Farming (Maize)									Afrikaans



Waaroor gaan boerdery?



Instructions:

Folio strap: Produksie

Byline: Jane McPherson, Programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir 

 Produsente

Photos: 



Dit is veilig om te sê dat sedert die begin van landbou soos ons dit vandag ken,  beskikbare land  vir boerdery doeleindes, altyd beperk is. 



Hoewel produksie praktyke bestaan (bv. hidroponiese produksie) wat produksie moontlik maak sonder die gebruik van grond as ‘n groeimedium, is grond vir die meeste boerderypraktyke beperk. In die breë gesien, gaan boerdery oor die produksie van kos en vesel. Die tipe boerdery wat bedryf word in ‘n sekere deel van die land is gebaseer op sekere faktore soos klimaat, grond en tradisie. Mense wat afhanklik is van grond, het ‘n basiese behoefte om hulle naaste familie te ondersteun en te voed – voedselsekuriteit vir die huishouding. Slegs wanneer die behoeftes van die familie bevredig is, kan produksie oorgaan in ‘n besigheidsonderneming waar die produk op ‘n groter skaal geproduseer en verkoop word om ‘n inkomste te genereer.



Oor die jare het dit duidelik geword dat lande wat rampe kan oorleef, die lande is wat genoeg voedsel het. Met moderne voedsel praktyke is baie lande instaat om meer voedsel en vesel te produseer as wat hulle vir eie gebruik benodig. Baie ontwikkelde lande produseer meer voedsel as wat hulle benodig en in basiese ekonomiese terme veroorsaak die feit dat die aanbod die aanvraag oorskry, prysverlagings, wat dan sommige produsente verhoed om ‘n sekere gewas te produseer. In sommige lande ontvang produsente ‘n subsidie om met produksie voort te gaan omdat die regering wil verseker dat die land voedselsekuriteit geniet. 



Lande wat meer voedsel produseer as wat hulle benodig voer die surplus na ander lande uit. Dikwels is hierdie voedsel in ‘n ander land teen ‘n laer prys bekombaar as wat daardie land soortgelyke voedsel kan verskaf. Dit kan die oorsaak van subsidies wees, maar dit kan ook die gevolg van ‘n meer geskikte klimaat vir die produksie van daardie kommoditeit wees (bv. produsente in Nieu-Seeland kan melk goedkoop vanaf hulle weiding produseer en daarom is hulle in staat om melk en melkprodukte na ander dele van die wêreld waar die produksiekostes hoër is uit te voer). 



Soos reeds bespreek, is grond beskikbaar vir voedsel- en veselproduksie in enige land beperk. Vir voedselsekuriteit in ‘n land is dit noodsaaklik dat al die grond in produksie bly. Dit is egter slegs moontlik indien die produsente ‘n wins kan toon. Ons land is tans in ‘n dilemma, omdat produksiekoste van mielies, sonneblom, sorghum en sojabone baie skerp gestyg het en dit die winsgewendheid van graan produksie bedreig. 



Wat moet ons die produsente aanraai om te doen?

Ons adviseer produsente om nie te plant tensy hulle ‘n mark vir die produk het teen ‘n prys per ton wat die produksiekoste oorskry nie.

Ons stel voor dat indien jy vir eie gebruik plant, doen dit so dat jy en jou familie voedselsekuriteit het. 

Nadat jy voedselsekuriteit vir jou huishouding verseker het, probeer ‘n mark vind en produseer slegs vir daardie mark. 



Terwyl die plantseisoen nader, wens ons jou alle sukses toe. Kgotso, Pula, Nala – Vrede, Reën, Welvaart.



