Financial (Maize)									English

Verstaan FICA wanneer jy ‘n bankrekening open

Instructions: 

Folio strap: Finansiële sake

Byline: Inligting vanaf die internet aangepas



Baie produsente ondervind groot frustrasies wanneer hulle probeer om ‘n nuwe bankrekening oop te maak. Dit is omdat die “Financial Intelligence Centre Act” (FICA) van banke of agri-besighede verwag om spesifieke inligting oor kliënte te bekom en om bedenklike transaksies, wat vanuit kriminele aksies kan onstaan, te monitor en te rapporteer. 



Die wêreld het baie verander. Die toename in misdaad en terrorisme het baie lande forseer om saam te werk in ‘n poging om die verskynsel te beheer. Kriminele word nou geslaan waar dit seermaak – hul beursies – en dit is te danke aan nuwe wetgewing en internasionale samewerking. Kriminele en terroriste benodig kontant om te floreer. Hulle skakel die “vuil” kontant, wat hulle maak vanuit bedrog, dwelms, smokkelary en diefstel, om in “skoon” geld, deur gebruik te maak van vals identiteite of deur die gebruik van onskuldige mense, soos jy, se name. Dit word geldwassery genoem. Dit kos nie slegs biljoene rande per jaar nie, maar voorsien ook hulpmiddele vir internasionale terrorisme om te kan groei. Om dit te beheer, het die regering die “Financial Intelligence Centre Act 38 of 2001” in werking gestel.

Alle banke moet, in lyn met nuwe wetgewing, streng maatreëls toepas vir die opening van nuwe rekeninge. Dit beteken dat, om te voldoen aan die wetlike aspekte, jy addisionele bewyse van identiteit sal moet voorsien wanneer jy ‘n nuwe bankrekening oopmaak. Die wet vereis ook dat jou persoonlike inligting gereeld opgedateer word. Hierdie prosedures moet deur alle banke geïmplementeer word.

Die bank of agri-besigheid moet die volgende inligting van ‘n Suid-Afrikaanse inwoner verkry:

Volle naam; 

Geboortedatum; 

Identiteitsnommer (indien Suid-Afrikaanse burger) of paspoortnommer en nasionaliteit (indien buitelandse burger); 

Woonadres; en 

Kontakbesonderhede. 



Om jou identiteit te bevestig benodig hulle: 

Jou groenstrepies-kode identiteitsdokument of indien jou ID verlore of gesteel is,’n beëdigde verklaring of ‘n polisieklaring, bewys van jou heraansoek vir ‘n ID vanaf binnelandse sake; en 

Jou geldige paspoort; of 

Jou geldige kaart-tipe bestuurslisensie. 

Om jou woonadres te bevestig, moet jy die bank of agri-besigheid van ‘n goedgekeurde dokument met jou naam en fisiese adres (posbus nommer is nie voldoende nie) of erfnommer en woongebied voorsien. 

