March (Maize)										Afrikaans
‘n Besige tyd wag vir jou lewende hawe komponent
Instructions:
Folio strap: Waardetoevoeging
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Maart is ‘n stil tyd in terme van mielieproduksie, maar ‘n besige tyd vir die suksesvolle produsent. Vir die mielieprodusent is die besige somerseisoen verby en dit is tyd om ‘n ruskansie te neem. 
Suksesvolle mielieprodusente het ‘n lewendehawe komponent wat bydra tot die optimale gebruik van al die natuurlike hulpbronne en die risiko wat geassosieer word met gewasboerdery, verminder. 
Daar is ‘n aantal belangrike aspekte wat geassosieer word met winsgewende beesboerdery, wat die mees algemene vorm van lewendehawe boerdery is wat deur graanprodusente beoefen word. Al hierdie aspekte hou noue verband met die kondisie en goeie toestand van die koei.
Ouderdom met eerste kalf 
Om kalwers groot te maak vir toekomstige teelkoeie is duur, omdat sy nie inkomste genereer totdat sy haar eerste kalf produseer nie. Produsente stem nie almal ooreen oor die optimale ouderdom vir eerste kalf nie, maar dit sal veilig wees om te sê dat dit kan wees tussen twee en drie jaar. Indien die kalf nie genoeg gevoer is nie, sal sy te lig wees om dragtig te raak en dit sal die datum vir eerste kalf uitstel. Die doelwit is om gedurende die leeftyd van die koei, elke 365 dae ‘n kalf te hê (elke jaar gedurende dieselfde maand). Hoe ouer sy is voordat sy haar eerste kalf het, hoe minder kalwers sal sy gedurende haar produktiewe leeftyd produseer. 
Kalf interval
‘n Koei kan gesien word as ‘n fabriek vir die produksie van kalwers. Die dragtigheidstydperk vir ‘n koei is nege maande en gewoonlik word sy dan vir twee maande van die bul weggehou sodat haar liggaam kan rus sodat sy melk kan produseer vir die jong kalf (wat heeltemal afhanklik is van melk vir die eerste paar weke van sy lewe). Dit is ideaal dat die koei weer dragtig moet wees binne drie maande na kalf sodat sy ‘n kalf kan produseer gedurende dieselfde maand elke jaar. Dit is die ideale maksimum produksie per koei per jaar sonder om ‘n negatiewe impak op die gesondheid van die koei te hê. Indien die koei nie goed gevoer word nie, sal sy nie in ‘n posisie wees om dragtig te word en ‘n kalf elke jaar te dra nie. 
Kalf persentasie
Hoe hoër die kalfpersentasie, hoe meer kalwers sal daar wees om te verkoop aan die einde van die seisoen. Tegnies is dit vir elke koei moontlik om ‘n kalf elke jaar te produseer. Daar is natuurlik ‘n aantal faktore wat die kalfpersentasie beïnvloed, maar die kondisie van die koei is een van die belangrikste faktore (ander faktore is kuddegesondheid, die verhouding van bulle teenoor koeie, vrugbaarheid van die bulle, ensovoorts). Koeie wat nie elke jaar ‘n kalf produseer nie, moet nie in die kudde behou word nie – hulle is passasiers en is nie winsgewend of dra hulle deel by tot die skepping van inkomste op die plaas nie. 
Speenpersentasie 
‘n Lewende gesonde pasgebore kalf is ‘n goeie begin, maar om inkomste te genereer moet die kalf grootgemaak word tot speenouderdom, waarna dit verkoop kan word. Die kalf moet met geboorte groot en sterk genoeg wees om op te staan en gou aan die ma te kan drink om te kan groei. Die voedingstatus van die ma is baie belangrik. Indien die koei in ‘n goeie kondisie is, sal sy in ’n beter posisie wees om ‘n gesonde kalf te dra en groot te maak. Kalwers wat vrek voor speen is ‘n verlies vir die produsent. Alles moontlik moet gedoen word om te verseker dat 100% van die kalwers wat gebore is, gespeen word. 
Speengewig 
Die meeste speenkalwers word per kilogram verkoop en hoe swaarder die kalf, hoe hoër die prys wat behaal sal word. Die grootte van die kalwers hou verband met die voedingstatus van die koei en die kalf gedurende die jaar en ook die ras van die koei. Hoe groter die speengewig, hoe beter die inkomste vir die boerdery.
Soos bespreek, het baie suksesvolle graanprodusente ook ‘n groot lewendehawe komponent in hulle boerdery – die beeste (of ander lewendehawe) vreet die natuurlike veld, weidings (wat geplant op is lae potensiaal grond), en ook die res van die mieliereste. Om ‘n suksesvolle lewendehawe produsent te wees, moet genoeg goeie kwaliteit voer dwarsdeur die jaar voorsien word. Gedurende die somermaande is baie produsente afhanklik van die veld en weiding vir hulle diere, maar goeie produsente maak voorsiening vir hulle diere vir die koue, droë wintermaande. 
Gedurende die laat somer, plant baie produsente groenvoer (gewoonlik hawer) tussen die mielierye. Nadat die mielies gestroop is, wei die skape en beeste op die lande waar hulle gebruik maak van die mieliereste, mieliekoppe wat afgeval het, sowel as die groenvoer. Sommige produsente plant seradella tussen die mielies. Dit is ‘n hoogs smaaklike en voedsame peulgewas wat nie alleen goeie kwaliteit weiding bied nie, maar ook stikstof in die grond terugsit wat deur die volgende gewas gebruik kan word. Maart is te laat vir aanplanting van hawer en seradella, maar daar is nog tyd om rog te plant. Onthou egter om nie al die rog op een slag te plant nie, omdat dit te gou sal ontwikkel en jy sal dan op ‘n sekere stadium te veel voer hê, wat gevolg word deur ‘n periode waar daar nie genoeg voer is nie. Rog is nie smaaklik wanneer dit in die saad is nie, omdat die harige baard die bek, neus en oë van die dier prikkel. 
Indien jy eragrostis weiding aangeplant het, is Maart ‘n goeie tyd om jou finale snysel te sny. Die kwaliteit van die gras (hooi) sal nie goed wees op hierdie tydstip nie, behalwe as jy goed bemes het nie, maar jy sal ten minste hooi hê om deur die wintermaande te gebruik. Onthou dat jy altyd ‘n goeie lek kan byvoeg sodat die diere die swak kwaliteit hooi beter kan benut, maar as jy nie hooi het nie, sal jy nie die diere deur die winter kan kry in ‘n goeie kondisie nie. Deur die gras te sny en baal, kan jy die lande in die lente bemes en ‘n goeie snysel gras vroeg in die volgende seisoen kry. Indien dit enigsins moontlik is, moet bale beskerm word teen die weer deur hulle onderdak te stoor, of ten minste so te pak dat hulle minimum blootstelling van die reën kry. 
Gedurende die wintermaande wil jy verseker wees dat net jy jou diere voer. Jy wil nie dat parasiete op jou diere teer nie. Dit is ‘n goeie tyd om jou diere te behandel teen inwendige (wurms) en uitwendige (bosluise) parasiete. Indien jy raad benodig daarmee, kan jy jou plaaslike agribesigheid, koöperasie of veearts kontak (hulle sal die dipmiddels en doseermiddels beskikbaar hê). As jy gebruik maak van kommunale weiding, is dit in almal se belang indien al die lewendehawe eienaars hulle diere op dieselfde tyd behandel; dit verhoed dat die parasiete beweeg van onbehandelde diere na die behandelde diere. 
Na ‘n nat seisoen, is daar gewoonlik ‘n opbou van insekte waarvan baie draers van dieresiektes is. Maak seker dat jy goeie advies kry oor ‘n inentingsprogram vir beeste en skape. Dit is beter om geld te spandeer op inentings en siektes te verhoed, as om onnodig diere te verloor. Indien jy jou diere goed versorg en seker maak dat hulle altyd genoeg voer het, sal hulle na jou kyk en ‘n inkomste genereer wat jou graanboerdery sal stabiliseer. 
