Key performance areas

Wat is sleutel prestasie areas?

Instructions:

Folio strap: Bestuur

Byline: Jane McPherson, program bestuurder van die Graan SA ontwikkelings program.

As ‘n boer is daar baie dinge wat jy doen – alles vir ‘n rede.

Jy evalueer en klassifiseer jou grond, hoekom?

Om die beste gebruik van jou grond te maak.

Jy neem grondmonsters en stuur dit weg vir ontleding, hoekom?

Om die korrekte kunsmis toe te dien vir die optimale opbrengs.

Jy rip en ploeg die grond, hoekom?

Sodat die reën die grond kan binnedring.

Jy bewerk die grond gedurende die fallow period, hoekom?

Om die grond vry van onkruide te hou en grondvog te bewaar.

Jy ondersoek moontlik markte vir die gewas wat jy gaan aanplant, hoekom?

Om te verseker dat jy ‘n mark het, wanneer die gewas aangeplant is.

Jy sluit ‘n kontrak teen ‘n spesifieke prys, hoekom?

Om te verseker dat die produksie van die gewas winsgewend is.

Jy berei ‘n saadbed voor, hoekom?

Om te verseker dat die saad op die korrekte diepte geplant kan word en in goeie aanraking met vogtige grond kom om ontkieming te verseker.

Jy plant spesifieke aantal plante per hektaar van die mees geskikte variteit, hoekom?

Om die beste oes af te haal.

Jy plant ‘n gewas met ‘n spesifieke kunsmis teen ‘n spesifieke kilogram/ha, hoekom?

Om optimale opbrengs te verseker. 

Jy spuit die land met vooropkoms-onkruiddoders, hoekom?

Om te verhoed dat onkruide ontkiem en met die oes kompeteer vir vog, kunsmis, lig en lug.

Jy spuit die land met insekdoder na plant, hoekom?

Om te verhoed dat insekte die oes beskadig.

Jy bewerk tussen die ry gewas, hoekom?

Om enige onkruide wat in kompetisie met jou gewas kan wees, te vernietig.

Jy dien top bemesting toe, hoekom?

Om jou gewas die nodige kunsmis te gee vir maksimum opbrengs.

Jy kontroleer peste en spuit indien nodig, hoekom?

Om ons gewas die beste moontlike kans te gee, om goeie opbrengs te lewer.

Jy stroop op die korrekte tyd, hoekom?

Om die beste moontlike graad te kry.

Al die dinge hierbo genoem, is binne jou beheer – jy maak die besluite en neem dan aksie. 

Die volgende vraag is hoe jy sal weet of jy al hierdie dinge korrek gedoen het? Die enigste manier om te weet of jy reg is is om vir jou self ‘n standaard te stel en jouself dan te meet teen daardie standaard. As jy kyk na sommige van die vrae hierbo sal jou weet dat die antwoord slegs ‘n ja of ‘n nee is – bv die vraag op grond klassifikasie en grondmonsters – jy het dit gedoen of jy het nie. Sommige van die ander vrae het egter verdere vrae en kan gemeet word:

Rip of ploeg die land

Teen ‘n sekere afsny datum en ‘n sekere diepte.

Disk of bewerk die grond gedurende die rusperiode.

Het jy genoeg grondvog bewaar om die gewas aan te plant en deur te dra totdat normale reëns verwag kan word?

Teken ‘n kontrak teen ‘n spesifieke prys 

Teen watter verwagte opbrengs en teen watter prys?

Berei ‘n saadbed voor

Is die saadbed voorbereiding voldoende en het jy dit betyds gedoen sodat die oes teen die optimale planttyd aangeplant kan word?

Plant ‘n sekere aantal plante per hektaar

Hoeveel plante per hektaar het jy beplan om te plant en het jy dit bereik? 

Plant die oes met ‘n spesifieke kunsmis teen ‘n sekere hoeveelheid kg/ha

Hoeveel kg/ha het jy beplan en het jy dit bereik?

Spuit die land met ‘n reeks chemiese middels 

Watter chemiese middels het jy gebruik en het jy die korrekte aantal per ha toegedien?

Bewerk tussen die ry gewas

Het jy die onkruid beheer?

Dien top bemesting toe

Wat het beplan om toe te dien en het jy dit toegedien?

Oes die gewas op die korrekte tyd

Watter opbrengs per hektaar het jy behaal en wat was die gemiddelde prys waarteen jy jou oes verkoop het? 

Alle hierdie dinge kan:

Beplan word

Geïmplementeer word

Prestasie gemeet word



Daar is versekering beskikbaar vanaf ARS (en ander maatskappye) wat ontwerp is om jou te beskerm teen natuur verskynsels – dit is droogte, vloede, hael, ryp, wind en vuur. Geeneen hiervan kan jou egter teen jou eie swak bestuur verseker nie. Dit is daarom baie belangrik dat jy die beste bestuurspraktyke evalueer, beplan en implementeer.

