Maintenance



Wat het met die instandhouding gebeur?



Instructions:

Folio strap: Instandhouding

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram

Hierdie foto’s van die hen wat broei in die planterbakke en die eiers in die trekker se gereedskapkis het ons aandag gelei na die vraag oor meganiese instandhouding. Hierdie agteruitgang gebeur nie binne ‘n dag nie – dit is die resultaat van maande en jare se verwaarlosing. 



Meganisasie is ‘n integrale deel van kommersiële landbou. Daarsonder is ons beperk tot die aantal werk wat deur ‘n enkele persoon per dag gedoen kan word. Instandhouding van masjinerie het ‘n leefwyse geword – ‘n klein bietjie aandag elke dag en daar behoort nie probleme te wees nie. 



Breke vind plaas wanneer ‘n trekker of implement werk – dit is ook die tyd wanneer dit die meeste benodig word. Indien jy egter tyd spandeer aan voorkomende instandhouding, kan jy jouself baie tyd en geld spaar. Wanneer ‘n produsent tydens die besige seisoen staan, kan dit hom maak of breek. 



Hierdie is die Desember Pula-Imvula en een van die maande waartydens baie produsente baie hard op hulle lande werk – besig om die laaste mielies te plant, die lande te bewerk vir onkruidbeheer, te spuit vir stronkboorder en koring te stroop. 



Daar is ‘n paar punte om te onthou wat sinvol vir jou kan wees: 



Daaglikse instandhouding aan ‘n trekker is meer belangrik as wat die meeste operateurs glo. As jy byvoorbeeld nalaat om die trekker daagliks na te gaan en te diens, kan die volgende gebeur:

Die lugsuiweraar kan verstop raak deur onsuiwerhede, wat dan verhoogde brandstofverbruik tot gevolg het en dus ‘n verlies aan krag.

Die lugsuiweraar kan perforeer, wat onsuiwer na die enjin deurlaat en voortydige slytasie veroorsaak.

Die enjin olie vlak kan daal en dan tot gevolg hê dat die enjin beskadig as gevolg van ‘n gebrek aan voldoende smering.

Die enjin olie kan vuil word en buitengewone slytasie aan enjinonderdele veroorsaak.

Die verkoelingsisteem kan sy verkoelingsmiddel verloor, wat die enjin laat oorverhit en dan ernstige skade aan laers, suiers en kleppe aanrig.

Stof en roes kan die brandstoffilter verstop waardeur die enjin swak sal trek en selfs kan vrek.

Los of verkeerdelik ingestelde onderdele kan staak, afval of beskadig en die trekker onveilig maak om te bestuur.



Voorkom hierdie duur slytasie en skade deur elke dag ‘n paar minute te neem, voordat die trekker aangeskakel word, om die volgende instandhouding te doen:

Gaan die lugfilter na en diens dit.

Gaan die enjin olievlak na.

Kontroleer die verkoelingsvloeistof.

Ghries alle ghriespunte.

Kontroleer die brandstoffilter.

Hierdie mag klink asof dit baie werk is, maar as jy hierdie klein roetine elke dag uitvoer, sal jou trekker aanhou werk en jou in staat stel om die oes aan die einde van die seisoen te stroop. 



Aan die einde van die seisoen word baie implemente gestoor tot die volgende seisoen. Voordat jy die implement stoor, moet die volgende punte in aanmerking geneem word: 

Verwyder alle onsuiwerheid, grond en vuil ghries van die masjien.

Verf plekke waar verf gekrap of af is.

Bedek dele wat met grond in aanraking kom met verf of ghries om roes te voorkom.

Smeer die hele enjin volgens die operateurs handleiding.

Stoor die implemente onderdak (indien moontlik) om verwering te voorkom.

Lig die implement op blokke om die gewig op die bande te verlig. Beskerm die bande teen die son indien dit buite gestoor word (‘n eenvoudige sak sal voldoende wees).

Indien die implement oor ‘n hidroliese sisteem beskik, installeer ‘n veiligheidsmeganisme en verlig die druk op die hidroliese silinders of laat sak die masjien tot op die grond. Trek die suierstang volledig terug om roes te voorkom.



Teen hierdie tyd het die planters byna hulle belangrike taak voltooi om die saad en kunsmis in die grond te plaas – dit is nou tyd om hulle ook te versorg: 

Maak die kunsmis, onkruiddoder- en insekdoderbakke, asook die saadbakke skoon om roes en erosie te voorkom. 

Kontroleer geslyte of gebreekte onderdele en vervang hulle voor die volgende seisoen. 

Bedek alle toestelle wat grond wegskraap, asook alle ander skoon oppervlaktes met olie of ghries om roes te voorkom.

Smeer alle laers. 

Sluit merkerarms in ‘n padvervoerposisie en stoor die planter in ‘n gebou. 

Stoor die planter op blokke met die wiele weg van die vloer.







