Key											Afrikaans



Produktiwiteit is die sleutel tot sukses



Instructions: 

Folio strap: Bestuur

Byline: Inligting verkry vanuit die Agribesigheid Bestuurshandleiding



Produktiwiteit is ‘n kritiese faktor in die sukses van ‘n boerdery – dit behels die volgende twee konsepte:

Effektiwiteit – om die regte ding te doen; en

Doeltreffendheid – om dinge reg te doen.



Produktiwiteit is nie gelykstaande aan uitkoms of produksie nie, maar reflekteer die verbetering in die vermoë om insette om te skakel in uitsette (resultate of produkte). Dit is die resultaat van die bydrae tot groei in uitkoms nadat alle ander faktore aangespreek is. Dit is die nie-fisiese produk van innovering, effektiwiteit, bestuur, navorsing, weersomstandighede en geluk.



Wanneer die gebruik van insetmiddele soos kunsmis, brandstof en masjinerie ‘n maksimum bereik het of selfs wanneer die netto bydrae van alle insette effens negatief begin vertoon, sal toenemende produktiwiteit die enkele bron van uitset groei wees.



Die groei in produktiwiteit is ‘n refleksie van tegnologiese verandering en die effektiewe verbetering in bestuur of ekonomieë, wat veroorsaak dat ‘n groter produksie vanaf ‘n gegewe vlak van uitsette kan realiseer. Om produktief te werk beteken om slimmer te werk en nie noodwendig harder te werk nie. Die groei in produksie is moeilik om te bepaal – om produksie groei te meet, vereis dat alle insette en uitsette in berekening gebring moet word, en moet gepoog word om verbeteringe en die vloei van dienste vanaf die insette te meet. 



Wanneer jy met fisiese en finansiële beplanning vir die volgende seisoen begin, is dit belangrik om die vorige jaar se fisiese produksie na te gaan vir verskillende aspekte van produksie op jou plaas.







