Wheat



Byvoeging van koring tot Pula-Imvula



Instructions:

Insert: Wintergrane

Insert: Spesiale artikel

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram 

Deur hierdie Pula-Imvula te lees, behoort jy bewus te wees van die Ontwikkelingsprogram vir produsente van Graan SA. In die verlede was hierdie program uitsluitlik befonds deur die Mielietrust en as gevolg daarvan, kon ons slegs artikels publiseer wat op die mielie-industrie van toepassing is. 



Jy sou egter onlangs opgemerk het dat ons artikels oor oliesade tot die tydskrif bygevoeg het – dit is a.g.v. befondsing van die Olie en Proteïnsaad Ontwikkelings Trust. Ons is nou verheug om u in te lig dat ons befondsing verseker het van die Wintergraan Trust en vanaf hierdie Desember uitgawe, sal ons kwartaalliks ‘n aanvullende bylaag hê tot die Pula-Imvula, wat sal bestaan uit artikels oor koringproduksie in somerreënvalgebiede. 



Vir nou sal ons hierdie bylaag slegs in Engels en Sesotho druk en sal dit tot die normale Pula-Imvula sirkulasielys bygevoeg word vir die Vrystaat. In die aansoek tot die Wintergraan Trust, het ons vir ‘n hele paar projekte gevra ter ondersteuning van ontwikkeling in die oostelike en sentrale Vrystaat. Ons beoog om twee demonstrasieproewe te plant – een by Modderpoort, naby Ladybrand, vir die produsente in die oostelike streek en ‘n proef by Glen, naby Bloemfontein, vir die sentrale streek. 



Die doel van hierdie proewe sal wees om die beste gebruike aan produsente te demonstreer – die korrekte bewerkingsmetodes vir optimale grondvogbehoud in die somermaande, kultivarkeuse, plantstand, bemesting en onkruid- en plaagbeheer. Daar sal twee boeredae gehou word by die demonstrasieproewe. Dit is goed om te hoor van praktyke, maar dit word beter verstaan indien dit prakties toegepas word. 



Alhoewel daar baie literatuur bestaan met betrekking tot die produksie van koring in somerreënval gebiede, gaan ons spesiaal ‘n handleiding saamstel vir die ontwikkelende produsente in die omgewing. Die fokuspunt van hierdie handleidings sal die behoud van grondvog wees – die belangrikste faktor in die produksie van koring in somerreënval gebiede. Die handleiding sal ook hoofstukke insluit oor grond, die koringplant, die voedingstofbenodigdhede van koring, planttegnieke wat kultivarkeuse, onkruidbeheer en plantdatums sal insluit, onkruidbeheer in die groeifase van die gewas, plaagbeheer, siektebeheer sowel as oes, gradering en bemarking. 



Na die afhandeling van die kursus, sal ons drie opleidingskursusse aanbied (vir sommige, opknappingskursusse)– een vir voorligtingsbeamptes en twee vir produsente. Hierdie kursusse sal oor ‘n tydperk van een week aangebied word. Teorie sal in die oggend behandel word en die middae sal dan aan praktiese demonstrasies gewy word. 



Om die produsente doeltreffend te ondersteun sal ons vier studiegroepe, wat sal fokus op koringproduksie, stig. Hierdie studiegroepe sal maandeliks vergader en relevante kwessies van die spesifieke maand, sal die besprekingspunte tydens hierdie vergadering uitmaak. 



Ons waardeer die geleentheid wat aan ons gegun word om hierdie koringprodusente in die Vrystaat te ondersteun en ons sien uit daarna om in noue samewerking met die produsente te werk, sowel as die agribesighede en die Klein Graan Sentrum in Bethlehem. 





