Managing (Maize)										Afrikaans

Bestuur van peste op Bt-mielies

Instructions: 

Folio strap: Plaagbeheer

Byline: F.B. Peairs, Colorado Staatsuniversiteit, Uitbreiding entomologie en professor, Bio landbouwetenskappe en plaagbeheer.

 Vinnige feite...

Bacillus thuringiensis (Bt) is ‘n grond bakterie wat insekdodende gifstowwe produseer. 

Gene van BT kan by plante bygevoeg word om hulle bestand te maak teen sekere peste deur die vorming van insekdodende gifstowwe. 

Mielie-asters met een of meer Bt-gene (Bt-Mielies) is teen sekere belangrike peste bestand. 

Bt-mieliebasters is ‘n hoogs doeltreffende en ekonomiese alternatief vir konvensionele plaagbeheermaatreëls, indien die plaag wat geteiken word, sekere ekonomiese vlakke bereik.

Nuwe tegnologie laat ons toe om gewasvariëteite te verbeter deur die byvoeging van gene vanaf ander spesies. Dit is handig, omdat karaktereienskappe soos insekbestandheid wat dalk nie natuurlik in die spesie voorkom nie of wat moeilik oorgedra kan word deur klassieke teeltegnieke by plante, verander kan word. 

Een van die suksesvolle aanwendings van hierdie nuwe tegnologie is die ontwikkeling van mieliebasters wat bestand is teen sekere insekte, deur die toevoeging van ‘n geen vanaf ‘n natuurlike grondbakterium. Daar word na sulke basters verwys as geneties gemanipuleerde basters, alhoewel nie alle geneties gemanipuleerde basters insekbestande eienskappe bevat nie.

Alhoewel hierdie insekbestande mieliebasters baie effektief is in die beheer van insekte, het daar tog kommer ontstaan deur die gebruik daarvan. Die volgende is ‘n reeks vrae en antwoorde wat ‘n oorsig bied op hierdie mieliebasters en hulle gebruik in plaagbeheer. 

Wat is Bt? 
Bt is ‘n afkorting vir ‘n algemene bakterie wat in die grond oorleef, met die naam van Bacillus thuringiensis. Bt verwys ook na insekdoder produkte wat vervaardig word vanaf hierdie bakterie.

Watter rol speel Bt by insekte?
Sommige Bt teellyne dood insekte met gif wat genoem word insek kristalproteïen, of delta endotoksiene. Hulle is relatief skadeloos vir mense en meeste ander spesies wat nie peste is nie.

Wat is BT-mielies?
Die produksie van delta endotoksiene word beheer deur ‘n enkele geen in die bakterie. Gewysigde variasies van hierdie gene kan by mielieplante bygevoeg word. Mielieplante wat die gene bevat, kan delta endotoksiene produseer en daarom toksies wees vir insekte wat gevoelig is vir hierdie proteïen.

Hoekom word Bt-gene in mielies gebruik?
Delta endotoksiene wat op plante gespuit word, breek gou af wanneer dit blootgestel word aan UV lig. Delta endotoksiene wat in die plant geproduseer word, is beskerm teen UV lig. Sekere mieliepeste word ook moeilik beheer en is duur wanneer hulle beheer word deur konvensionele plaagdoders, maar is gevoelig vir delta endotoksiene wat in plantmateriaal geproduseer word. Boonop is die tegnologie om Bt-gene by mielies by te voeg, beskikbaar.

Is die hele Bt-mielieplant toksies?
Dit hang af. Twee faktore, die proses en tegniek, oefen beheer uit oor waar die delta endotoksiene in die plant geproduseer word en in watter hoeveelhede. Verskillende saadmaatskappye gebruik verskillende prosesse en tegnieke, dus sal hulle basters verskil in plantweefsel wat delta endotoksiene produseer.

Die byvoegingsproses is die fisiese aksie om die Bt-gene in die mielieplant se genetiese weefsel te plaas. Hier is waar die fisiese area van die Bt-gene bepaal word (watter chromosome, watter deel van die chromosome, ensovoorts). Die plasing van gene bepaal waar die delta endotoksiene geproduseer sal word en hoeveel daarvan geproduseer word. Tans het ons nie die tegnologie om die plasing van die Bt-gene te beheer nie, dus verskil plante in die hoeveelheid delta endotoksiene wat geproduseer word en waar hulle voorkom.

Die tegniek is die genetiese byvoeging wat bepaal waar en wanneer die Bt-gene delta endotoksiene moet produseer. Verskeie tegnieke is beskikbaar en die keuse van tegnieke bepaal die verskille tussen basters.

Hoeveel verskillende soorte Bt-mielies bestaan?
Daar is baie verskillende soorte Bt-mielies beskikbaar en sommige kan bestand wees teen beide mielieboorder en wortelvrot. 

Sal alle Bt-mieliebasters dieselfde vlak van beheer bied?
Die vlak van beheer by peste en die spektrum van beheer deur ‘n baster word bepaal deur die proses wat gebruik is. Dit is beter om insekbeheer te vergelyk deur die proses eerder as die baster. Selekteer basters wat goed sal werk in jou area en vra vir insekbeheer-data wat spesifiek gerig is op die prosesse van die basters.

Sal Bt-mielies goed werk in my area?
Bt-eienskappe behoort nie basterprestasie te beïnvloed nie. Indien die konvensionele baster goed gewerk het, sal die Bt-variasie ook goed werk.

Is Bt die enigste eienskap wat geneties by mielies toegevoeg word?
Ander basters met genetiese eienskappe, soos bestandheid teen plaagdoder, is ook beskikbaar. Baie ander eienskappe word ontwikkel en sal in die toekoms beskikbaar wees.

Is mielies die enigste gewas wat geneties met Bt behandel is?
Nee, sekere ander gewasse is ook aangepas om delta endotoksiene te produseer. Mielies en katoen maak egter die grootste deel van die kommersiële gebruik uit.

Is daar enige ander voordele om Bt-mielies te gebruik in plaas van insekdoders om mielieboorders te beheer?
Bt-mielies sal mielieboorder beheer sonder om predatore of ander voordelige insekte te beïnvloed. Dit behoort die beheer van ander peste, soos spinnekopmyte, makliker te maak, hoewel daar geen inligting is om dit te staaf nie.

Is daar enige nadele by die gebruik van Bt-mielies teenoor konvensionele mielieboorder beheer?
Daar is addisionele koste verbonde aan Bt-mieliesaad, ongeag of daar ‘n ekonomiese boorderbesmetting is. Konvensionele chemiese beheer laat jou toe om te wag en te kyk of daar besmetting ontwikkel, voordat geld in beheer maatreëls belê word. 

Kan ek Bt-mielies plant en vergeet van insekte en myte?
Nee, Bt-mielies sal jou nie heeltemal laat vergeet van insekte nie. Bestuur sal nog steeds noodsaaklik wees. 

Is daar ander nadele met die gebruik van Bt-mielies vergeleke met konvensionele plaagbestuur praktyke? 
Dit kan moeilik wees om Bt-mielies internasionaal te bemark. Die internasionale bemarkingsituasie verander so vinnig, dat dit onmoontlik is om te weet hoe die reëls kan verander tussen die keuse van die baster en oestyd. Dit is die mees algemene probleem met die nuwe prosesse wat gebruik word.

Waar moet ek Bt-mielies in my boerdery gebruik?
Bt-mielies behoort slegs gebruik te word waar die risiko van besmetting deur peste hoog is. 

Wat word gedoen om te verhoed dat mielieboorders nie weerstand opbou teen Bt-mielies nie?
Navorsers van die Universiteit, die saad-industrie en die EPA werk saam om weerstandbestuur effektief en prakties te hou. Dit word op hoë dosisse en weerstand-strategieë gebaseer.

Wat is weerstand-strategieë?

Indien ‘n sekere area aangeplant is met gewone basters, sal enige mielieboorders vanaf hierdie dele gevoelig wees vir Bt. Hulle sal dan paar met enige oorlewendes van Bt-mielies en die hele populasie geneties gevoelig hou vir Bt.





