Kobus



Nuwe hoofbestuurder vir Graan SA aangewys



Instruksies: 

Graan SA

Pula-Imvula redaksionele span

Foto: Dr Kobus Laubscher



Dr Kobus Laubscher is met ingang 1 Januarie 2008 aangestel as die nuwe hoofbestuurder van Graan SA. 



Dr Laubscher, tans verbonde aan die Vrystaatse Universiteit, is ‘n landbou-ekonoom met uitgebreide betrokkenheid in en ervaring van die landbou op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak, onder andere as strategiese raadgewer vir landboubesighede, navorser en dosent. Benewens verskeie navorsingsopdragte wat verband hou met grondhervorming en strategiese bemarking, was hy lid van ‘n taakspan met die premier van die Noord-Kaap wat ondersoek moes instel na die vestiging van opkomende besproeiingsprodusente. 



Binne ‘n Suider-Afrikaanse konteks, is hy ook aktief betrokke by landbousake in Namibië en Botswana. Dr Laubscher is ook lid van die Internasionale Voedsel en

Landboubesigheidsbestuursvereniging (IAMA). Hy het ook uitgebreide ervaring in uitvoerende en nie-uitvoerende hoedanighede in die sakesektor. Hy is onlangs deur die minister van arbeid aangestel as nie-uitvoerende voorsitter van die Nasionale Produktiwiteitsinstituut (NPI) van Suid-Afrika en dien as genomineerde van georganiseerde besigheid in dié kapasiteit. Hy was ook tot onlangs lid van die raad van die Universiteit van die Vrystaat as verkose verteenwoordiger van donateurs.



Dr Laubscher is getroud met Annemarie en spog met twee dogters en een seun.



