Hybrid(Maize)										Afrikaans
Basters of oop bestuifde kultivar saad – oorweeg die opsies
Instructions:
Folio strap: Basters
Byline: Ian Househam, Provinsiale Koördineerder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Figure 1: Gemiddelde graanopbrengs behaal gedurende die 2008 en 2009 seisoene.
Photo: Kruisbestuifdemielies.
Produsente gee 'n verskeidenheid redes aan waarom hulle nie belê in bastersaad nie, soos hoë saadkoste, gebrek aan finansies tydens planttyd, nie-beskikbaarheid van bastersaad, die behoefte om kunsmis aan te koop, ‘n klein of geen verskil in opbrengs, gebrek aan aanpassing, swak berging en swak verwerkingskwaliteit van kommersieel beskikbare basters.
Hierdie argumente het vrae laat ontstaan​​ of basters 'n voordeel het bo oor bestuifde kultivars saad (OPV) vir produsente met swak hulpbronne waar bastersaad nie redelik beskikbaar is nie, insette nie baie gebruik word nie en misoeste algemeen is. Die vraag is watter tipe baster of OPV is die mees volhoubare vir die produsent om voedselsekuriteit te bewerkstellig en volgehoue inkomste te verseker.
Saad is 'n belangrike inset by alle gewasproduksie. Alle aktiwiteite is gemik daarop om die volle genetiese potensiaal van die saad wat geplant is, te ontgin. Geen landboupraktyke (byvoorbeeld grondbewerking, onkruidbeheer, kunsmis, pes -en siektebeheer) kan gewasopbrengs verhoog meer as wat die saadkwaliteit toelaat nie. Saad is dus die basis vir die sukses of mislukking van die gewas wat geplant word.
Om hoë opbrengste te behaal, moet 'n mens hoë gehalte saad plant. Om seker te kan wees van goeie gehalte saad, moet 'n mens gesertifiseerde saad koop en plant, hetsy dit 'n baster of OPV is. Gesertifiseerde saad is minstens 98% suiwer en het 'n ontkiemingspersentasie van minstens 90%. Die koste van gesertifiseerde saad word geneutraliseer deur die hoër opbrengspotensiaal.
Kleinskaal -en bestaansprodusente wat kontantprobleme het, plant dikwels mielies wat teruggehou is van die vorige oes. Indien hulle dit doen met bastersaad, het hulle dikwels 'n laer opbrengs (tot 50%) in vergelyking met mielies geproduseer van vars saad. Saad van oop bestuifde kultivars het egter nie oesverliese tot gevolg nie.
Wat is ‘n baster?
'n Baster is die produk (eerste generasie nageslag) van 'n kruising tussen twee onverwante (geneties verskillend) ouers, 'n aangewese vroulike een en die ander manlik. Selfbestuiwing is die proses van die neem van die stuifmeel van 'n enkele plant en dan dieselfde plant bestuif. Wanneer mielies self bestuif, word elke generasie swakker. Dit staan ​​bekend as inteling en na opeenvolgende geslagte, lei dit tot verswakte plante wat genoem word ingeteelde lyne. Hierdie ingeteelde lyne is klein in grootte, het klein koppe en verlaagde opbrengs. Maar wanneer twee ingeteelde lyne gekruis is, is die volgende geslag weer meer kragtig en die opbrengs neem baie toe. Dit staan ​​bekend as basterkrag. Dit word verkry as gevolg van die interaksie tussen die stelle gene verkry uit twee verskillende ingeteelde lyne.
Bastermielies het die volgende eienskappe:
Dit het ‘n eenvormige voorkoms;
Dit het krag;
Dit het ‘n hoë opbrengs;
Dit is geselekteer vir beter graankwaliteit; en
'n Spesifieke baster kan geselekteer word vir 'n spesifieke plaag-en siekteweerstand of
droogteverdraagsaamheid.
Voordele om bastermielies te plant:
Basters het oor die algemeen hoër opbrengste as oop bestuifde kultivars.
Basters is eenvormig in kleur, ouderdom en ander eienskappe van die plant wat die produsent in staat stel om sekere aktiwiteite (byvoorbeeld bemesting, bespuiting en oes) op dieselfde tyd uit te voer.
Die eenvormigheid van die graan geoes kan ook bemarkingsvoordele hê wanneer dit verkoop aan kopers met gehalte standaarde.
Basters lewer gemiddeld 18% hoër opbrengs as OPV.
Nadele van bastermielies:
Saad is duur.
Die produsent moet meer as twee ton per hektaar opbrengs behaal om die hoër koste van saad te regverdig.
Nuwe saad moet elke plantseisoen aangekoop word.
Die graan geproduseer van bastersaad kan nie gebruik word as saad vir die volgende aanplantingseisoen nie.
Die produsent mag dalk nie betyds saad bekom nie.
Basters is meer vatbaar vir strestoestande (byvoorbeeld pluimvorming).
Onder swak bestuur en moeilike omgewingstoestande, verminder die opbrengsvoordeel van basters teenoor OPV.
Wat is 'n oopbestuifde kultivar (OPV)?
By OPV kultivars word saad geproduseer deur kruisbestuiwing (daar is geen bestuiwingsbeheer nie). Die bestuiwing van plante word nie beheer nie, wat beteken dat die gewas nie eenvormig sal wees nie, die plant sal byvoorbeeld wissel in hoogte, die kleur sal verskil, die koppe sal nie dieselfde grootte en vorm hê nie en die plante sal op verskillende tye volwasse wees.
Voordele van OPV:
Lae of geen saadkoste. Die produsent kan ‘n deel van die oes hou vir saad.
Die koste van saad is baie minder as by bastersaad.
Meer geld kan aangewend word vir die aankoop van kunsmis of plaagdoder.
Saad kan herwin word. Graan van hierdie seisoen kan volgende seisoen geplant word.
Lae potensiaal gebiede regverdig nie die hoë koste van bastersaad nie.
OPV het 'n breë genetiese basis en verskillende blomdatums. Dit lei tot 'n langer blomtydperk, wat bestuiwing tydens kort periodes van hoë stres (byvoorbeeld vogstremming, temperatuur, ensovoorts) sal laat plaasvind. Hierdie variasie kan soms meer stabiele opbrengste bied as meer eenvormige basters.
Dit is belangrik om elke drie jaar gesertifiseerde saad aan te koop om genetiese suiwerheid te handhaaf.
Nadele van OPV:
Die opbrengspotensiaal is 10 - 25% minder.
In hoë potensiaal gebiede sal OPV se winsgrens afneem.
Hulle sal nie eenvormig in kleur, ouderdom en ander planteienskappe wees nie.
Kan 'n impak hê op die prys van die graan, dit wil sê gehalte.
Gebrek aan eenvormigheid kan lei tot probleme in die uitvoering van sekere aktiwiteite, soos bespuiting en oes (veral wanneer jy stroop).
Om 'n OPV suiwer te hou, moet dit ten minste 300 m van ander variëteite af geplant word.
Swak kwaliteit saad (saad wat gehou word vir die volgende jaar word gewoonlik gestoor onder swak toestande en is blootgestel aan hoë temperature, plae en siektes) kan lei tot swak ontkieming en swak plante wat nie goed kan kompeteer met onkruid nie.
As 'n reël is OPV nie geneties gemodifiseer vir weerstand teen insek of onkruiddoders nie.
Oes van oopbestuifde saad
Eerstens, plant OPV aan wat vir jou area aanbeveel is.
Bestuur jou grond goed, pas bewaringsboerdery toe, gebruik kunsmis, mis of albei. Beheer onkruid en plae.
Plant jou gewas ten minste 100 m weg van die ander mielielande, of plant jou mielies drie weke vroeër of later, sodat pluimvorming op ‘n ander tyd as nabygeleë gewasse plaasvind. Op hierdie manier sal jy verseker dat onnodige besoedeling van stuifmeel nie plaasvind nie.
Oes vanaf die middel van die land om stuifmeelkontaminasie te verminder.
Voordat pluimvorming plaasvind, inspekteer jou lande en verwyder enige plante wat baie verskillend lyk van die ander (dit wil sê baie lank of baie kort of siek lyk).
Kies die beste koppe van die mooiste plante tydens oes. Kies koppe wat eenders lyk, vry van siekte is en die gewenste graankwaliteit het.
Oes ten minste 300 koppe.
Die koppe moet uitgedop, gedroog en gestoor word onder goeie toestande ('n droë en beskermde donker area).
Maak seker dat die saad droog is (die lewe van die saad verdubbel vir elke 1% afname onder 13% voginhoud). Om te toets of jou saad ongeveer 13% voginhoud het, neem 100 sade en meng met 1 g sout en los in 'n verseëlde bottel. As die sout na 5 minute klam voel, moet die koppe moet langer gedroog word.
Saad hou langer in koue toestande (nie vries nie). Die lewe van saad verdubbel wanneer die stoortemperatuur verlaag word na 5 ºC.
Kalanders, swamme en bakterieë verkort die lewe van saad. Om dit te verminder, hou die saad so droog as moontlik.
Hou jou saad in droë, skoon, lugdigte houers met etikette (volgende jaar sal jy nie onthou wat dit was nie).
Materiale wat die groei van plae keer
Droë as
Dit absorbeer vog binne-in die houer en verhoed die groei en toename van kalanders. Voeg 0,5 kg as vir een kilogram saad by.
Kalk
Dit kan gebruik word op dieselfde manier as droë as. Meng 15 teelepels (50 g), vir elke een kilogram saad.
Kookolie
Meng kookolie saam met jou saad om toename van kalanders te voorkom. Gebruik een teelepel van die olie vir 'n kilogram saad.
Gedroogde en verpoeierde gegeurde blare van verskillende plante
Kalanders is sensitief vir sterk reuke van plante. Gebruik brandrissie (meng vyf teelepels rissiepoeier vir een kilogram saad).
Alwyn 
Droog en vergruis die blare en meng vyf teelepels vir elke een kilogram saad.
Voordele van bastersaad en oop bestuifde saad
Hibriede
OPV
Toegang tot genetiese voordeel.
Hoog.
Medium.
Voordeel trek uit saadbehandeling en gehaltebeheer.
Hoog.
Slegs wanneer aangekoop as gesertifiseerde saad.
Teenwoordigheid van 'n lewensvatbare saadverskaffer wat toegang bied tot nuwe genetiese materiaal.
Waarskynlik.
Twyfelagtig.
Onafhanklikheid van die boeregemeenskap.
Laag.
Hoog.
'n Baie goeie baster kan ‘n swak OPV met meer as 70% oortref. 'n Goeie OPV kan egter dieselfde of selfs beter vaar as 'n swak baster. Die effek van die aanplant van 'n tweede generasie (geoes) saad is weglaatbaar by ' n OPV, maar is groot by 'n baster (tot 50% verlies). Elite basters produseer 18% meer graan as elite OPV's. Herwonne saad produseer 32% minder graan as nuwe bastersaad. Herwonne OPV saad produseer 5% minder graan as vars OPV saad.
Indien gesertifiseerde saad aangekoop word, sal die koste van saad hoër wees as wanneer vars OPV saad aangekoop of herwin is. Die rangorde vir graanopbrengs op enige gegewe vlak van bestuur sal wees:
1. Basters;
2. OPV;
3. Herwonne OPV, en
4. Herwonne baster.
Die aankoop van bastersaad elke jaar, word beskou as die mees winsgewende opsie indien bestuursvlakke twee ton per hektaar of hoër is. Indien bestuursvlakke verhoog, word die herwinning van saad minder winsgewend. Daar is baie min voordeel vir die produsent in die oorskakeling van OPV saad na bastersaad sonder die gebruik van kunsmis en indien daar geen verandering in bestuur is nie. Indien die produsent bastersaad koop teen hoër koste, moet sy vlak van bestuur dienooreenkomstig verhoog.
Mielieprodusente verbou mielies en kan die waarde van hul mielies kwantifiseer as 'n kontantgewas. Tog weet ons dat huishoudelike voedselsekuriteit, risikovermyding, voorkeure en tradisie ‘n rol speel by die produsent se besluit oor plantmateriaal, sowel as gewas bestuurspraktyke. Terselfdertyd is huishoudelike saadsekuriteit 'n belangrike oorweging vir herwinning van graan as saad, veral in afgeleë gebiede wat nie gediens word deur saadverskaffers nie. Toegang tot graanmarkte met billike pryse, is 'n belangrike oorweging vir produsente wat arm is aan hulpbronne wanneer ‘n besluit geneem word watter saad om te koop. Daar is baie sosiale en kulturele faktore betrokke by die “baster teenoor OPV” kwessie.
OPV's kan 'n waardevolle opsie vir mielieprodusente word onder sekere omstandighede, maar die gebruik van OPV saad sal 'n stap agteruit vir graanopbrengs word. Oor die algemeen sal 'n baster 18% meer graan as die meeste van die beter OPV saad produseer.
Faktore wat oorweeg moet word wanneer daar op verskillende tipes besluit word
Toegang tot voordeel uit navorsing in die genetiese verbetering van nuwe variëteite.
Toegang tot voordeel van saadbehandeling en saadgehalte.
Die teenwoordigheid van 'n lewensvatbare saadverskaffer.
Oorlewingstrategieë van arm gemeenskappe met min hulpbronne.
Ekonomiese analise van die opbrengs op die belegging.
Faktore wat oorweeg moet word wanneer kultivars gekies word
Opbrengsbetroubaarheid.
Droogteverdraagsaamheid.
Siekteverdraagsaamheid.
Staanvermoë.
Insekverdraagsaamheid (BT).
Lengte van die seisoen.
Tyd tot volwassenheid.
Droogkoers.
Suurverdraagsaamheid.
Chemiese weerstand (Round-up Ready-mielies).
