Mechanisation (Maize)								Afrikaans

Meganiese bestuur – wie is verantwoordelik?



Instructions: 

Folio strap: Meganisasie

Byline: Willie Kotzé, spesialis: Opleiding en Ontwikkeling van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente



Jy is dalk gelukkig genoeg om trekkers en toerusting van die Departement van Landbou of van ‘n ander organisasie te ontvang. Dit is waarskynlik dat jy nie die toerusting as ‘n individu ontvang het nie, maar dat die vereiste is dat jy dit met ander produsente moet deel. Dit is moeilik. Onthou egter dat jy meer gelukkig as ander is, wat geen toegang tot trekkers en implemente het nie. 



Meganisasie is ‘n seën, maar vereis bestuur. Daar rus groot verantwoordelikheid op almal betrokke by die gebruik daarvan. Verantwoordelike bestuurspraktyke moet bespreek word en besluite moet as ‘n groep geneem word – julle moet saamstem oor die wyse waarop dinge gedoen word en julle moet seker maak dat almal in die groep instem oor alle punte, sodat besluite later geïmplementeer kan word. 



Moontlike oorsake van konflik 

Daar is verskeie moontlike oorsake van konflik ten opsigte van die gebruik van kommunale trekkers en toerusting:

Moet mense betaal om toerusting te gebruik en indien ja, hoekom?

Wie moet betaal word om die toerusting te kan gebruik? 

Indien hulle moet betaal, hoe moet dit bereken word – per uur of per hektaar? 

Baie mense wil die toerusting op dieselfde dag gebruik.

Een produsent het baie lande en wil al sy lande bewerk – ander produsente het slegs ‘n klein stukkie grond. Hoeveel hektaar mag per individu bewerk word? 

Waar kry produsente diesel? Moet elke persoon ‘n klein houer diesel by die plaaslike garage koop, of sal die groep ‘n groot tenk hê waar almal kan diesel tap? 

Indien die diesel in grootmaat gekoop word, wie sal verantwoordelikheid daarvoor neem? Wie is die verantwoordelike persoon? 

Sal die diesel aangekoop en verkoop word teen dieselfde prys, of sal die groep ‘n klein wins maak wat gebruik kan word om sommige van die onderhoudskoste te dek?

Indien iets aan die trekker breek, wie is verantwoordelik om dit reg te maak? 

Moet die trekker na gebruik met ‘n vol tenk diesel teruggegee word? 

Die drywers van die trekker – mag enigeen dit bestuur, of moet ‘n drywer aangestel word of ten minste iemand met ‘n trekkerlisensie? 

Aan wie is die toerusting gegee? 

Is die eienaars geïdentifiseer (byvoorbeeld kan die toerusting slegs deur ‘n bepaalde hoeveelheid mense gebruik word of kan enigeen uit die gemeenskap dit gebruik?) 

Wat is die primêre gebruik van die toerusting? (Is dit vir bewerkbare grond, of kan dit ook vir vervoerdoeleindes gebruik word?) 

Waar moet die toerusting gestoor word – in ‘n sentrale stoor of by individuele huise? 

Waar sal die trekkers gediens word? 

Wie sal rekord hou van die dienstye van die trekkers? 



Verantwoordelikhede van die eienaar(s)

Is die eienaars bewus van hul verantwoordelikheid ten opsigte van die gebruik van die toerusting?

Is die prosedures in plek vir die gebruik van die toerusting? 

Is daar reëls en regulasies ten opsigte van die volgende: 

Wie mag die toerusting gebruik en wanneer? 

Wie mag die toerusting hanteer? 

Koste verhaling? 

Diens en herstel? 

Opleiding van die operateurs?

Veiligheidsmaatreëls? 

Vervanging van trekkers en toerusting? 

Versekering van trekkers en toerusting? 

Inspeksie van die toestand van die toerusting? 

Kontrakte met operateurs? (Indien die persoon betaal word om te bestuur, ens.) 

Kontrak met die grondeienaar – wat moet gedoen word en teen watter standaarde? 

Tydskedules?

Prosedures met betrekking tot die kalibrasie van spuite en planters? 

Die administrasie na elke operasie – byvoorbeeld nadat die land gespuit is, moet rekord gehou word van die chemikalieë wat aangewend is? 

Voorsiening en betaling van die diesel? 



Operateurs (trekkerdrywers) 

Wie kwalifiseer om die trekker te bestuur? (Wie kan gevra word om die trekker te bestuur?)

Is daar enige opleiding nodig vir die operateurs? 

Wie sal die operateur oplei met betrekking tot die gebruik van die trekker, soos uiteengesit in die operateurshandleiding?

Wie is verantwoordelik vir die bestuur van die operateurs? 

Het elke trekker net een drywer, of is daar verskillende mense wat die trekker op verskillende tye bestuur? 

Indien daar meer as een operateur is, wie is verantwoordelik vir die trekker? 

Wie is verantwoordelik om die trekker elke oggend na te gaan voordat dit lande toe gaan? 

Wie moet verseker dat die daaglikse toestand van die trekker op standaard is? 

Is daar toerusting en fasiliteite om die trekkers en implemente skoon te maak? 

Aan wie moet probleme gerapporteer word? 

Watter prosedures moet gevolg word om foute te herstel? 

