Livestock (Maize)								Afrikaans
Verhoog jou winsgewendheid met lewendehawe
Instructions:
Folio strap: Waardetoevoeging
Byline: Artikel geskryf deur Jane McPherson en Willie Kotzé 
Photo:	Cow pictures
Caption 1: Hierdie diagram toon die spyverteringskanaal van 'n koei aan
Caption 2: Die rumen en sy inhoud.
Caption 3: 'n Naderby foto van die rumen wand.
Caption 4: Die retikulum wand.
Caption 5: 'n Aansig van 'n gevoude weefsel van die omasum wand. 
Soos ons almal weet, is boerdery 'n besigheid en om te oorleef moet 'n besigheid 'n wins maak. Oor die afgelope aantal jare het dit toenemend moeiliker geraak om 'n wins te maak uit mielieproduksie. 
Die koste van insette neem toe en die prys van graan hou net nie by nie. Vandag probeer produsente verskeie maniere om die winsgewendheid van mielieboerdery te verhoog. Daar is verskeie maniere om dit te bereik en een is om lewendehawe deel te maak van jou boerdery. 
Die meeste produsente beskik oor lewendehawe, beeste, skape en/of bokke. Hulle het toegang tot weiding wat gewoonlik voldoende is vir die somerseisoen, maar talle kere is daar nie genoeg voorsiening gemaak om die diere te voer tydens die wintermaande nie. Indien jy wil, of jouself beskou as 'n lewendehawe produsent, moet jy aan jouself dink as 'n voerprodusent; jy kan slegs lewendehawe aanhou indien jy oor die nodige voer beskik. 
Om die impak van lewendehawe tot die maksimum te benut, is dit nodig om te verstaan hoe die spysvertering van 'n herkouer werk. Daar is twee tipes spysverteringstelsels: by huishoudelike diere die enkel maag, soos byvoorbeeld varke, perde (en mense ook) en dan is daar die herkouers, soos koeie, skape, bokke (en ander grasvreters). 'n Herkouer het vier mae wat elk oor 'n eienaardige funksie beskik. 
In die normale dag van 'n koei, sal agt ure spandeer word om te wei (om die ruvoer in te neem), agt ure sal bestee word aan slaap en die ander agt ure sal bestee word aan herkou. Nadat die koei die gras gevreet het, drink sy water en gaan lê sy om die spysverteringsproses te begin. Die grootte van die stukke gras wat tydens weiding ingeneem is, is groot. Die koei bring dan gedeeltes op en kou dit vir 'n tweede keer om die stukke gras kleiner te maak en om dit deeglik met speeksel te meng (nodig vir vertering). Hierdie meganiese afbreking maak dit makliker vir die mikro-organismes om daarop te voed (word later bespreek in hierdie artikel). 
Die spyverteringskanaal van 'n herkouer
Kom ons kyk na die spysverteringskanaal van 'n herkouer om sodoende die bespreking te begin.
Die bek 
Die bek vorm deel van die algehele proses, aangesien kos ingeneem moet word. Die bek bevat die tandheelkundige blok (palet), tande (wat na geboorte ontwikkel), die tong en speekselkliere. Dit is moontlik om die ouderdom van 'n herkouer te bepaal deur na die tande te kyk, aangesien sekere tande op 'n sekere ouderdom ontwikkel.
Die esofagus
Die esofagus is die kanaal wat die bek met die eerste maag verbind (wat die rumen genoem word). 
Die rumen
Die rumen of die eerste maag, funksioneer soos 'n groot fermentasie vat. Daar is nie suurstof (lug) in die rumen nie en word dus anaërobies genoem. Die rumen bevat die kos en ruvoer (grasagtige materiaal) wat deur die koeie gevreet word en het 'n kapasiteit van 100 – 120 liter. 'n Volwasse koei moet daagliks, in die omgewing van tien kilogram droë materiaal en 50 liter water inneem. Die rumen-inhoud word in konstante beweging gehou. 
Die rumen en sy inhoud
In die rumen is daar mikrobes (klein organismes) wat die ruvoer afbreek in ’n vorm wat deur die koei verteer kan word. Sonder die rumen bakterieë en protozoa (organismes,) sou die koei nie die kos kon verteer nie. Die rumen bakterieë verteer ruvoere om vlugtige vetsure, proteïene en vitamiene te vervaardig. 
Die rumen mikro-organismes werk aan baie spesifieke tipes ruvoer; daar is verskillende organismes vir verskillende voere. Dit is waarom die dieet van 'n koei so konstant moontlik gehou moet word en verandering aan die dieet geleidelik ingebring moet word. Wanneer die dieet verander, moet verskillende organismes gekweek word om die nuwe kos te hanteer, dit neem ongeveer drie dae. 
Die retikulum 
Die tweede maag staan bekend as die retikulum. Dit vorm 'n deurgang tussen die rumen (eerste maag) en omasum (derde maag waar absorpsie van water plaasvind). Die retikulum vang ook enige onverteerbare items op wat deur die koei ingesluk is, byvoorbeeld 'n stukkie draad of klip, ens.
Die omasum
Die omasum is die derde maag en is saamgestel uit baie gevoude weefsel. Die belangrikste funksie is die absorpsie van water.
Die abomasum
Die abomasum is die vierde en laaste maag waar die kos wat gekou en herkou is, verwerk word deur die verteringsensieme om die kos te omskep in 'n formaat wat deur die dunderm opgeneem kan word.
Die dunderm
Die dunderm is waar die opname plaasvind. Die kos word uiteindelik deur die bloedstroom van die koei opgeneem en word vervoer na die verskillende organe van die koei vir verdere verwerking.
Gevolgtrekking
Uit hierdie eenvoudige bespreking hierbo, kan jy begin om te besef hoe belangrik dit is om jou vee behoorlik te voer. Die rede vir die aanhou van lewendehawe is om hul produkte (soos melk, wol of bokhaar) te verkoop, die nageslag te verkoop (kalwers, lammers en boklammers), of die vleis te verbruik. Indien die diere goeie voeding kry en versorg word, sal hulle vir jou kan produseer en op so 'n wyse bydra tot die winsgewendheid van jou boerderyonderneming.
