

Leaves



Hoekom is die mielieblare nie groen nie?



Instructions:

Folio strap: Tekortkominge

Byline: Inligting kom vanuit die SA Graan handleiding: Gevorderde mielieproduksie en bemarking



Gedurende hierdie tyd van die jaar is mielieplante in die meeste areas goed ontwikkel en is dit moontlik om die voedingstoftekorte te sien. 



Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir jou om deur die lande te loop en te sien watter probleme daar is wat nou aangespreek kan word (bv. ‘n tekort aan stikstof wat reggestel kan word deur LAN toe te dien), en ander wat in die volgende seisoen aangespreek en reggestel kan word. 



Stikstof

‘n Genoegsame hoeveelheid stikstof kan geassosieer word met ‘n sterk plantegroei en ‘n donkergroen kleur van die plant. ‘n Stikstoftekort word gekenmerk deur verminderde plantegroei en ‘n vaal groen of geel kleur. Die verkleuring na ‘n geel kleur begin gewoonlik by die punt van die blaar en beweeg dan in die middel van die blaar af. Indien daar ‘n ernstige tekort is, sal die area wat geaffekteer is later bruin word en doodgaan. Aangesien stikstof beweeglik is in die plant, sal ouer blare die eerste tekens van ‘n tekort toon.



Sink

Mielies kan verskeie simptome toon, bv. nuwe groeigedeeltes wat wit verkleur. Dit kan ook wye geel stroke op een of albei kante van die blaarrif vertoon. Simptome van sinktekorte verskyn as tussenaarse verlies van die groen kleur en algemene verkleuring van die boonste blare na ‘n geel kleur. Die kante, middelrif en blaarpunte bly groen. Oor die algemeen is plante onderontwikkel.



Swawel

Swawel is ‘n noodsaaklike bestanddeel by verskeie aminosure en proteïen. Aangesien hierdie boustene in die plant is, word swawel gevind in die plantstruktuur. Die algemene simptome van ‘n tekort is die vaal kleur van die jonger gedeeltes van die plant. Daar is egter meeste van die tyd ‘n vaal kleur oor die hele plant en die verskil in kleur van die jong en ou dele kan nie maklik van mekaar onderskei word nie. Dit kan dan lei tot ‘n verkeerde diagnose van ‘n N-tekort in plaas van ‘n S-tekort (simptome van stikstoftekort verskyn eerste op die ouer blare). In sekere gevalle kan die are in die blaar ligter wees as die gedeeltes rondom die are. 



Swaweltekorte ontstaan na lang periodes van kunsmisgebruik wat nie voldoende swawel bevat nie, asook ander oplossings en ander produkte wat baie fosfaatkonsentrasies bevat.



Kaliumtekorte

Kaliumtekorte kan gekenmerk word deur verminderde plantegroei en ‘n geel en/of blaarrant wat gebrand is. Aangesien kalium beweeglik is in die plant, kom die simptome eerste by ouer blare voor. ‘n Ander aanduiding van kaliumtekort is verminderde strooi of stamsterkte wat lei tot omval, lae siekteweerstand en lae wintergehardheid van meerjarige gewasse en wintergewasse. 



Kaliumontleding, wat verkry kan word deur verskeie ekstraksiemetodes, is vergelykbaar. Kaliumontleding van die bogrond van sanderige grond is nie ‘n betroubare aanduiding van tekorte nie, as gevolg van kalium wat na die ondergrond deursyfer.



Fosfaat

Die tipiese simptome van P-tekorte vertoon deur meeste plante sluit in: 

Belemmerde groei 

Vaalgroen of blougroen kleur

Moontlike pers kleur op sekere gedeeltes van die plant 

Verminderde bloeisels en/of saadproduksie

Vertraagde rypwording

