February

Februarie – ‘n terugblik op die somerseisoen



Instruksies: 

Folio strap: Plantpopulasies

Byline: Jane McPherson, program bestuurder van die Graan SA ontwikkelings program

Foto’s: 

Foto 1: Mieliesaad wat te groot is vir die gate in die planterplaat – dié saad is nooit geplant nie.

Foto 2: Reën kan die grond laat kompakteer en ‘n harde kors veroorsaak wat die saailinge verhoed om op te kom.

Foto 3: ‘n Mielieplant wat te diep geplant was en toe gesukkel het om op te kom.

Foto 4: Een van die algemeenste probleme na ontkieming is insekskade.



Die koorsagtige gewerskaf wat gedurende elke somergewas-plantseisoen plaasvind behoort nou af te neem en die produsent is nou in ‘n posisie om na die gewasse op sy lande te kyk. Hopelik is die plantpopulasie voldoende, die kleur van die gewasse die verlangde donkergroen kleur en is daar nie enige onkruid wat meeding met die oes nie – in kort, dat alles goed lyk vir ‘n goeie, welige oes.



Dikwels het alles egter nie volgens plan verloop nie en is die oes nie so goed soos aanvanklik gehoop is nie. Dit is die ideale tyd om ondersoek in te stel na die dinge wat moontlik fout kon gegaan het.



Plantpopulasie – maak dit werklik saak? 

Wanneer ‘n gewas geplant word, behoort die produsent te beplan om ‘n sekere aanbevole plantpopulasie te behaal. Elke plant het ‘n sekere potensiaal om graan te produseer – die faktore wat die opbrengs beperk, is die beskikbaarheid van grondwater, voedingstowwe, lig en hitte. Die getal plante wat per eenheidsarea op die land ondersteun word, is grootliks afhanklik van die hoeveelheid vogwater wat beskikbaar is. Die plantpopulasie per eenheidsarea is belangriker as die spesifieke rywydte aangesien plante tot ‘n sekere mate in staat is om te kompenseer. Rywydtes onder droëlandtoestande kan verskil van 0,9 m tot 2,1 m of 2,3 m – afhangend van die meganiese toerusting wat beskikbaar is en die soort grondbewerkingstelsel wat gebruik word. Die wyer rye word aangedui waar die teikenopbrengs laer is, die verlangde plantpopulasie laer is, die reënval laer is, en waar daar probleme met winderosie is, asook waar die onkruid meganies beheer word tussen die rye. 



Die nouer rye word aangedui waar die teikenopbrengs hoër is, waar daar ‘n hoër reënval is, waar daar ‘n helling of skuinste op die land is en waar die onkruid chemies beheer gaan word (dit is nie moontlik om onkruid meganies te beheer in baie smal rye nie, omdat daar nie ruimte is vir die trekker om tussen die ryspasies te beweeg nie).



Die teikenopbrengs speel ‘n belangrike rol om die verlangde plantpopulasie te bepaal. Plantpopulasies wat te laag is, beperk die potensiële opbrengs, en ‘n populasie wat te hoog is, lei tot verhoogde stres op die plant wat ook die opbrengs verlaag. Plante wat na aan mekaar geplant is, het gewoonlik ‘n verhoogde risiko vir siektes (soos stamvrot) en opeenhoping kom meer voor.



Elke area en elke kultivar het ‘n aanbevole plantpopulasie. Indien die verlangde populasie nie behaal word nie, dan word die opbrengspotensiaal negatief beïnvloed. (In kort: daar sal nie genoeg plante wees om die kwantiteit graan wat verlang word te produseer nie.)



Wat kan die oorsake wees van swak plantpopulasies? 

Daar is verskeie faktore wat ‘n swak plantpopulasie kan veroorsaak en die oorsake hou verband met die onderskeie stadia in die ontwikkeling van die gewas.



Swak ontkieming

Swak ontkieming is een van die grootste oorsake van ‘n swak finale stand. Daar is verskeie redes vir swak ontkieming:

Die kalibrasie van die planter kon foutief gewees het en dit kon daartoe gelei het dat te min saadjies in die grond geplant is. 

Die grootte van die saad kon verkeerd gewees het vir die planterplate wat gebruik is (sien foto 1).

Die saad kon ook te klein gewees het vir die planter wat daartoe lei dat twee saadjies tegelykertyd die gaatjie probeer binnedring het – wat dan vassit en gevolglik word niks geplant nie.

Die ‘tikker’-meganisme op die planter kon foutief gewees het en gevolglik die saadjies gebreek het soos dit deurkom.

By die lugplanters was die vakuum dalk nie sterk genoeg gewees om die saad in die korrekte posisie te hou totdat dit geplant is nie. 

In die algemeen kon swak planteronderhoud verskeie meganiese probleme veroorsaak het wat daartoe kan lei dat te min of gebreekte saad geplant word.

Die kwaliteit van die saad kon swak wees – ou saad, of siek saad wat ‘n swak ontkiemingspersentasie het. 

Onder baie nat toestande kan die ontkiemende saailing ontneem word van suurstof in die grond.

Onder baie droë toestande kan die saad nie toegang hê tot genoegsame grondwater om ontkieming te laat plaasvind nie. 

Sodra die gewas geplant is, kan ‘n swaar reënbui die grond so kompak maak en ‘n harde kors veroorsaak wat die saailing verhinder om deur die grond te breek (sien foto 2 ter illustrasie). 

Daar kan oorblywende chemikalieë in die grond wees wat die ontkiemende plant kan doodmaak. 

Die saad was dalk te vroeg in die plantseisoen geplant toe die temperatuur te laag was om ontkieming te veroorsaak. 

Die saad kon te diep geplant word wat dit onmoontlik maak vir die plant om op te kom (foto 3). 

Insekte, voëls of klein soogdiertjies kon die saad geeët het voordat dit kon ontkiem.



Verlies van jong plantjies (saailinge) 

Een van die mees algemene probleme na ontkieming is skade veroorsaak deur insekte – veral snywurms wat die plant net onder die oppervlak afvreet (foto 4). 

Voëls kan die klein saailinge opvreet (hoewel dit gewoonlik nie ‘n groot probleem is nie).

In droë, baie sanderige toestande, kan winderosie die saailing begrawe as dit probeer opkom.

Hael kan aansienlike skade aan saailinge aanrig. 

Uitermatige hitte (soos in ‘n hittegolf) kan veroorsaak dat die saailing heeltemal uitdroog. 

Ryp vroeg in die seisoen kan die saailinge doodmaak. 

In sommige gevalle, soos met sonneblomme, is dit algemene praktyk om ‘n skoffel/rol-eg te gebruik om die oppervlakkors te breek wat dalk ontstaan het weens reën op die geplante land. Die skoffel/rol-eg kan egter die saailinge beskadig. 



Verlies van plante op ‘n latere stadium

Weiding van lewende hawe is ‘n groot probleem in baie gebiede.

Meganiese onkruidbeheer lei dikwels tot skade by plante – indien die bewerkingsmasjinerie nie korrek gestel is nie, en indien die bestuurder nie genoegsaam aandag gee aan die taak op hande nie (indien die plantaksie nie na behore gedoen word nie en die rye nie gelyk en reguit is nie, word bewerking ‘n probleem en gevolglik lei dit tot skade aan die oes). 

Siektes kan lei tot ‘n verlies van plante. 

Ernstige mededinging met onkruid kan ook plantverliese tot gevolg hê.



Wat is die oplossing vir swak plantpopulasie? 

Indien tyd dit sou toelaat, kan die gewas herplant word (hoewel dit ernstige koste-implikasies inhou). 

Indien daar een ry gemis is (weens ‘n foutwerking van die planter), kan hierdie ry ingeplant word sodra die fout agtergekom word. 



Dit is baie belangrik dat die oorsake van swak plantpopulasie geïdentifiseer word sodat dit reggestel kan word en nie die volgende seisoen herhaal word nie. 

