Irrigation (Maize)									Afrikaans

Besproeiing – waaroor gaan dit?



Instructions: 

Folio strap: Besproeiing 

Byline: Inligting verkry vanuit die Mielieproduksie onder besproeiing handleiding

Die wêreld beleef ‘n waterkrisis omdat die bevolking aanhou groei, terwyl die beskikbare water beperk is. Die kaart hieronder dui waterbeskikbaarheid in verskillende dele van die wêreld aan. 

















Baie mense in die wêreld het nie vrye toegang tot voedsel en vars drinkwater nie. Baie dele is droog en gevolglik gebruik produsente besproeiing vir die volgende:

Produseer gewasse vanaf opgegaarde water in dele waar die reënval laag of onbetroubaar is.

Gebruik opgegaarde water oor lang afstande. 

Verminder die risiko vir mislukte gewasse en verhoog nasionale voedselsekuriteit.

Verhoog produksie per hektaar. 

Produseer gewasse gedurende nat en droë seisoene. 

Produseer meer as een gewas per jaar.

Gebruik kapitale beleggings effektief. 

Voorsien in ‘n ewig-groeiende mark. 

Produseer beter kwaliteitgewasse. 

Ontwikkel en stabiliseer landelike gebiede. 

Produseer gespesialiseerde gewasse in droë dele (hierdie dele het die voordeel van genoeg vog op die regte tyd).

Groot dele in Suid-Afrika is onderworpe aan warm en droë klimaatstoestande, hoë verdamping en ondervind relatief lae en wisselvallige reënval, wat veroorsaak dat gewasproduksie nie moontlik is sonder die toediening van aanvullende water nie. Gewasproduksie sonder die hulp van besproeiing word droëland gewasproduksie genoem.

Die hoofsaaklik warm en sonnige klimaat is egter voordelig vir plantgroei en dit is moontlik om ‘n wye verskeidenheid gewasse onder besproeiing te verbou in dele waar geskikte grond en genoegsame watervoorrade voorkom. Ongeveer 44% van die grond onder besproeiing is ontwikkel deur privaat ondernemings, 26% deur Staat-waterskemas, wat 4% deur kleinskaalprodusente-skemas en 30% deur besproeiingsraad-skemas insluit. 



