February (Maize)									Afrikaans
Februarie – die maand vir fokus op die somerseisoen
Instructions:
Folio strap: Produksie
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Die hoeveelheid werk wat gedurende elke someraanplanting seisoen plaasvind, behoort nou af te skaal en die produsent is in ‘n posisie om te kyk na die gewasse wat op die land staan. Hopelik is die plantpopulasie voldoende, is die kleur van die gewas die gewensde donkergroen kleur en is daar geen onkruide wat met die gewas kompeteer nie – in kort, dat alles goed lyk vir ‘n bogemiddelde oes.
Daar is egter dikwels dinge wat nie volgens plan verloop het nie en die gewas is dalk nie so goed as wat gehoop is nie. Dit is die ideale tyd om dinge wat moontlik kon verkeerd loop te ondersoek.
Plantpopulasie – maak dit regtig saak?
Wanneer ‘n gewas aangeplant word, moet die produsent beplan om ‘n sekere aanbevole plantpopulasie te bereik. Elke plant het ‘n sekere potensiaal om graan te produseer – die faktore wat die opbrengs beperk is die beskikbaarheid van grondwater, voedingstowwe, lig en hitte. Die aantal plante wat deur ‘n area eenheid ondersteun kan word, is grootliks afhanklik van die hoeveelheid grondwater wat beskikbaar is. Die plantpopulasie per area is meer belangrik as die spesifieke rywydte, omdat plante tot ‘n sekere mate kan kompenseer. Rywydtes onder droëlandtoestande kan varieer van 0,9 m tot 2,1 m of 2,3 m, afhangende van die meganiese toerusting wat beskikbaar is en die tipe grondbewerking wat gebruik is. Wyer rye word aangedui waar die opbrengsdoelwit laer is, die vereiste plantpopulasie laer is, die reënval laer is, waar daar probleme met winderosie is en waar die onkruid meganies tussen die rye beheer gaan word. 
Smaller rye word gebruik waar die opbrengsdoelwit hoër is, waar daar hoë reënval is, waar daar ‘n helling op die land is en waar die onkruid chemies beheer word (dit is nie moontlik om die onkruid meganies in baie smal rye te beheer nie, omdat daar nie plek vir die trekker in die spasies tussen die rye is nie).
Die opbrengsdoelwit speel ‘n belangrike rol om die vereiste plantpopulasie te bepaal. Plantpopulasies wat te laag is, beperk die potensiële opbrengs en ‘n populasie wat te hoog is, lei tot verhoogde stres op die plant, wat ook die opbrengs verlaag. Plante wat baie na aanmekaar geplant word, het ‘n verhoogde siekte risiko (soos stamvrot) en omval kom meer voor.
Elke area en elke kultivar het ‘n aanbevole plantpopulasie. Indien die vereiste plantpopulasie nie bereik word nie, kan die potensiële opbrengs negatief beïnvloed word (in kort, sal daar nie genoeg plante wees om die hoeveelheid graan wat vereis word te produseer nie).
Wat is die oorsake van ‘n swak plantpopulasie?
Daar is ‘n aantal faktore wat die oorsaak van ‘n swak plantpopulasie kan wees en die oorsake is verwant aan verskillende stadiums in die ontwikkeling van die gewas. 
Swak ontkieming
Swak ontkieming is een van die grootste oorsake van ‘n finale swak stand. Daar is ‘n aantal redes vir swak ontkieming:
Die kalibrasie van die planter kon verkeerd gewees het, wat gevolg gehad het dat te min saad aangeplant het. 
Die grootte van die saad kon verkeerd gewees het vir die planterplate wat gebruik is.
Die saad kon te klein gewees het vir die planter, wat kon gelei het daartoe dat twee saadjies gelyktydig in die gaatjie geval het, verstop het en niks geplant is nie. 
Die tikker meganisme op die planter kon foutief gewees het en die saad gebreek het soos wat hulle verby beweeg.
Oor die algemeen veroorsaak swak planterinstandhouding ‘n aantal meganiese probleme wat lei tot te min of gebreekte saad wat aangeplant is.
Die kwaliteit van die saad kon swak gewees het – ou saad, of saad met siektes wat ‘n swak ontkiemingspersentasie het.
Onder baie nat omstandighede kon die saailing doodgegaan het van te min suurstof in die grond.
Onder baie droë toestande kon die saad nie toegang kry tot voldoende grondvog om ontkieming te laat plaasvind nie. 
Met die gewas reeds aangeplant, kon swaar stortreën die grond gekompakteer het en die ontwikkeling van ‘n harde kors veroorsaak het wat die saailing kon verhoed om op te kom.
Daar kon chemiese reste in die grond agtergebly het wat die ontkiemende plantjie kon laat vrek het.
Saad was dalk gedurende die vroeë plantseisoen aangeplant toe die grondtemperatuur te laag was vir ontkieming. 
Die saad kon te diep geplant gewees het wat dit onmoontlik maak om op die kom.
By lugdruk planters was die druk dalk nie genoeg om die saad in die korrekte posisie te hou totdat dit geplant is nie.
Insekte, voëls of klein diertjies kon die saad geëet het voordat dit kon ontkiem.
Verlies van jong plante (saailinge)
Een van die mees algemene probleme naas ontkieming, word veroorsaak deur insekte – veral snywurms wat die plant net op die oppervlak af eet.
Voëls kan klein saailinge eet (alhoewel dit nie ‘n groot probleem is nie).
By droë, sanderige toestande kan winderosie die saailinge begrawe terwyl hulle probeer opkom.
Hael kan aansienlike skade aan saailinge aanrig.
Uitermatige hitte (soos ‘n hittegolf) kan die saailinge heeltemal laat uitdroog.
Ryp in die vroeë seisoen kan die saailinge doodmaak.
Soms, soos die geval met sonneblom, is die algemene praktyk om ‘n roleg te gebruik om die oppervlak kors wat na reën veroorsaak is te breek. Hierdie roleg kan skade aan die saailinge veroorsaak.
Verlies van plante op ‘n later stadium
Weiding deur lewendehawe is ‘n groot probleem in baie areas.
Meganiese onkruidbeheer veroorsaak dikwels skade aan plante – indien die skare nie korrek gestel is nie en indien die drywer nie genoeg aandag aan die taak gee nie (indien die aanplanting nie goed gedoen is en die rye nie reguit is nie, kan bewerking skade en probleme aan die gewas veroorsaak).
Siektes kan verlies aan plante veroorsaak.
Ernstige kompetisie deur onkruid kan lei tot plantverliese.
Wat is die oplossing vir swak plantpopulasie?
Indien tyd dit toelaat, kan die gewas weer aangeplant word (alhoewel dit ernstige koste implikasies het). 
Waar daar een ry kort (as ‘n resultaat van wanfunksie van die planter), kan hierdie ry weer geplant word sodra die probleem opgemerk word.
Dit is baie belangrik dat die oorsaak van swak plantpopulasie geïdentifiseer word, sodat dit reggestel kan word en nie in die volgende seisoen herhaal word nie.
