Machinery (Maize)						 		Afrikaans
Versorg jou masjinerie wanneer spitstyd verby is
Instructions:
Folio strap: Instandhouding
Byline: Inligting bekom vanuit die Trekker en Plaasimplement Instandhoudingskursus
Gedurende die besige somerseisoen, is daar altyd ‘n gejaag om die werk gedaan te kry binne die beskikbare tyd. Gedurende die afgelope somerseisoen veral, het laat reëns voorgekom en die beskikbare tyd was meer kosbaar as ooit tevore. 
Gedurende hierdie stresvolle tyd, is die instandhouding en skoonmaak van trekkers en implemente gewoonlik op die onderpunt van die prioriteitslys. Noudat die spitstyd verby is, is dit tyd om te kyk na jou implemente. 
Instandhouding van implemente
Doen die volgende op al die implemente:
Verwyder grond, gemors en ghries van die implemente en verf plekke wat gekrap of verweer is. Dit verhoed dat roes verniel en verleng die leeftyd van die implement.
Smeer die hele masjien of implement soos deur die operateurshandleiding aanbeveel.
Indien daar opvoubare seksies is, moet dit om veiligheidsredes laat sak word tot op die grond. 
Beskerm alle dele wat met die grond in aanraking kom, asook die skottels, teen roes met swaar ghries of roeswerende verf.
Maak ‘n lys van nodige parte. Koop en installeer voor die volgende seisoen.
Stoor die implemente binnenshuis indien moontlik, en verwyder gewig van die bande.
Plaas ‘n houtvel onder die implement om kontak met die grond te verhoed en teen roes te beskerm.
Verwyder hidroliese silinders en verwyder alle spanning op die hidroliese sisteem om silinders teen roes te beskerm.
Instandhouding van die planter 
Deeglike diens op die planter kan die verskil beteken tussen ‘n winsgewende oes of groot verliese. Die seleksie, plasing, bedekking en behoorlike grondkontak van die saad is die mees kritiese operasies by gewasproduksie. Indien die planter nie goed werk as gevolg van swak diens nie, sal die resultate swakker wees as wat beplan is. Die volgende moet gedoen word:
Verwyder alle kunsmis, onkruiddoder en insekdoder bakke, sowel as die saadbakke, om roes en verwering te verhoed. 
Kontroleer vir verweerde of gebreekte parte en vervang voor die volgende plantseisoen.
Bedek die meganisme wat los grond vooraan die plantereenheid verwyder en ook toestelle wat los grond agter die plantereenheid met los grond bedek (lepel of klein skottels) en enige ander “gepoleerde” dele met olie of ghries om roes te voorkom.
Smeer alle laers. 
Stel die merkers in vervoerposisie en stoor die planter in ‘n gebou. Plaas die planter op blokke met die wiele weg van die grond of vloer.
