Farmers’ days (Maize)									Afrikaans



Hoekom boeredae en demonstrasie proewe 



Instructions:

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir 

Produsente

Photos:



Die doel van die Ontwikkelingsprogram vir Produsente is om proefpersele te ontwikkel en te bestuur waar produsente blootgestel kan word aan die voordele van korrekte grondvoorbereiding, kunsmistoediening, kultivar keuse, onkruid-en plaagbeheer en oes. 



Die personeel in die program, koördineer die ontwikkeling van hierdie proewe met ander rolspelers in die industrie – die kontrakteur, die saadmaatskappye, die kunsmismaatskappye en die agro-chemiese maatskappye – sodat produsente blootgestel kan word aan die bes moontlike produksie-inligting en -tegnieke. 



Sodra die persele vir die demonstrasie proewe ontwikkel is, is dit baie belangrik dat die ontwikkelende produsente in daardie area blootgestel word aan al die aspekte van aanplant en versorging van die gewasse wat op hierdie persele geplant moet word. Die boeredae bied ‘n geleentheid vir die produsente om bymekaar te kom met ander produsente, maatskappye wat insette voorsien en alle ander rolspelers in die industrie wat uitgenooi is om deel van hierdie dae te wees – produsente bekom baie inligting en blootstelling gedurende hierdie samekomste. 



Die volgende boeredae is gedurende 2008 gehou:



Tonie Loots in die Noordwes – 9 boeredae; 

Amos Njoro in die Noordwes en Gauteng – 10 boeredae; 

Jerry Mthombothi in Mpumalanga – 10 boeredae; 

Johan Kriel in die Vrystaat – 11 boeredae; en

Lawrence Luthango (wat sedert Mei 2008 werk) in die Oos-Kaap het 4 kleiner boeredae gehou.



Gedurende hierdie boeredae is verskeie onderwerpe aangebied – voorbeelde as volg:



Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente;

Ondersteuning, rol en funksies van die verskillende departemente van landbou;

Kunsmis en die korrekte aanwending – verskeie sprekers op verskillende dae;

Onkruid-en plaagbeheer;

Kultivar keuses;

Boerdery as ‘n besigheid en etanol as ‘n produk van graan;

Vereistes vir produksielenings;

Mieliebemarking;

Landbank dienste;

Grondsake en grondherverdeling; en

Insetversekering.



Ons probeer in ons program om verskillende rolspelers in die landbou industrie te betrek en in te sluit by die ontwikkeling van produsente – elkeen het ‘n spesifieke rol in sy eie veld te speel. Koördinasie is belangrik vir konstante en volhoubare vordering. 



Vennootskappe is met die volgende instansies gesluit:

MADC, Landbank, ABSA, Standard Bank; 

Sasol Nitro, Omnia, Tsunami, Opticrop, Kynoch;

Senwes, OVK, NWK, MGK, Suidwes Landbou, AFGRI;

Departement van Landbou en Grondsake, Departement van waterwese, SEDA;

NAFU, NERPO, MPO;

Pannar, Monsanto, Agricol;

Bayer, Wenkem, Novon/Protecta;

ARC GCI;

Taung Kollege; en

Santam Agri.





