Maintenance (OPOT)										Afrikaans



Planter instandhouding



Instructions:

Folio strap:  

Byline: Inligting verkry vanaf die Landbou Kontrakteurskursus



Deeglike diens van die rygewasplanter kan die verskil beteken tussen ‘n winsgewende oes en groot verliese. Die keuse, plasing, toegooi en kompaktering van saad is die mees kritiese operasies in gewasproduksie. Indien die planter nie goed funksioneer a.g.v. die feit dat dit nie goed gediens is nie, sal die opbrengs laer wees.



Die rygewasplanter is ‘n presiese instrument en soos enige presisie instrument, vereis dit goeie sorg. Kom ons kyk wat dit inhou.



Diens aan die begin van die plantseisoen

Maak die planter deeglik skoon. 

Kontroleer of daar enige obstruksies in die plantereenheid is wat die meganisme kan verhoed om doeltreffend te funksioneer.

Gaan die vinger-optelmeganisme na vir verweerde of gebreekte parte; herstel of vervang beskadigde dele. 

Kontroleer die waaier op lugdrukplanters en gaan die seëls na, veral rondom die drom.

Gaan die bodemplaat van die plaattipe saadbak na. 

Vervang parte wat verweer is soos die skraper, saaduitdruk-meganisme, vere en saadbakbodems.

Kontroleer of alle boute vas is; gaan ook rubberpyp-konneksies en pakstukke na op die vloeibare kunsmiseenheid. 

Indien droë kunsmis, onkruiddoder- en insekdoder-eenhede geolie is tydens stoor, moet hulle nou skoon gevee word.



Stoor gedurende die plantseisoen

Gedurende die plantseisoen moet die planter oornag onderdak gestoor word of toegemaak word om versameling van vog in die bakke te verhoed.



Smering

Smeer die planter gereeld soos in die operateurs handleiding aangedui. 

Gebruik die korrekte tipe smeermiddel. 

Vee altyd onderdele skoon voor dit geolie word, om stof in die laers te verhoed.



Voor planter gestoor word aan die einde van die plantseisoen

Verwyder kunsmis- onkruiddoder- en insekdoderhouers en maak hulle skoon, sowel as die saadbakke, om roes en erosie te verhoed. 

Kontroleer of daar enige verweerde of gebreekte parte is en vervang voor die volgende plantseisoen.

Smeer of verf alle meganismes wat vore vooraf sny of oopmaak, asook skottel- of lepelgrondbedekkings meganismes, en ook enige ander gepoleerde areas met olie of ghries om roes te voorkom.

Smeer alle laers. 

Stel die merkers in vervoerposisie en stoor die planter in ‘n gebou. Stoor die planter met die wiele weg van die grond.



WAARSKUWING: Moet nie die planter stoor met hidroliese druk in die hidroliese silinder nie. Om hidroliese druk te verlig, skakel die trekker enjin af, beweeg die hidroliese arms verskeie kere vorentoe en agtertoe. Daarna kan die hidroliese lyne ontkoppel word en die hidroliese silinder verwyder word indien verkies. 



VEILIGHEIDSWENKE

Die planter en trekker operateurshandleiding sluit spesifieke veiligheidsmaatreëls in. Ons gaan ‘n paar algemene idees gee. Die volgende is algemene voorstelle om die rygewasplanter te hanteer om moontlike besering of lewensverlies te verhoed:

Laat sak die planter altyd op die grond wanneer dit nie in gebruik is nie. Wanneer moontlik, moet enige diens en verstellings gedoen word met die planter op die grond.

Maak seker dat die planter op ‘n domkrag of blok staan wanneer jy onder die planter werk, om te verhoed dat hy val.

Laat slegs een persoon, die operateur, op die trekker toe terwyl die trekker en planter in werking is.

Die skoonmaak, smering of verstelling van ‘n bewegende masjien kan beserings veroorsaak. Loop of staan op die bewegende planter kan veroorsaak dat jy val.

Hanteer landbouchemikalieë met volledige beskermingstoerusting. Verkeerde keuses of hantering kan mense, plante, diere, grond of ander eiendom beskadig. Volg instruksies van die chemiese vervaardiger.











