Inputs 											Afrikaans

Volgehoue toename in insetkoste – rede vir kommer



Instructions: 

Folio strap: Insette

Byline: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette, Graan SA



Grafiek 1: Internasionale kunsmispryse. 

	 Rand per ton

 Maande

	 Ammoniak

	 Di-ammonium fosfaat

 Natrium

 	 Ureum	



Grafiek 2: Internasionale Brent-ru olie pryse en die groothandelprys van diesel. 

	 Rand per vat/sent per liter

	 Internasionale Brent-ru olie prys (rand per vat)

	 Groothandelkoste van diesel (sent per liter)

	 Maande



Graan- en oliesade produsente is prysnemers, met ander woorde, die produsente kan nie eenvoudig verhoogde insetkoste byvoeg by die prys van hulle produk nie. Om hierdie rede word die winsgewendheid van die produksie van graan en oliesade bedreig deur die volgehoue toename in insetkoste. 



Dit is baie belangrik dat produsente en verbruikers ingelig moet bly oor insetkoste toename.



Kunsmis

Die plaaslike prys van kunsmis het tussen Mei 2007 en Mei 2008 dramaties toegeneem. Die hoof oorsaak van hierdie toename is die wêreldwye verhoogde aanvraag na kunsmis, terwyl produksievlakke van kunsmis dieselfde gebly het. Groei in aanvraag deur lande soos China en Indië is ‘n groot faktor. China het ook uitvoerbelasting op kunsmis geplaas, wat die situasie versleg het. 



Die internasionale prys van die produk het sedert April 2007 soos volg toegeneem (Tabel 1 en Grafiek 1):



Tabel 1: Internasionale toename in pryse van produkte.

Ammoniak
 
99,6%
 

 
Di-ammonium fosfaat
 
217%
 

 
Natrium
 
173,7%
 

 
Ureum	
 
79,9%
 

 
			 

Grafiek 1: Internasionale kunsmispryse. 





Plaaslike kunsmispryse het sedert Mei 2007 rekord hoë vlakke bereik. Die toename in pryse word in Tabel 2 aangedui. 



Tabel 2: Gemiddelde plaaslike pryse van kunsmis.
 

 
Kunsmis
 
Mei 2007
 
Mei 2008
 
%

Verandering
 

 

 
R/ton
 
R/ton
 

 

 
KAN (28)
 
2 851
 
3 489
 
22,4
 

 
Ureum
 
4 072
 
5 058
 
24,2
 

 
MAP
 
4 614
 
10 305
 
123,3
 

 
Natrium chloried
 
3 100
 
6 610
 
113,2
 

 


Kunsmis vorm ongeveer 25% van insetkoste vir graan en oliesade produsente en is daarom die rede vir Graan SA se kommer oor hierdie toenames. Hierdie toenames plaas groot druk op die winsgewendheid van graan en oliesade produksie. 



Landbou chemikalieë

Die internasionale prys van landbou chemikalieë het drasties toegeneem gedurende die afgelope twaalf maande. Die aanvraag vir sekere chemikalieë het baie vinniger toegeneem as die verhoogde produksie van hierdie chemikalieë. Invoerbelasting deur China, asook die hoë prys van ru-olie, het ‘n groot invloed op die pryse. 99% van alle bestanddele van landbou chemikalieë in Suid-Afrika word ingevoer en die swak randwaarde teenoor ander belangrike geldeenhede het ook ‘n invloed op die prys. 



Produkte wat gebaseer is op Glifosaat (soos Roundup), het toegeneem vanaf 150% tot 250% gedurende die afgelope twaalf maande. Die koste van hierdie chemikalieë het gemiddeld toegeneem met ongeveer 45%. 



Brandstof

Die gemiddelde prys van Brent ru-olie het sedert April 2007toegeneem met 63%. Daarmee saam het die waarde van die rand teenoor die dollar met 9,6% afgeneem.



Die plaaslike groothandelprys van diesel in Gauteng het toegeneem vanaf R6,21 per liter in Mei 2007 tot R10,10 per liter in Mei 2008 (Grafiek 2). Hierdie pryse neem maandeliks toe, tesame met die ander toenames genoem, en veroorsaak dat winsgewendheid onderworpe is aan risiko. 



Grafiek 2: Internasionale Brent ru-olie pryse en die groothandelprys van diesel. 





Masjinerie 

Die meeste landboutoerusting wat in Suid-Afrika gebruik word, word ingevoer – die invloed van die swakker rand speel ‘n belangrike rol in die aanhoudende toename in die prys van implemente en trekkers. 



Tabel 3: Persentasie verandering in die pryse van landboutoerusting gebaseer op ‘n jaar-tot-jaar basis.
 

 

 
Jaar-tot-jaar veranderinge
 

 
Toerusting
 
April 2007 tot April 2008
 
Mei 2007 tot Mei 2008
 

 

 
%
 
%
 

 
Trekkers
 
11,7
 
16,7
 

 
Stropers
 
7,5
 
9,4
 

 
Hooitoerusting
 
14,6
 
19,1
 

 
Implemente
 
5,3
 
7,8
 

 
Gemiddeld
 
10,8
 
14,8
 

 


Om op te som

Wie is verantwoordelik vir verhoogde voedselpryse? Is dit regtig die graan- en oliesade produsente?



Met die huidige koers waarteen insetkoste styg, gaan dit vir graan- en oliesade produsente baie moeilik wees om volhoubare gewasse te produseer, behalwe as pryse van graan en oliesade teen dieselfde koers verhoog. Met huidige insetkoste en geprojekteerde pryse vir graan en oliesade, sal produsente baie noukeurig moet begroot. Produsente moet ook verseker dat hulle die regte pryse vir insette betaal – vergelyk vir die beste pryse en moet nie die eerste prys aanvaar sonder om die mark te toets nie. Kontak Graan SA vir die nuutste pryse wat in onderhandelings gebruik kan word. 



Jy moet noukeurige berekeninge doen in jou besluit om ‘n gewas aan te plant – jy moet ‘n wins kan maak, anders sal jy nie oorleef nie. Onthou dat insetpryse moontlik, selfs voor die volgende plantseisoen, kan styg. 

