te hou, is van groot belang. Moet nie uitstel nie. Beheer die onkruid wanneer hulle nog klein is. 
Beskerm jou gewas teen peste
Insekte soos die mielie stronkboorder kan groot skade aan mielies en sorghum aanrig. Die skade kan in ‘n baie kort tydperk verrig word. Hoë getalle insek larwes in die keël van die plant, kan effektief met insekdoders beheer word. Wanneer beheermaatreëls egter uitgestel word, is die kanse goed dat dit mag misluk. Die rede is: As die gewas ontwikkel tot die volgende fase of die grootte van die larwes neem toe, word die onkruiddoder minder effektief. Deeglike en gereelde observasie van gewasse sal help om die beste tyd vir beheer te bepaal.
Die beste oesdatum vir jou gewas
Sommige gewasse moet stiptelik op die regte tyd geoes word. In die geval van grondbone sal onnodige verlies aan opbrengs of kwaliteit plaasvind indien te vroeg of te laat geoes word. Om op die beste tyd vir die oes van ‘n gewas te besluit, moet die produsent ‘n paar dinge in ag neem, soos die kleur van die saad, klimaatstoestande en die voorkoms van siektes. By sojabone sal saad uitskiet oor die land as die gewas volwasse word. Indien te laat geoes word, kan die produsent groot verliese aan opbrengs ondervind. Moet nie die geleentheid mis om alle graan teen oestyd te kan insamel nie.
