Improvements (Maize)									Afrikaans



Plaasverbeteringe is noodsaaklik



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente



Onontwikkelde grond is minder waardevol as ontwikkelde grond. Dit is daarom noodsaaklik dat die geboue, heinings en paaie goed instand gehou word.



Die geboue op die grond moet in ‘n goeie toestand gehou word sodat hulle gebruik kan word vir stoor, graanhantering of die skeer van skape. Dit is daarom voordelig om jou trekkers en toerusting onderdak te hou, omdat hulle buitenshuis baie verniel. 



“Goeie heinings behou goeie bure” – jy moet lewende hawe in die area waar hulle hoort, kan hou. Indien jy gewasse aanplant, is dit belangrik dat die gewas beskerm word teen diere. In ‘n goeie weidingsisteem word sekere kampe sekere tye van die jaar gebruik. Dit beskerm die gras en gee smaaklike grasse tyd om te herstel. 



Kontoere en waterafleibane is absoluut krities om gronderosie te bekamp – erosie veroorsaak permanente skade en dit is die verantwoordelikheid van elke inwoner om die grond te beskerm sodat toekomstige generasies ook die grond kan gebruik vir volhoubare landbou. 



Paaie is baie belangrik vir kommersiële boerdery. Produkte soos kunsmis moet die plaas kan bereik en jou produk moet die plaas kan verlaat en by die markte uitkom. Instandhouding van paaie is noodsaaklik vir kommersiële landbou. 



Geboue
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
Heinings
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
Kontoere
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
Waterafleibane
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
Paaie
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 




