Fire (Maize)									Afrikaans
Beskerm jou oes teen brand
Instructions:
Folio strap: Brandvoorkoming
Byline: Jane McPherson, Programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Use a photo of a raging fire on lands
Winter kom nou ná 'n besonder nat laat somer en herfs. As gevolg van die nat seisoen, is daar genoeg weiding vir die diere, maar dit beteken ook dat veldbrande 'n ernstige probleem hierdie jaar kan inhou. 
Brand kan ernstige skade op plase veroorsaak. Een vuurhoutjie kan duisende hektaar landbougrond vernietig. Die meeste brande by gewasse vind plaas voor of kort na die oes, want teen hierdie tyd is die gewasse gewoonlik ryp en droog.
Hoe om brande te voorkom
Kinders moet nie met vuurhoutjies speel nie.
Moenie brandende vuurhoutjies of sigarette in droë gras, blare, bosse of skure gooi nie.
Moenie oop vure in die veld of in winderige weer maak nie.
Maak seker dat alle vure behoorlik geblus word.
Indien jy ‘n brand sien
As jy 'n veldbrand sien, rapporteer dit onmiddellik aan jou bure en die plaaslike brandweerhoof. Vertel hulle presies waar die brand is.
Los iemand by die huis om inligting oor die vuur deur te gee. Indien jy 'n radio of telefoon het, moet die lyne oopgehou word, sodat nuwe inligting deurgegee kan word sodra dit ontvang is.
As jy nie die grondeienaar is nie, moet jy hom of haar inlig oor die presiese posisie van die vuur.
Verwyder alle plaasdiere en toerusting en stoor op ‘n veilige plek. 
Gereedskap (toerusting) wat jy kan gebruik om ‘n brand te blus
Brandblussers – water of droë poeier tipe.
Maak 'n brandslaner van ou bande, repe rubber of nat sak. Die slaan van die vuur met die bande of nat sakke, verwyder die lug (suurstof) wat die vuur nodig het om te brand. As daar nie genoeg suurstof is nie, sal die vuur versmoor en stadig vrek.
Gebruik rugsakspuite om plante en gras naby en aan die voorkant van die vuur nat te spuit. Rugsakspuite is ook handig as kontrole vir plekke wat opvlam nadat die brand geblus is.
Gebruik waterhouers en 'n waterpomp wat genoeg water kan voorsien.
Skoppe, harke en grawe kan gebruik word om 'n brandstrook te maak om te verhoed dat die vuur verder versprei. 'n Voorbrand kan gemaak word wat in die rigting van die vuur brand, kan vanaf die brandstrook gemaak word. 'n Brandstrook is 'n skoon strook grond, amper soos 'n pad, waarop daar niks is om te brand.
Gebruik skoppe en harke om die vuur met sand en grond te blus. Gebruik hulle ook om droë gras en takkies wat maklik kan brand, te verwyder.
Gebruik handsnyers om gras en plante voor ‘n aankomende vuur te sny.
Brandbestryding
Benader die brand van een of beide kante en probeer om die voorkant van die vuur kleiner te kry.
Indien daar 'n brandstrook of 'n natuurlike versperring soos 'n rivier is, probeer om die vuur teen die versperring vas te druk.
Plaas brandbestryders op strategiese plekke om vonke wat deur die wind gedra word, te blus. Sterk wind kan vonke so ver as een kilometer dra.
Dit is belangrik om na die binnekant van die vuur te slaan, sodat vonke nie spat op gras en blare wat nie brand nie. 
Monitor windrigtings ten alle tye.
Wanneer die vuur geblus is
Sodra die vuur dood is, moet die volgende gedoen word:
Maak seker dat die brandbestryders nie beseer is nie.
Patrolleer die gebied vir ten minste drie ure om te kyk of daar nie plekke is wat opvlam nie.
Bêre toerusting op die regte plek.
Hervul waterhouers.
Herstel beskadigde toerusting.
Brandstrook riglyne
Elke eienaar op wie se grond 'n veldbrand kan ontstaan ​​of brand, of van wie se grond dit kan versprei, moet ‘n brandstrook voorberei en in stand hou op sy of haar kant van die grenslyn, tussen sy of haar grond en enige aangrensende grond. Dit is jou plig en verantwoordelikheid om te verseker dat 'n vuur nie op jou grond begin nie. 'n Brandstrook kan jou en jou plaas (grond, geboue, gewasse en vee) beskerm teen ‘n ramp. Eienaars van aangrensende grond kan instem om 'n gemeenskaplike brandstrook weg van die grenslyn te maak. Die voorbrand:
Moet wyd en lank genoeg wees om 'n redelike kans te hê om te verhoed dat 'n veldbrand versprei na of van naburige grond;
Moet nie gronderosie veroorsaak nie; en
Moet redelik vry wees van vlambare materiaal wat ‘n veldbrand kan versprei na die ander kant.
Die doel van voorbrande
Die doel van voorbrande kan wees om:
Te voorkom dat vuur versprei vanaf beheerde of onbeheerde brande;
Die punt wees waar die vuur geblus kan word;
Die punt wees waarvandaan daar ‘n teenbrand gemaak word;
Die punt wees waarvandaan die vuur benader word; en
Toegangspunt na die vuur.
