Farmer (Maize)	 									Afrikaans
2010 Produsent van die Jaar – Vrystaat triomfeer weer eens!
Instructions:
Folio strap: Produsent van die Jaar
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Photo: William Matasane, ons 2010 Produsent van die Jaar. 
Daar is die afgelope paar jaar ‘n vriendelike kompetisie tussen twee belangrike graanproduserende provinsies, die Vrystaat en Noordwes. 
Sedert die ontstaan van die kompetisie vir die Graan SA Ontwikkelende Produsent van die Jaar was daar die volgende wenners: 
Jaar
Produsent van die jaar
Provinsie
2002
Karabo Peele 
Noordwes
2003
Stephen Matshididi
Vrystaat
2004
Paul Morule
Noordwes
2005
Moss Malo
Noordwes
2006
Lasarus Mothusi
Noordwes
2007
Lepati Macaphasa
Vrystaat
2008
Labious Manoto
Noordwes
2009	
Samuel Moloi
Vrystaat
2010
William Matasane
Vrystaat
Soos gesien kan word, was vyf van die nege wenners uit die Noordwes en vier uit die Vrystaat. Die jaar 2011 sal ‘n waterskeidingsjaar wees om te sien watter provinsie die beste produsent lewer! 
William Matasane is hierdie jaar inderdaad ‘n waardige wenner. Dit is ‘n man wat boerdery as ‘n beroep gekies het en hy blink uit. Soos in vorige artikels gemeld, boer William met mielies en sonneblom, hy het ‘n groot beeskudde en ‘n paar skape. Hy het sy eie plaas gekoop en huur addisionele grond om sy boerdery uit te brei. William is ‘n toegewyde gesinsman en ‘n werkgewer wat omgee – ‘n wenner in elke sin. Ons beste gelukwensings aan hom. 
