Mechanisation 								Afrikaans

Toerusting: eie, huur of uitkontrakteer?



Instructions: 

Folio strap: Meganisasie

Byline: Aangepas vanuit die Agri Besigheidshandleiding deur Jane McPherson

Photos:



Die moderne boer streef konstant na groter kapasiteit en effektiwiteit met verwysing na die gebruik van trekkers, stropers en verwante masjinerie. 



Dit is veral die geval met die bewerkingsoperasie. Moderne vooruitgang in nuwe masjinerie, wat elke jaar ten toon gestel word by die NAMPO Oesdag, dui ‘n tendens van verhoogde perdekrag of kilowatt vir enjinaangedrewe plaastoerusting aan. Dit sluit in die grootte en kapasiteit van die masjinerie, hetsy ‘n trekker, selfaangedrewe kuilvoermaker, ploeg wat getrek word met meer tande of wyer tandem skottelploeg. 



Die koste van die besit en vervanging van masjinerie, asook bewerkingsoperasies, is besig om drasties toe te neem. Indien bewerkings nie betyds uitgevoer kan word nie, is die resultaat daarvan dat ‘n oes nie afgehaal word nie of ondergemiddelde oesopbrengs behaal word.



Om oes- en ander produksiedoelwitte te bereik soos uitgespel in die plaasbeplanning, asook vir die gebruik van hulpbronne en finansiële doelwitte is dit belangrik om rondom die kapasiteit van bestaande toerusting te beplan. Nadat ‘n inventaris van bestaande toerusting voltooi is, sal die boer weet watter klas en grootte trekkers beskikbaar is, asook die kilowatt van elkeen. 



Die grootte van trekkers en hulle trekkragpotensiaal of werksverrigting moet tesame met die grootte en kapasiteit van bestaande implemente bepaal word. Nadat dit gedoen is, kan die werksverrigting in terme van die tyd benodig vir ploeg, diep tandbewerking, skottelbewerking, vlak bewerking en plant gemeet word. 



Die boer kan verkillende besluite neem of hy genoeg toerusting het, al dan nie. Dit mag dalk nodig wees om addisionele kapasiteit aan te koop of kontrakteurs te huur om sekere sleuteloperasies uit te voer. Dit mag byvoorbeeld meer koste-effektief wees om ‘n kontrakteur met groot trekkers en gepaste implemente te huur om primêre ploeg, diep tandbewerking of skottelbewerkingsoperasies uit te voer. Die boer kan dan daaropvolgende bewerkingsoperasies hanteer deur die gebruik van sy eie en kleiner toerusting (verwys asseblief na die kontrakteurskursus vir meer inligting). 



Die boer moet ‘n keuse maak tussen die besit van al die toerusting benodig om beplande operasies op tyd uit te voer of om ekstra toerusting te huur of deur die gebruik van kontrakteurs. Die vaste koste in die eienaarskap van al die toerusting, veral vir beginnerboere, in terme van depresiasie, belasting, stoorplek, versekering en rente, moet in ag geneem word. Die finansiële las op die besigheid om lenings wat vir die aankoop van addisionele toerusting aangegaan is, terug te betaal kan beperkend wees en ‘n groot finansiële risiko op die besigheid plaas. Die afwesigheid van toerusting kan egter beteken dat gewasse nie betyds geplant of gestroop word nie.



