Measurement (OPOT)									Afrikaans



Saad en kunsmis – 

onthou om te meet! 



Instructions:

Folio strap: 

Byline: Inligting verkry vanaf die Landbou Kontrakteurskursus

Photos: 

	

Skraper 

Vingermeganisme 

Plaat

Kunsmisbak

Kunsmisbeweging

Aandrywing

Wurm

Kunsmis-uitlaat

Saad-of kunsmisbuis

Saadbak

Skuifopening (skuif op en af)

Roerder

Roterende plaat

Stermeganisme

Spesiale wiel wat dien as uitmeetmeganisme

Drukwiele wat as aandrywing gebruik word



Basiese meganismes wat saad en kunsmis meet



Saadspasiëring – plaatplanters

Verskillende maniere van saadspasiëring word gebruik om korrekte spasiëring te verseker. Die mees algemene meganisme is die plaat-en openingtipe. (Hieronder aangedui).



Die uitmeetplaat het openinge waarvan elkeen groot genoeg is om een pit op ‘n slag te hanteer. Terwyl die plaat roteer, gly dit op ‘n basisplaat wat net een opening het. ‘n Gedeelte van die plaat is bedek en hierdie bedekking het ‘n skraper om enige ekstra saad wat nog op die plaat teenwoordig is, af te skraap terwyl die plaat roteer. Daar is ook ‘n vingermeganisme, met ‘n veer in, wat oor die plaat gly om saad uit die opening te druk wanneer dit oor die uitlaat beweeg. Die vorm en grootte van die plaatopening is belangrik om te verseker dat slegs saad die opening sal binnedring en ook om te verhoed dat saad sal vassit wanneer dit veronderstel is om uit te val. 



Saad spasiëring – lugdrukplanters 

Daar is 2 tipes lugdrukplanters – die een het ‘n negatiewe druk (suig lug om ‘n vakuum te vorm om saad vas te trek teen die opening) en die ander het ‘n positiewe druk (blaas die saad en forseer dit in ‘n opening in). Saadgrootte is nie so belangrik met hierdie meganismes as met plaatplanters nie – die vakuum suig een saadpit teen die opening, ongeag die grootte van die saad. Die hoeveelheid saad wat geplant word is afhanklik van die spoed van die roterende plaat. 



Uitmeet van kunsmis

Uitmeet met ‘n wurm

Die mees algemene uitmeetmeganisme is die wurm of skroeftipe. Die wurm kom voor op die bodem van die kunsmisbak. Die wurm word geroteer deur ‘n ketting-aandrywing vanaf die aandryfwiel. Terwyl dit roteer, word kunsmis opgevang tussen die groewe van die wurm en geskraap na die uitlaat van die bak. 



Die enigste metode om enige verandering aan te bring, is deur die ratkettings tussen die aandrywingswiel en die wurm te verstel. 



Uitmeet deur ‘n plaat

Hierdie metode is baie gewild op eenvoudige, goedkoop planters. Hierdie uitmeet plaat is nie ‘n positiewe meganisme soos die wurm nie. Kunsmis vloei grotendeels uit die kunsmisbak, maar word aangehelp deur die rotasie van die plaat. Die roerder is ‘n meganisme op die plaat en help om die kunsmis te roer en in die rigting van die uitlaat te stoot. 



‘n Sekere hoeveelheid verstelling kan bereik word deur die skuifopening te verstel. 



Uitmeet deur ‘n stermeganisme

Hierdie is ook ‘n positiewe uitmeetmeganisme. 



Die sterwiel is binne in die bak geplaas op so wyse dat die vingers gedeeltelik buite die bak roteer. 



Binne die bak word kunsmis vasgevang tussen die vingers van die wiel en terwyl dit roteer word kunsmis uit die bak gestoot binne in die kunsmisbuis. 



Uitmeet deur hierdie meganisme kan op drie wyses gedoen word:

Verander die aandrywingratkettings om die wiel vinniger of stadiger te laat roteer. 

Vervang die sterwiel met een wat langer of korter vingers het. 

Sommige sterwiele het ‘n skuifopening soos die plaat uitmeetsisteem. Deur die skuifopening oop te maak, sal meer kunsmis deurgelaat word. 



Aandrywing van die uitmeetsisteem

Nadat al die komponente van die planter bespreek is, sowel as die basis van saad-en kunsmis-uitmeetsisteme – sal die vraag ontstaan hoe al hierdie dele beweeg.

Die uitmeetsisteem word hoofsaaklik aangedryf vanaf ‘n ondersteuningswiel op die planter. Die drukwiele word ook dikwels gebruik as aandrywingswiele en ondersteuningswiele. Somtyds word ‘n spesiale wiel op die planter gemonteer. Hierdie wiel is of swaar genoeg om genoeg traksie te weerstaan, of word afgedruk met ‘n veer. ‘n Spesiale loopvlak word voorsien om te verseker dat hierdie wiel nie te veel gly nie. 



Die omwentelingspoed van die aandrywingswiel is afhanklik van die grondspoed van die trekker – hoe vinniger die trekker beweeg, hoe vinniger sal die aandrywingswiel roteer. ‘n Sisteem van ratte en kettings word gebruik om die omwentelingspoed van die saadmeganismes te bepaal en ‘n ander sisteem van ratte en kettings word gebruik om die omwentelingspoed van die kunsmismeganisme te bepaal.



Let daarop dat verskillende tipes planters, verskillende meganismes het – bv. sommige het hefbome wat minder of meer oopgemaak kan word om die vloei van saad en kunsmis te beheer. 



Om die spoed van die meganismes te beheer, word ratverhoudings gebruik – dit is ‘n belangrike beginsel wat verstaan moet word.



