Member (Maize)								Afrikaans
Hoe word ek 'n lid van Graan SA?
Folio strap: Waardetoevoeging
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Enige persoon wat 'n graanprodusent is, kan 'n lid van Graan Suid-Afrika word. Daar is verskillende tipes lidmaatskap van hierdie organisasie, maar die mees algemene is volle kommersiële lede en studiegroeplede. 
Die gelde betaalbaar om 'n volle kommersiële lid te word, is 'n bedrag van R2 per ton vir elke ton graan gelewer, met 'n minimum fooi van R570 (BTW ingesluit).
Daar is studiegroep lidmaatskap wat R10 per studiegroeplid per jaar kos. As daar mense is wat graag 'n studiegroep wil vorm en 'n lid van Graan SA wil word, kontak gerus jou naaste Provinsiale Koördineerder, wie se name en kontakbesonderhede op die agterste bladsy van hierdie nuusbrief verskyn. Die doel van die studiegroepe is om gereelde vergaderings te hou, waartydens alle aspekte van graanproduksie bespreek word. Om 'n lid van 'n studiegroep te wees, beteken ook om toegang te hê tot die talle kursusse wat deur Graan SA dwarsdeur die jaar aangebied word.
Ons hoop dat meer en meer ontwikkelende produsente volwaardige kommersiële lede van Graan SA sal word deur die betaling van hul heffing van R2 per ton vir elke ton wat hulle oes. Graan SA benodig jou lidmaatskap sodat ons kan beding namens al die graanprodusente in Suid-Afrika.
