Management (Maize)									Afrikaans
Goeie bestuur gee jou ‘n voorsprong
Folio strap: Bestuur
Byline: Inligting saamgestel vanaf die Boerderybestuur vir Wins handleiding deur Marius Greyling
Redraw the diagram and make each factor a bright different colour
Versorg jy jou diere deeglik? Of toon die weiding op die plaas tekens van oorbeweiding? Het jy die bevrediging om ‘n suksesvolle oes te sien? Ondersoek jy jou lande na oestyd?
Wat maak een produsent meer suksesvol as ‘n ander? Dit kan eindeloos bespreek word. Maar uiteindelik is alle redes verwant aan die gehalte van bestuur en in die geval van 'n boerdery-onderneming -boerderybestuur.
Definisie van boerderybestuur
Daar is verskeie definisies vir boerderybestuur, maar ‘n kombinasie van al die definisies is min of meer soos volg "die doeltreffende gebruik of 'n kombinasie van alle hulpbronne, menslike en fisiese, om die doelwitte van die boerdery-onderneming te bereik." 
'n Bietjie teoreties, sal sommige sê, maar kom ons ontleed die definisie deur te begin by die doelstellings of oogmerke van 'n boerdery-besigheid. ‘n Mens kan waag om te sê dat die algehele of belangrikste doel sou wees om 'n wins en sodoende 'n volhoubare wins te maak. Ja, daar kan bykomende doelwitte wees, soos om die standaard van jou lewe te verbeter, om 'n produk te produseer wat verbruikers sal verkies ens. Maar alle bykomende doelwitte kan slegs bereik word indien daar uiteindelik 'n wins gemaak word. Alhoewel dit nie regtig 'n doelwit is nie, verkies baie produsente om aan te bly en 'n boerdery-besigheid te bestuur as gevolg van die goeie lewe wat dit bied. Wanneer daar geen winste gemaak word nie, is selfs die goeie lewe nie so goed nie. In finansiële terme sal die doelwit wees, 'n goeie opbrengs op jou belegging, maar ter wille van die eenvoud sal ons na 'n wins verwys. In die mees basiese vorm word wins bepaal deur inkomste minus uitgawes (P = I - E of I - E = P). 
Die menslike en fisiese hulpbronne, soos genoem in die definisie, ook verwys na as produksiefaktore, is bestuur, arbeid, grond en kapitaal. Arbeid verteenwoordig alle werknemers. Grond verteenwoordig die fisiese land (grond), plantegroei (weiding), water). Kapitaal is die term wat gebruik word vir fisiese geld en ander vaste bates soos geboue, heinings, krale, skure ens. en roerende bates soos voertuie, implemente, trekkers, beesboerdery en produksie-insette ensovoorts. 
Die vier bestuurstake
Bestuursaksie bestaan uit vier bestuurstake naamlik, beplanning, organisering, implementering en beheer waarvolgens;
Beplanning is wat om te doen, hoe om dit te doen, wanneer om dit te doen.
Organisering is wie wat sal doen, wanneer dit gedoen sal word, waar dit gedoen sal word (toewysing van hulpbronne).
Implementering is om prakties en fisies uit te voer wat beplan en georganiseer was.
Beheer is om te vergelyk wat gebeur het, goed of nie so goed nie, wat beplan en georganiseer was en om redes te soek vir afwykings ten einde in die toekoms te verbeter.
Terselfdertyd, terwyl elke bestuurstaak toegepas word, moet die produsent/bestuurder die leier wees, hy moet besluite neem, intern en ekstern kommunikeer, werk delegeer, afdelings koördineer, sy werkers motiveer en dissipline in stand hou, informeel sowel as formeel. 
Om in ‘n posisie te wees om volhoubare wins te maak en al die doelwitte te bereik moet 'n boerdery-onderneming 'n produk vervaardig en in staat wees om die produk te verkoop – dit moet dus voldoen aan die behoeftes van kliënte. In breë terme kan produkte voedsel, vesel, hout of wild wees. Die uitdrukking "behoeftes" sluit in aspekte soos gehalte en hoeveelheid van die produk, spesifieke tyd van aflewering en /of konstante lewering, die plek van lewering en verpakking. 
Ten opsigte van die basiese formule van inkomste – uitgawes = wins / verlies (I - E = P / L), is dit belangrik om te onthou dat wat ons doen of by tye nie doen wat gedoen moes gewees het nie, in terme van ons besigheid uiteindelik weerspieël in ons formule. Inkomste kan verhoog of verlaag word en dieselfde met uitgawes. Moet ons kyk na alle telefoonoproepe wat ons maak? Is alle oproepe regtig nodig? Oorweeg ons alle reise na die stad? Gee ons ons vee aanvullende voeding wanneer nodig? Laat ons ons trekkers en ander masjinerie gereeld diens en onderhou? 
In die lig van die bespreking kan die term plaasbestuur verduidelik word om jou werknemers, jou grond en alle onroerende en roerende bates waaronder produksie-insette, te beplan, organiseer, implementeer en te beheer, die neem van besluite, kommunikeer, delegeer, mede- koördineer, te motiveer en die handhawing van dissipline om produkte wat kliente benodig, teen 'n wins te produseer. 
Diagrammaties soos volg geïllustreer: 
Leiding
Besluitneming
Kommunikasie
Delegeer
BESTUUR =						 = PRODUCT
Koördinering							 
Motivering
Behou dissipline 
Die vrae by die begin van die artikel kan nou gewysig word deur te vra, beplan jy, organiseer jy, implementeer jy en beheer jy om jou vee behoorlik te versorg? Is die produksie van 'n gewas behoorlik beplan, georganiseer, geïmplementeer en beheer, insluitend byvoorbeeld ‘n aspek soos grondontleding? 
Die vier bestuurstake kan ook gesien word as die wiele van 'n voertuig of 'n trekker. Elke wiel moet behoorlik opgeblaas wees om die voertuig / trekker effektief vorentoe te laat beweeg. Indien net een wiel nie behoorlik opgeblaas is of heeltemal pap is, sal die voertuig steeds in staat wees om vorentoe te beweeg, maar met minder doeltreffendheid en vroeër of later skade veroorsaak in so 'n mate dat die voertuig tot stilstand kom. Dieselfde sal gebeur met 'n besigheid. Indien een van die bestuurstake nie behoorlik uitgevoer word nie, sal jou besigheid nog steeds 'n wins maak, maar vroeër of later, vyf of tien jaar of later, sal jou besigheid tot stilstand kom. En dit is ook ’n uitdaging vir die toekoms, as jou bestuur nie elke jaar verbeter nie, sal jou besigheid uiteindelik tot stilstand kom, omdat nie meer wins gemaak word nie. 'n Mens kan nie dinge dieselfde doen elke jaar nie, jy moet verbeter deur jou inkomste en/of beheer van jou uitgawes. 
Inkomste kan verhoog word deur byvoorbeeld hoër pryse en/of hoër produksie per eenheid (mielies – ton/hektaar) en/of verbeterde produksiebeplanning (presisieboerdery) en/of verhoogde produktiwiteit en/of 'n verandering van ondernemings en/of diversifiseer. 
Koste kan beperk word byvoorbeeld deur bedinging vir laer pryse van insette en/of verbeterde produksiebeplanning (presisieboerdery) en/of vermindering van koste soos deur die vermindering van personeel en/of beherende koste deur die implementering van begrotings en/of hoër produktiwiteit. 
Binne die boerdery besigheid moet die eienaar/bestuurder die volgende areas bestuur:
Produksiebestuur (fisiese produksie van produkte);
Aankopebestuur (aankoop van produksie insette en bates);
Bemarkingsbestuur (verkoop van produkte);
Finansiëlebestuur (bestuur van finansies, insluitend BTW, boedelbeplanning, risiko en onsekerheid);
Administratiewebestuur (kantoor en rekords);
Menslike hulpbronbestuur (personeel);
Openbareverhoudingsbestuur (verhoudings en kommunikasie);
Bate (beheer, instandhouding en verkoop van bates) en voorraadbeheer (beheer van produksie-insette), en	
Algemenebestuur (aspekte soos beroepsgesondheid en-veiligheid, brandbeheer en plaasveiligheid).
Alhoewel die areas apart genoem is, is dit verwant aan mekaar en terwyl jy besig is om een area te bestuur (beplan of organiseer of uitvoer of beheer), sal jy heel waarskynlik besig wees om een of meer van die ander areas ook te bestuur. Terwyl jy byvoorbeeld besig is met produksie bestuur, kan jy ook besig wees met finansiële bestuur, aankoopbestuur en menslike hulpbronbestuur. Dit maak boerderybestuur so 'n uitdaging.
Dit is egter ook waar dat mens nie kan bestuur sonder inligting nie, beide intern en ekstern. Inligting moet dus soveel as moontlik versamel word, en kan slegs gedoen word deur lees, luister, waarneming en rekordhouding. Almal moet vertroud wees met die uitdrukking, as jy nie kontroleer nie, kan jy nie bestuur nie. As jy nie weet dat die kalfpersentasie van jou vleisbeeste slegs 60% is nie, wat gaan jy doen om die kalfpersentasie te verbeter? Jy begin dus met rekordhouding, dan versamel jy inligting oor die redes vir die swak kalfpersentasie en dan hoe om die moontlike oorsake te verbeter of reg te stel. Dieselfde geld vir byvoorbeeld die opbrengs van jou oes, melkproduksie, die produksie van wol, groeipersentasie van jou braaikuikens of wat ook al.
Laastens moet ons as plaasbestuurders ook onthou dat dit is deel van ons verantwoordelikheid om die bewaring van die omgewing in ag te neem wanneer ons ons besighede bestuur deur die toepassing van goeie landbou praktyke.
