Mechanisation (Maize)									Afrikaans



Meganisasie – die basis vir baie produsente



Instructions: 

Folio strap: Meganisasie

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente



Indien jy beplan om ‘n kommersiële produsent te wees, sal jy baie gou die noodsaaklikheid van meganisasie besef – trekkers, toerusting en masjinerie. Wanneer jy aanvanklik ‘n klein stukkie grond bewerk, kan jy die werk verrig met hande – arbeid of deur die gebruik van ‘n trekdier (donkie of os). Wanneer jy egter meer hektare begin bewerk, sal jy meganiseer om sodoende meer werk in ‘n korter tydperk te verrig. 



Ons het gevind dat baie produsente nie vordering toon nie, omdat hulle of nie toegang tot trekkers en masjinerie het nie, of die swak toestand van hierdie items. ‘n Trekker is van geen nut as dit nie in ‘n werkende toestand is nie – vir watter rede ook al. 



Meganiese evaluering



Indien jy toerusting het, of beplan om toerusting aan te koop, sal jy ‘n evaluering moet doen op die volgende toerusting:



Trekkers 

Kyk na die volgende as jy ‘n trekker wil evalueer:

Kontroleer die water en olie-vlakke. 

Kry die diensrekord van die trekker. 

Kyk na die toestand van die bande. 

Kyk vir olielekke – daar behoort geen te wees nie. 

Skakel die trekker aan en luister na die enjin. 

Ry en kontroleer die koppelaar en ratte.

Hak ‘n implement en kontroleer die hyser en hidroliese sisteem.

Werk die kragaftakker? 

Is al die meters en waarskuwingsligte in werkende toestand? 

Trek die implement en kyk of die trekker krag het.



Trekker
 
Model
 
kW
 
Kondisie (is hierdie trekker in ‘n werkende toestand? Indien nie, beskryf die probleem en die moontlike herstelkoste ) 
 
Waarde
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Planters 

Bepaal die tipe planter – is dit ‘n plaatplanter, ‘n lugdrukplanter of ‘n vingermeganisme? 

Hoeveel rye plant die planter? 

Hak die planter aan die trekker. Plaas saad en kunsmis in die bakke. Ry met die trekker oor ‘n afstand van ongeveer 10 m en kontroleer dat die rye werk. Indien die saad en en/of kunsmis nie voldoende uitval nie, moet die bewegende dele deeglik nagesien word om die probleem vas te stel. 

Stel vas of daar addisionele plate vir die planter is (indien dit ‘n plaat planter is).





Planter 
 
Tipe
 
Grootte/aantal rye
 
Kondisie (beskryf)
 
Afstand tussen rye
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Onkruidspuit

Voordat jy die spuit hak, moet die olievlak in die pomp nagegaan word. 

Hak die spuit en koppel dit aan die kragaftakker. Kyk of al die spuitpunte in werkende toestand is. 

Kontroleer die druk. 

Indien daar probleme is, bepaal die probleem. Is dit die pomp, die filter of die spuitpunte? 

Indien die spuit nie werk nie, kan dit herstel word? 



Spuit
 
Tipe
 
Grootte/aantal spuitpunte 
 
Kondisie (beskryf)
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Implemente en toerusting 

Ondersoek die raam. Is dit gebuig of gekraak? (Kyk vir sweismerke).

Ondersoek al die boute en koppelings.

Ondersoek alle dele wat in die grond werk (skare en skottels) – moet hulle vervang word? 

Ondersoek die hidroliese pype en pompe. Is hulle in ‘n goeie werkende toestand sonder lekplekke?

Ondersoek die wiele. Kontroleer die banddruk.

Kontroleer die laers op die implement. Is alles gesmeer en in werkende toestand? 



Implemente
 
Tipe
 
Grootte
 
Kondisie (beskryf)
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Maak seker dat jy ‘n deeglike evaluering doen van al die trekkers en implemente sodat jy nie meer werk aanpak as wat jou toerusting toelaat nie. Dit is beter om wins te maak op ‘n kleiner area as om ‘n verlies te maak op meer hektare. Bewerk net soveel grond as wat jy behoorlik kan behartig.

