Maintenance (Maize)									Afrikaans



Instandhouding van die onkruidspuit



Instructions:

Folio strap: Instandhouding

Byline: Verkry vanuit die Graan SA Tegniese Vaardigheidsontwikkelingskursus deur Jane McPherson

Photos: 	



Deeglike instandhoudings- en stoortegnieke sal nie alleen die volgende jaar se voorbereidings vir die nuwe seisoen vergemaklik nie, maar sal ook die onkruidspuit se werking beïnvloed en sy produktiewe jare verleng.



Langtermyn blootstelling aan baie plaagdoders wat deur die spuit beweeg, kan planterdele, verf en elektriese konneksies laat roes en verweer. Die neerslag vanaf hierdie produkte kan skadelik wees vir enigeen wat op of naby die spuit werk. Klein hoeveelhede plaagdoders wat in planterdele agterbly, kan ook oeste beskadig as dit na die volgende spuitseisoen oorgedra word. 



Jou persoonlike veiligheid en die van jou familie, werknemers en jou gewasse maak dit belangrik om die spuit deeglik skoon te maak en te dekontamineer gedurende die seisoen, tussen oeste en voordat jy dit stoor vir die winter. Onthou dat die meeste van die chemikalieë wat in die landbou gebruik word, gevaarlik is vir plante en/of diere en die beste moontlike sorg moet gedra word dat hierdie gevaar duidelik verstaan word en die situasie so goed as moontlik bestuur word. 



Skoonmaak van die spuittoerusting

ŉ Volledige instandhoudings- en stoorproses bestaan uit vyf stappe:.



Stap 1: Lees 

Voordat jy begin om die spuit skoon te maak, moet jy seker maak dat jy die aanwysings van die plaagdoder wat jy gebruik het, lees. Die aanwysings sal: 

Beskryf hoedat jy behoorlik van die afvalproduk ontslae kan raak;

Jou voorsien van spesiale skoonmaak instruksies wat nodig mag wees;

Aanbeveel watter dekontaminasie produkte gebruik kan word; en 

‘n Uitleg gee van die Persoonlike Beskermingstoerusting wat jy benodig om jou spuit veilig skoon te kan maak.



Stap 2: Spoel 

Die doel van spoel is om enige konsentrasie of groot hoeveelhede van die produk wat nog in of op die spuit teenwoordig mag wees, te verwyder. Die skoonmaak van spuittoerusting behels die sirkulasie van water deur die hele sisteem en dit dan aan te wend op ‘n area wat op die aanwysings van die plaagdoder wat jy gebruik het, aangedui word (met ander woorde, om die water/verdunde chemikalie mengsel op ‘n veilige plek uit te spuit). 



Om te verseker dat jy die tenk, sowel as die pype en spuitpunte skoonmaak, moet jy die tenk halfvol skoon water maak en dan met die trekker ‘n entjie gaan ry op ‘n plaaspad – die skud op die pad sal die water laat spat teen die hele binnekant van die tenk. Verskeie spoelaksies met ‘n klein volume water (10% van die kapasiteit van die tenk) is beter as om dit net eenmaal te vul met skoon water. Dit word aanbeveel dat die spoelproses ten minste drie maal herhaal word. 



Kies ’n terrein waar die mengsel nie water voorraad, stroompies, gewasse en ander plante sal kontamineer nie en waar groot poele nie sal opdam, wat giftig sal wees vir mense, diere en die omgewing nie. Jy kan dit uitspuit langs die kant van die land of op ‘n plaaspad. 



Maak altyd seker dat jy die spuittenk dreineer in ooreenstemming met die plaagdoder se aanwysings. Moet nie net die kleppe oopmaak en op die grond dreineer nie. Gebruik groter volume spuitpunte vir ‘n vinniger metode om van die mengsel ontslae te raak. Die buitekant van die spuit behoort ook gewas te word. Verseker dat daar nie tydens die spoelproses staande poele gevorm word wat toeganklik vir kinders, troeteldiere, vee of wild kan wees nie. 



Stap 3: Dreinering 

Om ontslae te raak van plaagdoder mengsels in ooreenstemming met die aanwysings, moet die mengsel uitgespuit word op die plek waar die oorspronklik aangewend is (langs die kant van die land waar die chemikalieë aangewend is, is dikwels ‘n aangewese plek). Herhaal die proses na dekontaminasie en spoel die spuit weer uit. Maak seker dat jy ook skoon watertenks spoel om skade uit te skakel van water wat kan vries binne-in die tenks. 



Stap 4: Inspeksie 

Na die finale spoel kan jy jou spuit nagaan om die nodige modifikasies en herstelwerk te doen. Selfs indien die spuit skoongemaak is, moet jy altyd persoonlike beskermingstoerusting dra. Daar mag neerslag op en in die spuit agterbly. 



Punte om na op te let gedurende en na skoonmaak: 

Spuitpunte wat verweer is en nie meer behoorlik pas nie; 

Beskadigde spuitpunt siffies; 

Beskadigde filters; 

Krake, lekkasies en algehele werking van die pomp; 

Die toestand van rubberpype, veral geperforeerde dele of krake; 

Toestand van die kleppe, identifikasie van moontlike lekkasies of areas waar seëls losgegaan het, en 

Spuit se raamwerk, identifikasie van enige krake wat reggemaak moet word. 



Stap 5: Stoor 

Nou dat die spuit deeglik skoongemaak is, kan jy parte wat gedurende die stoorproses beskadig kan word, verwyder. 

Verwyder filters en was hulle met die hand met seepwater (onthou om handskoene te dra wat bestand is teen chemikalieë), spoel hulle en bêre hulle of sit terug in die spuit. 

Gee spesiale aandag aan spuitpunte, spuitpunt houers en gaan kleppe na. ‘n Neerslag van chemikalieë kan opbou in hierdie dele en verhard gedurende die winter wat die werking van die spuit tydens die volgende seisoen dramaties kan beïnvloed. 

Verwyder spuitpunte, filters, kleppe, proppe en spuitpunthouers. Koppel die spuitpunthouers korrek aan die spuitbalk. 

Maak die spuitpunte en spuitpunt houers skoon en gaan kleppe na. Stoor in ‘n houer wat gemerk is. Stoor kleppe teen kamertemperatuur gedurende die winter om skade wat deur vriespunt temperature aangerig kan word, te vermy. 

Verwyder alle drukmeters en plaas proppe oor al die openinge van die spuit. Stoor die meters op ‘n plek waar hulle nie blootgestel is aan vriespunt temperature of skade nie. 

Laastens moet anti-vriesmiddel deur die spuit en ander kanale soos die spuitbalk, kleppe , openinge, vloeimeters, roerder en terugvloeilyne gesirkuleer word. Laat die anti-vriesmiddel deur die rubberpype ook sirkuleer. Dit sal die wande smeer en verhoed dat hulle uitdroog en kraak. Deur alle openinge van die spuitbalk toe te maak, sal help om anti-vriesmiddel in die sisteem te behou, maar jy moet dalk een of twee spuitpunte oopmaak om die anti-vriesmiddel toe te laat om deur die spuitbalk te sirkuleer. Plaas proppe oor hierdie openinge sodra die anti-vriesmiddel heeltemal deur die sisteem beweeg het. 

Die doel van die stoor fase is om water wat in die sisteem agtergebly het, te verwyder deur die anti-vriesmiddel en al die komponente van die spuit te smeer. Laat anti-vriesmiddel in die kleppe en pomp agter om roes en skade te voorkom wat aangerig kan word deur vogtige lug wat in die sisteem vasgevang word. Omdat sekere toestelle se pompe verwyder is voordat die spuit gestoor word, kan die installasie van sluitkleppe aan beide kante van die pomp handig wees. 

Anti-vries vir rekreasie voertuie (RV's) word algemeen gebruik in die stoorproses van landbou spuite. Dit is, anders as die van motorvoertuie, nie so skadelik vir diere nie. Baie van die anti-vries produkte vir RV’s sal ‘n gel vorm gedurende baie koue toestande, maar nie vries nie. Lees egter altyd die anti-vries etiket om vas te stel hoedat dit sal reageer onder koue winter toestande. 

Noudat die spuit skoongemaak is , gedekontamineer is en reg is vir die winter, is dit gereed om gestoor te word. Dit is altyd voordelig om die spuit binnenshuis te stoor, weg van die skadelike natuurelemente. Enige binnenshuise area behoort egter weg te wees van vloeibare en droë kunsmis. Die stof en neerslag van hierdie produkte kan die verf en raamwerk van die spuit beskadig. 

Indien jy verkies om nie die anti-vries metode van stoor te volg nie, is die goed om die pomp te verwyder en in die stoor te bêre tot die volgende seisoen. Baie dikwels bly daar water in die pomp agter en vries dan gedurende die wintermaande, wat dit laat kraak en onbruikbaar laat.





