Farmer (Maize)									Afrikaans



Erkenning aan uitmuntendheid in die mielie bedryf 

	

Instructions:

Folio strap: Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Photos: Labious, Labious 2

 Caption 1: Labious Manoto

Caption 2: Neels Ferreira (GraanSA), Johan Kriel, (provinsiale koördineerder), Labious Manote en Tonie Loots, (provinsiale koördineerder).



Die wenner van die Graan SA Ontwikkelende Produsent van die Jaar kompetisie is bekend gemaak tydens ‘n glansgeleentheid op 17 Oktober 2008, by “The Theatre” by die renbaan op Kyalami. Met hierdie kompetisie wil Graan SA erkenning gee aan uitmuntendheid van ontwikkelende produsente in die mielie bedryf en rolmodelle voorsien aan ander wat ook tot die bedryf wil toetree. 



Ses kandidate vir die 2008 Ontwikkelende Produsent van die Jaar kompetisie is geïdentifiseer: Hulle was as volg: 



Deliwe Ntebele-Mutlwane van Delareyville, Noordwes;

Boy Mokoena van Bronkhorstspruit, Mpumalanga;

Labious Manoto van Mooifontein distrik in Noordwes;

Samuel Nyambose van Paul Roux, Vrystaat;

Samuel Moloi van Fouriesburg, Vrystaat; en

Isaac Khuto van Ficksburg, Vrystaat.



Hierdie jaar se Ontwikkelende Graan Produsent is Labious Manoto van Mooifontein distrik in Noordwes. Ons wil hiermee graag ons gelukwense oordra aan Labious en al die ander finaliste met hierdie uitstekende prestasie.



Hieronder is ‘n paar opmerkings wat die lede van die paneel na die toer oor Labious gemaak het.



Lawrence Luthango

Sterkpunte – Baie toegewyd, harde werker. Goeie ondervinding. Hy het kennis van sy besigheid.

Aanbevelings – Hy is lankal reeds ‘n kommersiële produsent.



Jerry Mthombothi

Sterkpunte – Hy beskik oor voldoende trekkers en implemente. Hy weet wat hy doen, sy oeste lyk goed en sy implemente is in ‘n goeie toestand. Goeie skure en werkswinkel.



Johan Kriel

Sterkpunte – Hy beskik oor grond, het implemente, hy het twee seuns wat saam met hom werk en hy het baie jare ondervinding.



Willie Kotzé

Sterkpunte – Goeie gemengde boerdery met mielies, sonneblom, skape en beeste. Hy is ‘n gevestigde produsent met jare se ondervinding. Hy het ‘n vloot trekkers met implemente, sowel as ‘n goeie skuur en goeie werkswinkel. Hy het goeie kennis en begrip van boerdery en weet wat hy doen en hoekom hy dit doen. Maak gebruik van inset verskaffers vir raad – saad, kunsmis en chemikalieë.

Swakpunte – Hierdie man het alreeds sy swakpunte uitgeskakel en hy boer winsgewend en volhoubaar.

Aanbevelings – Hierdie produsent doen alles reg en voldoen aan die vereistes vir ‘n kommersiële produsent. 

Jane McPherson

Sterkpunte – Hy beskik oor goeie boerderyondervinding en het goeie kennis van boerdery. Goeie grond word produktief gebruik, asook voldoende trekkers en implemente.

Aanbevelings – Hou aan met die uitstekende werk!



Tonie Loots

Sterkpunte – Goeie ondervinding, goeie grond en goeie reënval, sowel as goeie trekkers en implemente.

Swakpunte – Aandag moet gegee word aan onkruidbeheer, veral kweekgras. Sy bemarking kan verbeter.

Aanbevelings – Handhaaf voldoende trekkers met uitbreiding van grond. Doen ondersoek na grond vir besproeiing.



Amos Njoro

Sterkpunte – Uitstekende kennis oor dit wat hy doen.

Aanbevelings – Groter deelname aan boeredae en kursusse vir beter en nuutste veranderinge en kennis. 



Jenny Mathews

Sterkpunte – ‘n Groot man – groot skoene –‘n groot voetspoor – die moeite werd om te volg. ‘n Rolmodel wat ander kan inspireer – veral sy seuns. Hy inspireer vertroue dat die toekoms van boerdery in sulke hande, veilig is. Hy het baie bereik ten spyte van moeilike jare. Ek respekteer hom en staan verstom. Hierdie is ‘n man wat uitstaan bo ander. Hy groei steeds as ‘n produsent en is nie bang om swakpunte waar hy hulp benodig, uit te lig nie. Hy sal verseker dat hy dit ontvang. 

Aanbeveling – Produsent van die Jaar vir 2008! 





