Journey (Maize) 									Afrikaans

Die pad na kommersiële produksie



Instructions: 

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Die missie van die Ontwikkelingsprogram vir Produsente is om bevoegde, volhoubare, swart kommersiële produsente te ontwikkel. Hierdie program is die finale deel van die pad na kommersiële produksie. 



Al die verskillende projekte wat deel uitmaak van ons program, dra by tot die verwesenliking van ons doel – die studiegroepvergaderings, demonstrasieproewe, boeredae, vennootskapvorming, Produsent van die Jaar-kompetisie, program vir gevorderde produsente, opleidingskursusse, radio- uitsendings en Pula Imvula. 



Kriteria vir die seleksie van gevorderde produsente

Toegang tot goeie bewerkbare grond wat geskik is vir graanproduksie, met die moontlikheid van addisionele grond om hom/haar in staat te stel om kommersiële status te bereik met ten minste 250 ton. (Toegang tot grond moet veilig wees, alhoewel ons nie omgee of dit eie grond, huurgrond of kommunale grond is nie). 

Waar moontlik, moet die produsent as ‘n individu optree en nie deel van ‘n groep uitmaak nie. Ons ondervinding is, waar mense deel uitmaak van ‘n groep, daar soveel konflik is dat min vordering gemaak word. Die mense is nie instaat om te konsentreer op produksie nie.

Voldoende trekkers en implemente. Dit is regtig nie moontlik om ‘n kommersiële produsent te word, indien jy nie toegang tot trekkers en implemente het nie. (In sommige gevalle kan ‘n produsent ‘n kontrakteur benodig vir bewerking of om te oes, ensovoorts, maar hy moet die meeste van die werk, indien nie alles nie, self kan doen).

Die produsent moes lid van ‘n studiegroep gewees het en ten minste drie/vier toepaslike Graan SA-kursusse bygewoon het. Produsente bekom inligting oor graanproduksie deur studiegroepe. Die opleidingskursusse dra almal by tot die bemagtiging van die produsent. Hy moet die kursusse bywoon en dan bygestaan word om die lesse wat hy op sy eie plaas geleer het, te implementeer. 

Die produsent moet gewillig wees om raad te volg, hy moet toegewyd wees en moet ‘n positiewe houding hê. Om ‘n graanprodusent te wees, vereis toegewydheid en ons het gevind dat die meeste deeltydse boere misluk. Die ontwikkeling van ‘n produsent na volle kommersiële status neem baie lank en is daarom ‘n groot belegging – dit is nie die moeite werd om geld te spandeer op iemand wat nie ernstig is oor boerdery nie. 

Die produsent moet kredietwaardig wees, sodat hy toegang kan verkry tot ‘n produksielening, behalwe as hy genoegsame kapitaal het om sonder ‘n lening te werk (die nuwe kredietwet maak dit byna onmoontlik vir produsente om toegang te verkry tot lenings en daarom kan hulle nie vordering maak nie). 

Daar is waarde daarin dat ‘n produsent ander besighede het wat ook ‘n inkomste genereer. Die produsent moet egter self betrokke wees en op die plaas wees. Ons werk nie saam met ‘n “afwesige eienaar” nie. 







