Land (1 972)										Afrikaans



Hoe kan ek toegang tot grond verkry?



Instructions: 

Folio strap: Grondsake

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Algemeen gesproke vereis alle tipes van boerdery toegang tot grond – dit kan ‘n klein stukkie grond wees wat gebruik word vir ‘n tonnel met groentegewasse of uitgestrekte grond wat gebruik word vir weidingsdoeleindes in droë areas. 



Indien grond vir boerdery doeleindes gebruik word, moet daar wettige toegang tot daardie grond wees – dit kontroleer die verhouding tussen die grondeienaar en die gebruiker van die grond (in sommige gevalle sal die grondeienaar en die gebruiker van die grond dieselfde persoon wees). 



Grond toegang

Daar is verskillende opsies van boerdery beskikbaar en almal het positiewe en negatiewe aspekte. Die belangrike ding om te onthou is dat alle kontrakte verwant aan grond geskrewe moet wees indien dit in ‘n hofsaak gebruik wil word – mondelingse ooreenkomste op grond is nie bindend nie. 



Met die totstandkoming van enige verhouding is die partye baie dikwels in ooreenstemming oor wat gedoen moet word en albei verwag die beste van die ander party. Met verloop van tyd kan die verhouding egter versuur en die saak in die hof eindig. Groot bedrae geld is betrokke by die meeste sake wat op grond betrekking het en dit is dus noodsaaklik om geskrewe kontrakte aan te gaan voordat enige werk gedoen word, om albei partye te beskerm teen verskille wat mag ontstaan. 



Die volgende vorms van grond toegang sluit in (onder andere):

Grondeienaarskap;

Verhuring;

Toestemming om gemeenskap of stamgrond te beset; en 

Deel-oes. 



Grondeienaarskap

Elke stukkie grond in Suid-Afrika, en in die wêreld, het ‘n titel akte. Indien jy die regmatige eienaar van ‘n stuk grond is, sal jy in besit wees van die titel akte tot daardie grond. Die akte bevat ‘n beskrywing van daardie spesifieke grond. ‘n Akte is ’n wettige instrument wat gebruik word om reg toe te ken. Die akte is bekend as die metode om grondeienaarskap van een persoon na ‘n ander oor te dra. In die oordrag van grond sal ‘n akte eienaarskap van die vorige eienaar na die nuwe eienaar oordra. Die oordrag van eienaarskap word geregistreer by titel akte kantore in groot sentra van Suid-Afrika. Die titel akte is die bewys van eienaarskap van die grond.



Wanneer ‘n persoon geld wil leen sal uitleen instansies in die meeste gevalle sekuriteit vir die lening benodig. Die uitleen instansies belê die geld wat hulle kliënte in die bank belê het en die bank moet seker maak dat die geld wat hulle uitleen veilig is. Die eienaar van die grond (die titel akte houer) kan die eiendom gebruik as sekuriteit vir ‘n lening. ‘n Verband word teen die titel akte geregistreer. Die verband is vir ‘n sekere gespesifiseerde bedrag geld. 



Vir die doeleindes van ‘n voorbeeld, kan ons aanneem dat die titel akte houer ‘n R100 000 van die bank wil leen. Die bank sal ‘n verband van ‘n R100 000 teen die spesifieke titel akte registreer. Indien die persoon nie die geld soos ooreengekom terugbetaal nie, sal die verbandhouer (in hierdie geval, die bank) die titel akte houer dwing om die eiendom te verkoop sodat die verbandhouer sy/haar geld kan terugkry. Indien die eiendom verkoop word vir bv. R200 000 sal die bank die bedrag aan die bank verskuldig, kan terugneem. Indien die titel akte houer slegs R50 000 geleen het, sal die bank slegs R50 000 kan vat alhoewel die verband vir ‘n R100 000 geregistreer is.

Verhuring

Indien ‘n persoon gebruik wil maak van grond of eiendom wat aan ‘n ander persoon behoort, gaan die twee partye ‘n huurooreenkoms aan. Dit is belangrik dat die persoon wat die grond wil gebruik, seker maak wie die grond besit wat hy/sy wil gebruik. Die huurooreenkoms is ‘n geskrewe ooreenkoms tussen die twee partye en dit dui besonderhede van die eiendom aan, asook die tydperk vir die ooreenkoms, die bedrag huurgeld betaalbaar en ook die tussenpose van betaling.



Die huur is bv. tussen mnr X (die verhuurder – of persoon wat die grond besit) en mnr Y (die huurder – persoon wat die grond wil huur), vir die plaas Dawn in die Tweespruit distrik, bestaande uit 400 ha, vir ‘n periode van drie jaar, vir ‘n bedrag van R150/ha per jaar, betaalbaar ses maandeliks vooruit. Daar kan ook ander klousules in die huurooreenkoms wees, bv. redes vir opskorting van huur, toestemming om bome te verwyder of enige ander voorwaardes wat van toepassing is op ‘n spesifieke stuk grond. 



Die persoon wat die grond huur kan nie die grond as sekuriteit vir ‘n lening aanbied nie – dit kan slegs gedoen word deur die titel akte houer of eienaar van die grond. Dit is ook interessant om te weet: huur kom voor verkoop. Dit beteken dat indien daar ‘n huurkontrak vir ‘n tydperk van drie jaar op ‘n plaas is en die eienaar van die grond besluit om te verkoop voordat die huurkontrak verstryk, moet die eienaar met die huurder onderhandel – of om rëelings te tref dat die nuwe eienaar die huurkontrak oorneem of die eienaar kan instem om die huurder ‘n sekere bedrag (waarop ooreengekom) te betaal om die huurkontrak op te sê. 



In landbou konteks is huurkontrakte gewoonlik tussen twee produsente – die een wat die grond besit en die een wat die grond wil gebruik; of tussen die munisipaliteit en die produsent (dit is gewoonlik grond wat deur die munisipaliteit besit word); of met die regering – daar is baie grond wat deur die staat besit word, maar deur privaat mense gebruik word deur middel van ‘n huurkontrak. 



Toestemming om gemeenskapsgrond te beset (PTO)

13% van grond in Suid-Afrika is in beheer van die stamsisteem – 17 miljoen ha. Die grond word besit deur die staat – gewoonlik deur die Departement van Grondsake, Landbou of Publieke Werke en word deur stamhoofde bestuur. 



Alhoewel sommige mense sê dat daar geen werklike geskrewe rekords oor die toegang ooreenkoms tot gemeenskapsgrond is nie, is die hele toedeling sisteem bekend onder daardie gemeenskappe (en moet miskien gedokumenteer word, dalk ook in die akte kantoor soos in die geval van titel aktes). Baie akademiese artikels is al geskryf oor die gebruik van stamgrond en baie mense lewer kommentaar op die tweevoudigheid van die sisteme in lande wat eens onder koloniale regering was – ‘n gedetailleerde sisteem met volledige rekords vir “wit eienaarskap” en geen geskrewe sisteem vir die grond onder gemeenskapsbestuur nie. Indien die doel van die toegang tot grond landbouproduksie is en uiteindelik die vermindering van armoede tot gevolg het, is dit miskien tyd dat die gemeenskapsisteem meer ernstig benader moet word en metodes ontwikkel moet word om te pas binne die riglyne van die uitleen instansies ten opsigte van die bestaande realiteit van hierdie tipe van toegang tot grond. ‘n Voorstel is dat verdere navorsing gedoen moet word oor die registrasie van die regte van gemeenskapsgrond – dit is lyn met die tema van hierdie voorlopige navorsing studie wat ten doel het om moontlike maniere te vind om grond wat tans onder gemeenskapstoegang bestaan meer landbou produktief te maak. 



‘n Nuwe wet is in 2003 deur die Parlement van Suid-Afrika goedgekeur – die Gemeenskap Grondreg Wet. Die wese van hierdie wet is dat alle grond wat huidiglik aan die staat behoort en gebruik word onder stamregering, oorgedra moet word aan die gemeenskap wat die grond gebruik – die gemeenskap moet dan ‘n wettige entiteit vorm (gemeenskapseiendom assosiasie word aanbeveel) en dan titel van die grond verkry. Die implikasies van hierdie wet het egter verrykende gevolge op die magsbasis van tradisionele leiers. Tans word die toedeling van gemeenskapsgrond deur stamhoofde gedoen – indien die wet geïmplementeer word, sal die gemeenskap titel van die grond verkry en sal stamhoofde geen mag hê om grond, wat tans hulle magsbasis is, toe te deel nie.



Die kwessie van boerdery op gemeenskapsgrond het om verskeie redes verrykende gevolge in terme van die kommersialisering van produsente. Sake wat oorweeg moet word is die volgende:

Wanneer ‘n produsent nie grond besit nie, kan hy/sy nie die grond as sekuriteit vir lenings gebruik nie (daar is egter ‘n positiewe kant ook – indien jy nie die grond belas nie, kan dit ook nie van jou teruggeneem word as jy nie die lening kan betaal nie). Hierdie sisteem kan vooruitgang vertraag, maar indien die produsent toegewyd is, kan hy/sy vordering maak deur klein treë vorentoe te neem en laer risiko te hê. 

Die aantal bewerkbare grond wat aan elke familie toegedeel word deur die PTO sisteem, is gewoonlik nie groot nie – dit verskil ook vanaf die Ooste (waar produsente toegang het tot 1 ha - 2 ha grond) na die Weste (waar produsente toegang het tot ongeveer 15 ha). 

Beweibare grond word gemeenskaplik gebruik, wat veroorsaak dat dit baie moeilik is om weidingsbestuur toe te pas, omdat alle gebruikers moet instem tot dieselfde bestuursisteem (bv. watter areas om te bewei en watter om te laat rus vir ‘n sekere tyd en wanneer om die bulle by die koeie te plaas en wanneer om hulle weg te vat). 

Mense wat nie die grond gebruik wat aan hulle toegedeel is nie, is ‘n probleem. In sommige streke kan ander mense onderhandel om hierdie grond te gebruik (deur die “eienaar” sommige van die produkte te gee of “huur” te betaal vir die grond). In ander dele sal die “eienaar” egter die grond verloor indien hy dit uitgee aan ander persone om te gebruik. Dit veroorsaak dat baie bewerkbare grond in onbruik is, omdat die “eienaars” nie die risiko wil loop om toegang tot die grond te verloor nie. 



Deel-oes

Deel-oes is ‘n sisteem waar een persoon wettige toegang tot grond het, maar nie hulpbronne het om die grond te gebruik nie. In die deel-oes ooreenkoms sal een persoon gewoonlik die grond voorsien, terwyl die ander persoon die insette, sowel as die masjinerie voorsien en die werk doen. Die presiese besonderhede van die ooreenkoms sal verskil van persoon tot persoon – in sommige gevalle kan dit ‘n deel van die wins wees (alhoewel dit moeilik kan wees om te bereken) of ‘n deel van die opbrengs. ‘n Voorbeeld hiervan kan wees ‘n deel-oes ooreenkoms waar die grondeienaar 10% van die opbrengs kry – een sak vir elke tien sakke geproduseer (of 1 ton vir elke 10 ton). Hierdie tipe ooreenkoms veroorsaak dat beide partye goed doen in ‘n goeie seisoen en swak doen in ‘n swak seisoen. Met ‘n huurooreenkoms, kry die verhuurder dieselfde bedrag geld vanaf die huurder, ongeag die seisoen – wat beteken dat die huurder finansiële probleme kan hê in ‘n slegte seisoen wanneer daar klein of geen inkomste is. 



Ten slotte is daar ‘n aantal ooreenkomste beskikbaar wat aangegaan kan word om toegang tot grond te verkry. Indien jy wil boer en jy nie jou eie grond besit nie, stem in tot ‘n ooreenkoms wat vir jou aanvaarbaar is en kom aan die gang – die persoon wat nooit begin nie sal nooit ‘n produsent wees nie.





