Marketing (Maize)									Afrikaans

Bemarkingsbestuur en die dilemma van ons produsente



Instructions: 

Folio strap: Bestuur

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Boere (met uittreksels vanuit die Boerderybestuur vir Winsgewendheid kursus)

To be translated: 

Prys

Hoeveelheid van produk

Vraag

Aanbod

Equilibrium



Voedselbemarking omsluit alle besigheidsaktiwiteite wat betrokke is by die vloei van voedselprodukte en-dienste, vanaf die produsent tot die verbruiker.



Verduideliking van die konsep

Die voedselbemarkingsisteem is ‘n komplekse en duur netwerk van kanale, middelmanne en bemarkingsaktiwiteite wat die produksie, verspreiding en uitruiling van die volk se voedselvoorsiening vergemaklik. Hierdie sisteem het uitgebrei in grootte en betekenis met die groei van gespesialiseerde landbou, verstedeliking en sosio-ekonomiese tendense. Bemarking is ‘n produktiewe proses wat vorm-, plek-, tyd- en eiendomsnut aan boerderykommoditeite toevoeg. Die waarde toegevoeg tot die voedselbemarkingsproses komplimenteer die produktiewe prosesse van boerdery. Die bemarkingsproses vorm ‘n lewensvatbare brug tussen voedselprodusente en verbruikers en word beïnvloed deur sosiale hulpbronne, tegnologie en die wette en norme van die samelewing. Die voedselbemarkingsisteem het ontwikkel in reaksie tot die veranderende behoeftes van produsente en voedselverbruikers.



Bemarkingsfunksies bevat al die verskillende aksies wat uitgevoer word in die beweging van ‘n produk, vanaf sy aanvanklike staat. tot in sy finale vorm as ‘n verbruikersproduk. Die funksies word gewoonlik soos volg in drie hoofgroepe verdeel, naamlik fisiese funksies, fasiliteringsfunksies en uitruilfunksies:



Fisiese funksies:

Versameling;

Sortering;

Storing;

Vervoer;

Prosessering;

Verpakking; en 

Verspreiding.



Fasiliterings funksies

Finansies

Risikodraer; 

Gradering;

Standaardisering;

Promosie; en

Markinligting.



Uitruilfunksies

Koop; en

Verkoop.



Bemarkingsbestuur handel dus oor die proses vanaf oes tot die finale verkoop van die produk/te, hetsy in rou vorm of met toegevoegde waarde, wat op die plaas geproduseer word. Produsente staar ‘n aantal probleme in die gesig met die bemarking van hulle produkte, soos: 

‘n Tekort aan bemarkingskennis of-vaardighede; 

Tekort aan bemarkingsinligting;

Ongelyke bedingingsmag;

Probleme om pryse te verbeter deur middel van groepoptrede; en 

Beheer oor die uitset.



Die effektiwiteit van bemarking het ‘n belangrike uitwerking op pryse wat deur produsente ontvang word en dus ook op hulle inkomste. 



Definisie van ‘n mark

‘n Mark word gedefinieer as ‘n plek waar gewillige verkopers gewillige kopers ontmoet en produkte en dienste oorgedra word teen ‘n ooreengekome prys.



Doelwitte van behoorlike bemarkingsbestuur

Om ten minste die finansiële resultate en finansiële posisie van die besigheid te behou en te verbeter.

Om die standaard van beplanning, organisering, implementering en beheer van die bemarkingsbestuur te verbeter.

Om die besluitnemingsproses aangaande bemarkingsbestuur te vergroot – wat, waar en wanneer.

Om die beskikbaarheid van behoorlike bemarkingsinligting te verseker.



Prysinligting



Inleiding

Pryse en inkomste speel ‘n sleutelrol in bemarkingsbesluite. Pryse en inkomste beïnvloed wins en die allokering van bemarkingshulpbronne. In die afwesigheid van markinmenging, dui aanvaarbare pryse aan dat die prys, die vlak van verbruik en die vlak van uitset bepaal word deur vraag en aanbod. 



Vraag

Verbruikers word gekonfronteer met keuses. Verbruikers het baie en selfs onbeperkte behoeftes – maar beperkte inkomste. Hulle probeer om spesifieke goedere en dienste te kies wat in hulle behoeftes sal voorsien, binne hulle beperkte inkomste. Die vraag na ‘n produk kan beskryf word as die verhouding tussen prys en die hoeveelheid aangekoop in ‘n spesifieke mark. Die wet op vraag bepaal dat, hoe hoër die prys, hoe minder sal dit aangekoop word en omgekeer. Hoe hoër die prys, hoe minder kopers sal geïnteresseerd wees om die produk te koop en andersom. Ander mense sal wel aanhou koop, maar meestal in kleiner hoeveelhede.



Vraag is die verhouding tussen die prys van goedere en die hoeveelheid gekoop. Indien die prys van ‘n hamburger styg vanaf van R9,00 tot R10,50, koop verbruikers minder. Hulle mag besluit om eerder pizzas te koop. Indien die prys verminder na R7,50, koop hulle meer.



Tabel 5.3.1: Hoeveelheid van produk in aanvraag teen verskillende pryse. (Hierdie verhouding is grafies geïllustreer in figuur 5.3.1)





Prys van ‘n produk
 


Hoeveelheid van produk gekoop
 

 
R16,50
 
0
 

 
R15,00
 
200
 

 
R13,50
 
400
 

 
R12,00
 
600
 

 
R10,50
 
800
 

 
R 9,00
 
1 000
 

 
R 7,50


 
1 200


 

 













Figuur 5.3.1: Vraagkurwe 









                                                             Vraag

                                                       



























                                          0     200     400     600     800     1000     1200     1400

                                                Hoeveelheid van hamburgers
 

 
 
 

 


Die afwaartse lyn tussen prys en hoeveelheid word die vraag kurwe genoem.



Aanbod

Die aanbod van enige produk of diens is die hoeveelheid wat verkopers gewillig is en in staat is om teen ‘n spesifieke prys te verkoop. 



Terwyl vraag die verhouding is tussen die prys van ‘n produk en die hoeveelheid gekoop, is aanbod die verhouding tussen die prys van ‘n produk en die hoeveelheid wat kopers gewillig is om te verkoop.  Wanneer die prys van ‘n produk laag is, is dit nie winsgewend om die produk te verkoop nie en is die aanbod kleiner. Wanneer die prys van die produk verhoog, is die besigheid meer winsgewend en die verkopers bied meer aan. Dus is die hoeveelheid aangebied positief verbind tot die prys. Hierdie verhouding tussen prys en aanbod word die wet op aanbod genoem.  Let daarop hoe die  hoeveelheid aangebied wissel teenoor die prys indien insetpryse, tegnologie en verwagtinge konstant bly.  Tabel 5.3.2 dui die hoeveelheid hamburgers aan wat deur ‘n verkoper teen verskillende pryse aangebied word.  Indien die prys verhoog, voorsien die produsent groter en groter hoeveelhede.



Tabel 5.3.2: Aanbodskedule van ‘n produk



Prys van produk
 
Hoeveelheid van produk aangebied
 

 
R16,50
 
1 200
 

 
R15,00
 
1 000
 

 
R13,50
 
800
 

 
R12,00
 
600
 

 
R10,50
 
400
 

 
R9,00
 
200
 

 
R7,50
 
0
 

 
















Figuur 5.3.2: Aanbodkurwe





































                                       0      300      600      900      1200      1500      1800      2000

                                                           Quantity of hamburgers
 

 
Die kurwe wat prys en hoeveelheid verbind, word die aanbodkurwe genoem. Die aanbodkurwe neig opwaarts, omdat ‘n hoër prys beteken dat ‘n groter hoeveelheid voorsien word.



Ekwilibrium van vraag en aanbod 

In Figuur 5.3.3 word aanbod- en vraagkurwes tesame aangedui. Let daarop dat die aanbod en vraag op ‘n sekere punt kruis. Hierdie punt word die mark ekwilibrium genoem. Die prys waarteen die twee kurwes kruis, word die ekwilibrium prys genoem, en die hoeveelheid die ekwilibriumhoeveelheid.

Figuur 5.3.3:	 Ekwilibrium prys



                                                                                                              Aanbod



                   P*

                                                                                         

                                                                                                              



                                                                       Ekwilibrium

              

                   Pe





                                                                                                                 Vraag                                                                                                           

   





    





                                          Q1                    Qe                   Q**   

                                           

                                 0        300          600      900       1200       1500       1800       2000      

   

                                          Hoeveelheid van hamburgers


 

 


Teen die ekwilibriumprys, balanseer die hoeveelheid produkte wat verkopers gewillig is om te verkoop, met die hoeveelheid wat kopers gewillig is om te koop. Hierdie ekwilibriumprys word soms die mark suiweringsprys genoem, omdat almal in die mark tevredenheid het. Kopers het gekoop wat hulle wou en verkopers het verkoop wat hulle wou.



Faktore wat landbouprodukte se pryse beïnvloed

Die faktore wat landbouprodukte se pryse beïnvloed, kan in vier breë kategorieë verdeel word: 

Eerstens; aanbodtoestande wat die prys van landbouprodukte en voedsel beïnvloed. Dit sluit in produksiebesluite, weer, peste en plae, die area geoes en invoere. 

Tweedens; vraagtoestande sluit in inkomste, pryse, voorkeure en smake, bevolking en uitvoere.

Die voedselbemarking sektor sluit die derde kategorie in; dit beïnvloed landbouprodukte se pryse deur middel van waarde-toevoegingsaktiwiteite, pryse, koste en bemiddelingstrategieë. 

Laastens kan die regering landbouprodukte beïnvloed deur prysondersteuning, aanbodbeheer, subsidies, handelsbeleid of beleid wat die plaaslike vraag na voedsel beïnvloed.



In die verlede is die Suid-Afrikaanse landbou dikwels as geïsoleer en apart van nasionale en internasionale ekonomieë gesien. As gevolg hiervan is landouprodukte se pryse, en daarom ook inkomste vanaf  landbouprodukte, primêr beïnvloed deur interne faktore soos produsentebesluite, regeringsbeleid, landboutegnologie, die weer en verbruikersvraag na voedsel. 



Vandag bestaan hierdie uitgangspunt nie meer nie. In die eeu van globalisasie, kan geen sektor, insluitend die landbou, totaal van die wêreld geïsoleer word nie. Dit het ook meegebring dat regeringsinmenging in Suid-Afrika verminder moet word. Die pryse van Suid-Afrikaanse produkte word nou gekenmerk deur internasionale, sowel as plaaslike vraag en aanbod.



Prysskommelinge van kommoditeite

Verskeie faktore dra by tot die onstabiliteit van landbouprodukte. Aan die aanbodkant beïnvloed variasies in produsente se produksiebesluite, weer, peste en plae en ander onvoorsiene omstandighede die area aangeplant, opbrengste en pryse. Produsente kan sommige aanbodfaktore beheer, maar egter nie almal nie. Selfs terwyl produsente probeer om vraag en aanbod te balanseer, kan die natuur dinge laat skeefloop. Die produsent kan aanpas by prysvooruitskouings of verwagte aanplantings van ‘n sekere gewas, net om uit te vind dat sy opbrengs laer is as die gemiddeld of, dat groeitoestande surplusse met lae pryse teweeg gebring het, of dat die produk ingevoer word teen lae pryse.



Prys variasies word dikwels veroorsaak deur die pogings van produsente om uit te brei of produksie te verlaag. ‘n Hoër prys sal verhoogde produksie of bemarking stimuleer, wat dan in ruil sal lei tot laer pryse. Laer of hoër pryse in die landbou het die vermoë om self te herstel. Daar is gewoonlik logiese vertragings in die landbou, wat die produsent verhoed om onmiddellik te reageer op prysveranderinge. Dit is die algemene gedrag van alle produsente wat pryse beïnvloed.



Faktore wat verwant is aan vraag dra ook by tot prysskommelings in die landbou. Internasionale handelsooreenkomste verbind Suid-Afrikaanse produsente en markte aan produsente en verbruikers regoor die wêreld. As gevolg hiervan het prysskommelinge in wêreldpryse onmiddellike invloede op plaaslike pryse. Suid-Afrika is ‘n klein rolspeler in wêreldmarkte vir landboukommoditeite, omdat ons uitvoere ‘n klein deeltjie uitmaak van wêreldhandel of selfs van die belangrike landboukommoditeite, soos mieliehandel, wat gedomineer word deur die VSA, wol deur Australië en wyn deur Frankryk. Toestande op die wêreldmark het ‘n groot invloed op plaaslike pryse.



Die plaaslike inkomste van verbruikers, werkskepping en besigheidstoestande beïnvloed die vraag na en die pryse van voedsel.



Krisis in die graanproduksiesektor 

Op hierdie stadium staar produsente in die graanproduksiesektor ‘n krisis in die gesig, omdat hulle nie meer graan teen huidige pryse kan produseer nie. Die insetkoste oorskry die waarde van die graan wat geproduseer word. 



Boerdery is ‘n besigheid, en soos met enige besigheid, sal die besigheid moet sluit indien wins nie gegenereer word nie. Die produsente in Suid-Afrika voed die nasie en wat sal die mense eet indien hulle besighede sluit? Die waarskynlike antwoord is dat ons die voedsel wat ons benodig sal moet invoer. Die waarheid is dat, behalwe vir die feit dat ons voedsel sal moet invoer, ons die buitelandse valuta moet hê om te betaal vir die invoere. In elke land is daar ‘n betalingsbalans en dit is basies die balans tussen die geld wat die land verdien vanuit uitvoere, en die geld wat die land spandeer op invoere. Indien ons nie die nodige goedere het om uit te voer om buitelandse valuta te genereer nie, sal die land nie die nodige valuta hê om kos in te voer nie en dit sal ‘n direkte impak hê op nasionale voedselsekuriteit. 



Huidiglik plaas die markplek Suid-Afrika binne die risiko van nasionale voedseltekorte – ons land het die kapasiteit om al die kos wat ons nodig het te produseer, sowel as ‘n oorskot om na buurlande uit te voer. As daar egter nie iets gedoen word aan pryse wat graanprodusente ontvang nie, sal dit nie veel langer die geval wees nie. Die probleem is dat winsgewendheid kommersiële en ontwikkelende produsente beïnvloed – almal moet ‘n wins maak. Ons moet realisties wees oor graanproduksie - hoekom is pryse so laag en wat gaan die regering doen om ons produsente– die bron van ons voedsel en vesel te beskerm? 

