Hunger (Maize) 								Afrikaans



Hongersnood – ‘n groter realiteit as ooit in Suid-Afrika



Instructions: 

Folio strap: Algemeen

Byline: Dr Kobus Laubscher, Algemene Bestuurder van Graan SA



Die nuut-gestigte Graanboer Ontwikkelingsassosiasie (GFADA), in samewerking met die Graanwaardeketting-netwerk, is nie alleen bekommerd oor die nie-winsgewendheid van grootskaalse graanproduksie in Suid-Afrika nie, maar ook oor die katastrofiese impak wat dit het op nuwe toetreders tot die landbou.



Die vestiging van hierdie nuwe produsente is een van die prioriteite van die staat en daarom wil die GFADA sy volle gewig agter die nuwelinge ingooi. Om hierdie nuwelinge egter van grond te voorsien sonder die nodige ondersteuning en aanmoediging, is byna ‘n siniese ontkenning van die realiteite wat hierdie mense in die gesig staar. Die lede van die GVCN het die vaardigheid en ondervinding om hande te vat en ondersteuning te bied, maar dit is die rol van die staat om die nodige finansiering te verskaf vir die nodige toerusting, om hulle ten minste ‘n redelike kans op volhoubaarheid te gee.



Dit is van die uiterste belang dat die toestand van die totale graanbedryf onder oë geneem word. Tyd loop uit en dit sal ‘n hartseer dag wees as Suid-Afrikaners voedseltekorte ondervind. Dit is tyd dat almal besef dat hongersnood onder die huidige omstandighede ‘n groter realiteit word.



Waar lê die probleem?

Produksiekoste is direk verbind aan internasionale insetkoste en Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste insetkoste in die wêreld. Die toename in produksiekoste styg vinniger as produktepryse en plaas produsente onder uitermatige druk.



Produktiwiteit en effektiwiteit is twee van die mees belangrike oorsake van die probleem. Navorsing is daarom noodsaaklik om produksiepraktyke te verbeter. Die feit dat die staat nie genoegsame fondse vir navorsing bewillig nie, is een van die faktore wat die probleem vererger.



Stygende pryse vereis groter winsmarges per hektaar, of die omvang van produksie moet toeneem. Dit beteken dat boerdery-eenhede moet uitbrei om die volume van die kritiese netto inkomste te vergroot. Andersins kan nuwe toetreders slegs die vereiste netto inkomstevlakke bereik deur groter effektiwiteit en die nuutste tegnologie. Die doel bly om deel te wees van die ekonomie van skaal. In hierdie geval is nuwe toetreders afhanklik van die oordrag van vaardighede en voortdurende ondersteuning, wat die visie is van die GFADA. Hierdie is die grootste hindernis vir nuwelinge in die landbou. Boerdery is ‘n bedryf met risiko’s wat goeie marges gedurende slegte jare vereis.



Aan die inkomstekant is pryse ook verbind aan internasionale tendense en is wisselvallig as gevolg van wisselkoerse. Dit is buite die beheer van produsente en beïnvloed onderhandelingsooreenkomste dramaties. Pryse wissel voortdurend tussen invoer- en uitvoerpariteit en is tans nader aan uitvoerpariteit, wat winsgewendheid beperk.



Graanpryse word deur vryemark-meganismes bepaal, wat die belangrikheid van vraag en aanbod verhoog. Suid-Afrikaanse produksie oorskry plaaslike vraag, dus is uitvoermoontlikhede nie noodwendig winsgewend nie. Wêreldwye aanbod is tans baie hoog en druk pryse afwaarts. Beperkende plaaslike regeringsbeleid verhinder die ontwikkeling van nuwe markte (bio-brandstof), wat waardetoevoeging beperk.



Suid-Afrikaanse produsente geniet min of geen ondersteuning van die staat nie, wat hulle verhoed om met uitvoerlande wat tradisioneel regeringsondersteuning aan hulle produsente bied, te kompeteer. Die Suid-Afrikaanse regering kan daarom oorweeg om tariefkontrole te hersien en beter ondersteuning aan die produsent te bied, asook bekostigbaarheid aan die verbruiker.



									

