Financial (Maize) 								Afrikaans

Die finansiële basis van bestuur



Instructions: 

Folio strap: Bestuur

Byline: Inligting saamgestel vanuit die Plaasbestuur vir wins Handleiding deur Marius Greyling

Grabbing quote: Ons het geld nodig om ons fisiese en sekuriteitsbehoeftes te bevredig.

Captions: 	Figure 1.1: Die totale koste funksie.

Figure 1.2: Wins, verlies en gelykbreek punt.



Wat is ŉ besigheid? Hoe ontstaan ‘n besigheid? In terme van die bestuur van ‘n besigheid is dit belangrik om hierdie vrae deeglik te verstaan en hierdie artikel sal dit verduidelik.



Behoeftes van mense

Sedert die ontstaan van die mens, was daar altyd die behoefte om te oorleef. Kos, skuiling en klere is van die behoeftes wat vir oorlewing nodig is. In die begin het die mens in sy eie behoeftes voorsien deur te jag, wilde plante te oes en in grotte te skuil. Saam met vooruitgang het die mens se behoeftes egter verander en het produksie en/of vervaardiging ‘n integrale deel van die lewe geword.



Wat is geld en waar kom dit vandaan?

Wanneer iets gekoop word, word geld gebruik om daarvoor te betaal. Geld is slegs papier en ons wonder hoe papier kan betaal vir waardevolle items. Papiergeld het sy oorsprong in ‘n funksionele benadering tot geld. In die verlede het ruilhandel plaasgevind (die ruil van een item vir ‘n ander item van dieselfde waarde). ‘n Persoon sou byvoorbeeld ‘n koei vir vyf sakke mielies verruil. Die probleem met hierdie tipe transaksie was dat, indien jy ‘n koei gehad het en mielies wou hê, moes jy ‘n persoon vind wat mielies gehad het en ‘n koei wou hê. Dit kon soms lank vat iemand te vind wat jou koei wou ruil vir mielies.



Hierdie proses het baie moeite gevra. Mense het dit opgelos deur iets te vind wat vir almal aanvaarbaarbaar was, naamlik goud. Jy kon jou koei ruil vir 30 gram goud en dan mielies koop vir tien gram goud. Goud is deur almal aanvaar. Mense het later gevrees dat hulle goud gesteel kon word. Goud is toe in ‘n veilige plek in die bank geplaas en die bankier kon dan op ‘n stuk papier skryf hoeveel goud jy in die bank het. As jy hom die papier gewys het, kon hy jou goud terug gee.



Later het hulle die stuk papier geruil vir wat hulle wou hê, in plaas daarvan om eers hulle goud op te eis met die stuk papier. Die persoon vir wie hulle die papier gegee het, kon dan later die goud opeis. Die mense het later glad nie eers meer die moeite gedoen om die goud te eis nie, omdat hulle die stuk papier gehad het, wat gewys het hoeveel goud hulle het. Vandag aanvaar almal papiergeld.



Hoe verdien mense geld?

Mense kan slegs geld verdien deur ‘n salaris of deur sy eie suksesvolle besigheid.



Inkomste

Besighede voorsien in vandag se moderne wêreld direk of indirek in al die mens se behoeftes. Dienste gelewer of produkte voorsien, word verkoop deur die besighede en die geld vanaf hierdie dienste en produkte is die inkomste van ‘n besigheid. Voorbeelde van produkte is kos, klere, voertuie, meubels en behuising. Voorbeelde van dienste is mediese dienste, voorsiening van skole en opleiding en kommunikasiedienste. Hierdie inkomste-konsep benadruk die feit dat die mens geld nodig het om in die meeste van sy behoeftes te voorsien.



Uitgawes

Gedurende die proses van dienslewering en/of produsering van produkte, genereer ‘n besigheid sekere kostes of uitgawes. Hierdie kostes word in drie groepe verdeel.



Veranderlike koste (produksiekoste)

Veranderlike koste is ‘n uitsetfunksie en vind slegs plaas indien daar produksie is. Daar is dus ‘n verhouding tussen die produksievolume en koste. Indien ‘n produsent slegs tien koeie melk, sal sy veranderlike koste soos salarisse, konsentrate, kuilvoer en vervoer, minder wees as wanneer hy vyftig koeie sou gemelk het. Voorbeelde van veranderlike koste is kunsmis, saad, plaagdoder, kontrakwerk, vee medisyne, lekke, konsentrate, brandstof, seisoenarbeid, pakmateriaal en bemarkingskoste.



Vaste koste

Vaste koste is daardie deel van die totale koste wat onveranderlik bly vir ‘n spesifieke produksieplan ongeag of meer of minder geproduseer word. Vaste koste is daarom nie-veranderlik op die korttermyn. Hulle mag egter oor die langtermyn verander as ‘n resultaat van die verandering in die produksieplan.



Indien ‘n produsent ‘n melkstal vir vyftig koeie opgerig het (sy produksieplan) sal die vaste koste van die skuur, soos rente op kapitaal en depresiasie van toerusting, vas bly, ongeag of hy die skuur vir tien of vyftig koeie gebruik. Indien die produsent egter sy produksieplan verander en die skuur uitbrei om tagtig koeie te huisves, sal die vaste koste ook verander as gevolg van die verandering in produksieplan. Voorbeelde van vaste koste is depresiasie (nie-kontant), rente, versekeringspremies, huur en permanente arbeid. Kostes is slegs vas indien hulle plaasgevind het. Voordat ‘n trekker aangekoop word, is alle trekkerkostes veranderlik. Indien die trekker aangekoop word, is alle koste daarteen, soos depresiasie, rente, lisensies en versekering, vaste koste. Hierdie koste-items gaan nie wissel gedurende uitset nie en word daarom nie beïnvloed deur verandering in produksie oor die korttermyn nie. 



Kapitale delging (depresiasie)

Depresiasie is ‘n nie-kontant uitgawe verwant aan die afname in waarde van bates as gevolg van gebruik en ouderdom van die bate.



Rente en finansieringskoste

Rente is die vergoeding in geld vir die gebruik van vreemde of geleende kapitaal.



Totale koste

Totale koste is die totaal van die vaste en veranderlike koste en word voorgestel in figuur 1.1.



Figuur 1.1	





Totale koste

 







 

 Koste 							Veranderlike koste (produksie koste)

	



 (R)





 					 Vaste koste (oorhoofse koste)



 

Uitset (Y)





Wins/Verlies

Wins ontstaan wanneer die inkomste meer as die totale koste is. Indien uitgawes meer as die inkomste is, word ‘n verlies gemaak.



Inkomste – Uitgawes = Wins/Verlies (I – U = W/V)


 

 


Of in landbou terme:





Inkomste – Produksie-uitgawes = Bruto wins – Vaste koste = Netto Boerdery Inkomste (Wins/Verlies)


 

 


Dit is belangrik om te verstaan dat indien ‘n besigheid wins maak, sal alle werknemers sowel as die eienaar geld ontvang om in hulle eie behoeftes te voorsien. Daarom moet wins oor die langtermyn gehandhaaf word, wat die belangrikheid van volhoubare boerderypraktyke beklemtoon. Indien ‘n besigheid egter ‘n verlies maak, kan dinge verander. Alhoewel die werknemers salarisse ontvang het, sal die eienaar geen inkomste hê nie en gedwing word om sy besigheid te heroorweeg om verliese te sny. Een van hierdie stappe kan afdanking van personeel insluit. Let op die volgende figuur gesien vanuit ‘n verskillende oogpunt:



Figuur 1.2 

										 Kostes

									 Verlies

										 Inkomste





R

	 

Wins

Gelykbreekpunt









Jaar (Tyd)



Die inkomste en uitgawes van boerderybesighede het oor die jare toegeneem as gevolg van die hoër inkomste vir produkte en hoër koste. Die inkomstehoek verskil van die kostehoek, daarom word die gaping kleiner. Dit word al hoe moeiliker om ‘n wins te maak. Boerderybesighede is prysnemers en kan nie hierdie produkte verkoop teen hoër pryse nie.



Inkomste kan verhoog word deur hoër produksie per eenheid (mielies – ton/hektaar) en/of verbeterde produksieplanne (presisieboerdery) en/of verhoogde produktiwiteit. Koste kan beperk word deur onderhandeling vir hoër pryse of insette, en/of verbeterde produksieplanne, en/of vermindering van koste deur afdanking van personeel, en/of kostebeheer deur die implementering van begrotings, en/of hoër produktiwiteit.



Samevattend voorsien ‘n besigheid in die behoeftes van mense. ‘n Besigheid kan egter slegs suksesvol wees indien wins gehandhaaf word op ‘n volhoubare basis. Indien winste op ‘n volhoubare basis gemaak word, sal almal op die plaas voordeel daaruit trek. Indien daar aanhoudende verliese is, sal almal op die plaas sukkel deur kleiner salarisverhogings of afdankings, maar dit is slegs die eienaar wat die risiko loop om alles te verloor, insluitend sy persoonlike besittings.

