Marketing (Maize)									Afrikaans
Bemark jou mielies en ander gewasse
Instructions:
Folio strap: Bemarking
Byline: Jenny Mathews, voorsitter van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Grabber: Suksesvolle bemarking beteken om die regte kommoditeit te hê, op die regte plek, teen die regte prys en op die regte tyd.
Niks is finaal geproduseer tensy dit die verbruiker bereik nie. Dit beteken dat die potensiaal van enige produk nie afgehandel is, tensy dit aan die behoefte van die verbruiker wat dit moet gebruik, voldoen nie.
Melk, is byvoorbeeld nie finaal geproduseer tensy dit in die hande van die verbruiker is nie. Aartappels is nie ten volle geproduseer tensy dit in die hande van die huisvrou is wat dit moet kook vir haar familie nie. Dieselfde met mielies, dit is nie ten volle geproduseer tensy dit in die hande van ‘n verbuiker is wat dit wil verwerk en gebruik nie. Tot op daardie punt sal die mielieprodusent nie enige opbrengs op sy belegging hê nie en dit is hoekom die bemarkingsfase van die produksieproses krities is en oorweeg moet word selfs voordat ‘n gewas aangeplant word.
Produksie en bemarking is nie twee verskillende prosesse soos sommige dink nie. Dit is eerder een aaneenlopende proses om rou materiaal te bring by die punt waar dit bruikbaar is vir ‘n verbruiker. Dit is akkuraat om te sê dat niks geproduseer behoort te word wat nie in aanvraag is nie.
Wees mark georiënteerd!
Die produk wat geproduseer word, moet in aanvraag wees en voorsien word teen ‘n prys wat die verbruiker bereid is om te betaal. Die vermoë om hierdie ekonomiese beginsel in perspektief te hou beteken dat die produsent sy besigheid bedryf teen gesonde ekonomiese beginsels wat langtermyn oorlewing sal verseker. Byna al die besluite wat ‘n produsent maak is uiteindelik bemarkingsbesluite.
Daar is ‘n aantal besluite wat ‘n produsent moet maak wanneer hy ‘n produk produseer.
Wat gaan ek produseer?
Hoeveel gaan ek produseer?
Aan wie gaan ek my produk verkoop?
Wanneer gaan ek produseer en wanneer gaan ek verkoop?
Watter uitgawes kan ek bekostig en watter prys sal ek aanvaar?
Watter kwaliteit gaan ek produseer?
Produsente moet ook besluit waar en hoe hulle hulle produk gaan verkoop.
Gaan ek aan my plaaslike koöperasie verkoop?
Gaan ek met ‘n kontrak verkoop?
Gaan ek my produk stoor en op ‘n later datum verkoop wanneer die aanvraag hoër is of die mark nie ‘n ooraanbod het nie?
Moet ek my eie mielies maal of vir my diere voer?
Hoe dringend moet ek verkoop en hoeveel risiko kan ek bekostig om te neem?
Die antwoord op hierdie vrae moet almal aansluit by die basiese ekonomiese konsepte wat vroeër bespreek is oor effektiewe vraag en verbruik! Produsente word aangemoedig om meer bewus te wees van bemarking wanneer hulle hulle seisoenproduksie beplan. 
Wees ingelig!
Alhoewel ‘n toenemende aantal produsente hierdie ekonomiese beginsels erken, is daar steeds te veel wat bemarking sien as ‘n aktiwiteit wat ná die groei seisoen plaasvind en dink dat hulle eerder op die regte werk moet konsentreer en dit is die produksie van die gewas! 
Ja, produksie teen die beste vlakke moontlik is nodig, maar met toenemende globale kompetisie en die geleenthede vir die potensiële koop en verkoop op SAFEX op die Johannesburg aandele beurs (JSE), is dit meer as ooit tevore belangrik dat ‘n produsent goed ingelig is oor bemarkingsgeleenthede en prys strategieë wat beskikbaar is.
Die SAFEX platform wat bekend is as ‘n kommoditeits afgeleide mark, word erken as ‘n effektiewe instrument vir produsente om markgeleenthede en prysrisiko binne die Suid-Afrikaanse landbou-markte te bestuur. Produsente kan hulle graan op SAFEX verskans om die gewensde prys vir hulle produk op ‘n gewensde datum in die toekoms te verseker. Hierdie oefening kan hulle kwesbaarheid verlaag en hulle so beskerm teen moontlik swak pryse teen oestyd wanneer die mark ‘n ooraanbod het en oorvoorsien is.
Wees wys!
Graanproduksie in Suid-Afrika is onder druk. Insetkoste is hoog, risiko’s is hoog, aanbod is hoër as vraag, wat oorvoorsiening en pryse onder druk plaas en die produsent nie vergoed vir sy insetkoste en risiko’s nie. Die waarheid is dat produsente nie in staat is om ‘n graangewas in die huidige klimaat winsgewend te produseer nie!
Elke produsent moet sy eie situasie evalueer en betyds kritiese bemakingsbesluite maak. Sommige kon gekies het om minder graan te plant totdat die mark meer gunstig is. Sommige mag kies om te fokus op verskillende produksiepraktyke wat produktiwiteit verhoog, maar insetkoste verlaag. Ander produsente het minimum bewerking of geen bewerking wat insetkoste verlaag, ondersoek. 
Gevolgtrekking
Die graanprodusent is ongelukkig deel van ‘n globale masjien wat prys bepaal en een produsent kan nie ‘n prysverandering beïnvloed nie. Dit is hoekom produsente dikwels gesien word as prysnemers, eerder as prysmakers en dit is waarom die bemarkingstrategie wat die produsent kies ‘n sorgvuldige, ingeligte keuse, wat lank voor plantseisoen geneem word, moet wees.
