Goal										Afrikaans



Het ons visie op die doelpale verloor?



Instruksies:

Folio strap: Ontwikkeling

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Daar word groot bedrae geld bestee deur die Departement van Grondsake, die Departement Landbou, die verskeie Graan Trusts, Landboubesighede, insetverskaffingsmaatskappye, kommoditeitsorganisasies en “NGO’s” (om slegs ‘n paar te noem) op landbouontwikkeling in Suid-Afrika. Die vraag bly – word die verlangde uitkoms bereik?



Ontwikkeling, wat ontwikkeling van die produsent self insluit, gaan oor mense. Dit is mense wat moet groei, ontwikkel, leer en ondervinding moet opdoen. Die fokus op ontwikkeling van die produsent is nie wie die meeste graan kan produseer nie, maar eerder om die produsent by te staan om kennis en vaardighede te ontwikkel wat hom in staat sal stel om onafhanklik en volhoubaar te boer en ‘n wins te toon. 



Indien ons werklik ‘n verskil wil maak, is dit belangrik om te fokus op die individu sowel as die gemeenskap, en te bepaal watter hulpbronne hulle tot hul beskikking het en dan op hierdie hulpbronne voort te bou. Dit is dikwels te maklik om ‘n area binne te kom, te fokus op dit wat mense nie het nie en dan voor te gee dat jy hulle bystaan deur alles te doen wat jy dink vir hulle behoort gedoen te word. Wat sal gebeur sodra jy ophou om hierdie dinge te doen? Ons behoort mense stadig en versigtig te neem van waar hulle nou is, na waar hulle wil wees en terselfdertyd te verseker dat hulle gemaklik is met die veranderinge en ontwikkelinge (en nie waar ons dink hulle behoort te wees nie). 



Dit blyk dat daar ‘n fokus is op “groter is beter”. Daar is verseker ‘n punt waar mense begin, selfs al is dit op ‘n klein skaal. Daar is mense wat bestaansprodusente is en wat geen ambisie het vir enigiets anders nie – dit is ook in orde. Dan is daar diegene wat regtig op ‘n klein skaal vooruit boer en in die toekoms groter produsente gaan wees. Daar is ook diegene wat op ‘n groot skaal boer en dit baie goed doen (en natuurlik is daar verskillende stadiums tussen-in). 



Indien ons ontwikkelingsinisiatiewe bestaansprodusente insluit, moet ons mense neem van waar hulle is. Ek is nie beïndruk met groot kontrakteurs wat kom om te plant en te oes en dit dan ontwikkeling van die produsente noem nie – hierdie is nie ontwikkeling nie en hierdie kontrakteurs kan net sowel die grond huur. Hierdie produsente sal inteendeel beter af wees indien hulle hul grond verhuur aan die kontrakteurs, omdat die insetkostes baie hoog is en die kontrakteur deel dan in die wins (hy eet twee maal, terwyl die produsent dalk nie eers een maal eet nie).



Ons moet terugkeer na die basiese en fokus op die ontwikkeling van mense. Indien jou grond gebruik word deur ‘n groot kontrakteur – dink goed daaroor na waarheen jy oppad is en hoe lank dit jou gaan neem om ‘n produsent te wees eerder as ‘n grondeienaar. 

