Jane(Maize)										Afrikaans
Mme Jane sê…
Folio strap: 
Byline: 
Wat het jy as produsent (of as huishouding)? Het jy enige toegang tot grond, markte, trekkers of implemente? In ons Ontwikkelingsprogram vir Produsente is die uitgangspunt “Wat het jy en hoe kan ons jou help om dit beter te gebruik?”
Indien jy toegang tot grond het, hoe gebruik jy dit tans? Kan dit beter gebruik word en wat verhinder jou om dit te doen? Ons glo dat elkeen bygestaan kan word om beter opbrengste te realiseer deur beter gebruik te maak van die hulpbronne tot hulle beskikking. 
As kommersiële produsent beteken dit dat jy meer kan produseer as wat jy en jou familie nodig het. Wanneer jy jou produk verkoop, maak jy ‘n bydrae tot voedselsekuriteit en verdien jy ondersteuning. Ons as Graan SA, is gewillig om in jou te belê. 
Hierdie somerseisoen het baie uitdagings gehad. Eerstens het lae graanpryse toegang tot produksielenings verhinder. Ten spyte van al ons pogings, het die Nasionale Departement van Landbou misluk met die bystand aan ons produsente. Vir die wat kon plant, het die seisoen droog begin en planttoestande was baie sleg. Daarna het die reën begin en nie gestop nie. Nou is die uitdaging onbeheerbare onkruid en gewasse wat versuip. 
Ten minste het die pryse van graan en oliesade verbeter en die wat kon plant, is beloon vir hulle moeite. Die prys van koring het ook verbeter en die volgende seisoen lyk baie goed vir koringaanplanting, (in geskikte dele). 
Ons werk hard daaraan om ‘n goeie verhouding te ontwikkel met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Ons hoop om hierdie vorderingsverslag deur te gee in die volgende Pula. Indien ons kan hande vat met die departement, kan ons meer produsente bystaan. 
Ons wens julle alle sukses toe vir die volgende maand – mag julle gewasse floreer en mag julle hoop hê vir die toekoms van landbou in Suid-Afrika. 
