Hat (Maize)									Afrikaans
Die aarde se hoed – beskerm jou bates
Instructions:
Folio strap: Grond
Byline: Jenny Mathews, voorsitter van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Grabber: Dit is baie goed om jou waardevolle grond te beskerm!
Wanneer ons in ag neem dat statistieke aandui dat grondvrugbaarheidsvlakke in Suidelike Afrika afneem en die organiese inhoud van grond onder droëland bewerking afneem, is daar baie goeie redes om die voordele van bedekkingsgewasse aan te plant, veral in met inagneming van laat reëns of die hoë inset- en produksie koste wat toeneem – beide verskynsels wat ons hierdie seisoen ondervind, wat ‘n produsent kan verhoed om mielies te plant.
Alhoewel aangeplante weiding al vir baie jare in wisselboustelsels gebruik word, het produsente daaraan gewoond geraak om kunsmis en onkruiddoders in die plek daarvan te gebruik. Die groeiende bewustheid vir omgewingsbewaring laat moderne produsente weer eens na wisselbou, aangeplante weidings en die voordele wat dit bied, kyk.
Voordele van aangeplante weiding
Aangeplante weiding is om verskeie redes voordelig:
Verbetering van grondstruktuur 
Grondstruktuur word verbeter wanneer ‘n plant se wortels vorm en in kompakte grond groei. Die grond word poreus en is in staat om vog te absorbeer en te behou. Wanneer ‘n land nie vir ‘n sekere tydperk geplant word nie, word die oppervlak gekompakteer en waardevolle water vloei weg. Aangeplante weiding beskerm die oppervlak teen die warm son en verlaagnie net hulle die vlakke van kompaktering nie, maar bring ook lewende organismes soos erdwurms, wat floreer in die plantmateriaal wat afgebreek word.
Erosie beheer
Aangeplante weidings hou die grond in plek, sodat water- en wind erosie aansienlik verminder word.
Grondvrugbaarheid
Baie aangeplante weidings bied ‘n natuurlike bron van ryk organiese kunsmis. Peulgewasse gee waardevolle stikstof aan die grond. Wanneer jy goed bemes het gedurende ‘n gewasseisoen en oortollige stikstof vlakke in die grond het, wat byvoorbeeld ‘n resultaat kan wees van ‘n swak oes wat veroorsaak is deur droogte, kan hierdie voedingstowwe aangewend word vir verdere voordeel deur aangeplante weiding vir ‘n hooi gewas wat hoog is in kalium en fosfor.
‘n Algemene probleem wat deur produsente ondervind word, is ‘n gebrek aan voedingstowwe, veral N en P. Dit kan maklik reggestel word deur die korrekte kunsmis by te voeg. Die klein produsent kan dikwels nie hierdie opsie uitoefen nie en dan is die wisselbou aangeplante weiding ‘n waardevolle oplossing wat ekonomiese winsgewendheid en grondvrugbaarheid sal verbeter. Dit word oor die algemeen aanvaar dat ‘n somer peulgewas soos akkerboontjies, in ‘n wisselboustelsel met ‘n mieliegewas, opbrengs en produksie kan verbeter, grondvrugbaarheid verhoog en kunsmiskoste verlaag. 
Onkruidbeheer
‘n Digte stand van aangeplante weiding soos akkerboontjies of tef, beskerm die grond teen die son en onderdruk onkruide wat andersins vrylik sou groei. 
Voedselproduksie
In sommige gevalle waar gewasse soos akkerboontjies en tef aangeplant word, bevoordeel die gewas nie alleenlik die grond in ‘n seisoen waar ‘n kontant mieliegewas aangeplant is nie, maar bied dit ook die produsent die voordele van voeding vir sy diere, wat waardevol sal wees vir die droë seisoene vorentoe.
Vervoerkoste
Die meeste gewasse het vervoerkoste van die land na die punt van bemarking, terwyl aangeplante weidings gebruik word waar hulle aangeplant is, of ten minste op die plaas self. 
Tipes aangeplante weiding
Aangeplante weiding word geselekteer na aanleiding van kriteria en die produsent moet vrae vra soos:
Wanneer word dit aangeplant?
Wat is die doel van gebruik?
Watter aangeplante weiding doen goed in my omgewing?
Benodig die land ‘n peulgewas of nie-peulgewas? Onthou dat peulgewasse stikstofvlakke verhoog deur dit uit die atmosfeer te haal, terwyl nie- peulgewasse bestaande stikstof en ander voedingstowwe sal gebruik.
Sommige peulgewasse is: suikerbone, sojabone, lusern, ertjies of akkerboontjies, klawer ens. Nie-peulgewasse is: tef, rog, hawer, koring, radyse of Japannese radys.
Fokus op akkerboontjies (Vigna sinensis) – peulgewas
Akkerboontjies is ‘n somergewas wat droogte en hitte bestand is. Dit is ‘n eenjarige plant wat ‘n hoogte van 80 cm bereik en ‘n sterk penwortel het. Dit groei maklik in arm, sanderige grond. Dit bevoordeel die grond, omdat dit in stikstof arme grond kan groei, sonder die byvoeging van kunsmis, maar belangrik is dat dit ook uitstekend vir menslike en diere verbruik is, omdat die blare, die peule en die saad hoë voedingswaarde bevat. Akkerboontjies kan ook gedroog word en suksesvol gestoor word.
Fokus op tef (Eragrostis Tef) – nie-peulgewas
Hierdie aangeplante weiding is ‘n vinnig-groeiende, eenjarige gewas, oor ‘n periode van 8 tot 12 weke. Dit floreer in matige, somertoestande en groei goed op goed gedreineerde grond. Tef vorm ‘n uitstekende bedekking en die digte groei sal onkruide beheer. Dit word as hooi gebruik en sal twee snysels in ‘n goeie seisoen bied. Die hooi moet gesny word net voordat die saad gereed is. 
Gevolgtrekking
Die moontlikhede wat aangeplante weidings wat in ‘n nat seisoen aangeplant word, wanneer die produsent vir een of ander rede nie sy normale kontantgewas kon aanplant nie, is baie opwindend. Produsente dwarsoor die wêreld noem hierdie gewasse die “aarde se hoed”, omdat dit beskerming bied aan die grond. Dit is duidelik dat dit goed is om jou waardevolle grond te beskerm.
