Farmer 2 (Maize)									English



Oos-Kaap Kleinskaalprodusent van die jaar – en die wenner is ...

Instructions: 

Folio strap: Kleinskaalprodusent van die jaar

Byline: Jane McPherson, program bestuurder van die Graan SA Produsente Ontwikkelingsprogram.

Photos: Bruce Nqezo, Simphiwe Tshabu, Leonard Nondonga, Colbert Timakhwe en Caledon Quta. 



Die genomineerdes, sowel as die finaliste, vir die Oos-Kaap Kleinskaalprodusent van die jaar is aangekondig. Die wenner sal aangekondig word by die 250 Ton Klubfunksie op 26 Augustus 2010. Hulle is soos volg:

Bruce Nqezo

Bruce is 56 jaar oud en is gebore op Kwadike A/A in Lusikisiki. Hy het begin werk by Gold Fields in Vaal Reefs van 1974 - 1976 nadat hy gematrikuleer het. Hy het teruggekeer huis toe en het gewerk as trekkerbestuurder by die Departement van Landbou en het ook gewerk as ‘n Ontwikkelings-assistent. Hy is getroud in 1984 en het drie seuns en twee dogters. Sy een seun is besig met tersiêre opleiding, terwyl die ander nog op hoërskool is. Bruce is afgedank as trekkerbestuurder in 2000 en het daarna begin mielies produseer op twee hektaar grond. Tans produseer hy mielies, boontjies en aartappels op vyf hektaar. 



Simphiwe Tshabu 

Simphiwe Elliot Tshabu is op 26 Mei 1956 gebore in die Ntshiqo Administratiewe Area in Tsolo. Hy het skoolgegaan tot in standerd 4 (graad 6). Hy het vir ses jaar by die Dokke in Kaapstad gewerk en toe ook by Vandarly Esco vir 20 jaar. Hy is in 1997 terug huis toe en het begin om met skape en beeste te boer. Terselfdertyd het hy mielies, boontjies en aartappels geproduseer op grond in die dorp. Hy is in 1982 getroud en hy en sy vrou het ses kinders: drie seuns en drie dogters. Die een seun werk en die ander is nog steeds op skool. As gevolg van aflegging by die myne en werkloosheid het Simphiwe besluit om die grond tot sy beskikking te gebruik om voedsel te produseer en ‘n inkomste te genereer. Tans produseer hy mielies op 14 hektaar grond.



Leonard Nondonga – finalis

Leonard Nondonga is op 27 Oktober 1950 gebore in die Njezweni Administratiewe Area. Hy het skoolgegaan tot standerd 6 (graad 8). Hy het in Rustenburg, in die mynindustrie, gewerk waar hy in platinummyne gewerk het van 1981 - 1988. Hy is in 1977 getroud en het vyf seuns – twee werk en die ander is nog op skool. In 1989 het hy sy werk by die myn verloor. Hy het huiswaarts gekeer waar hy begin mielies en boontjies produseer het. Hy het later ‘n trekker gekoop om die grond deeglik, en vinnig, te bewerk. Hy doen tans kontrakwerk wat hom help om ‘n inkomste te verdien. Leonard het toegang tot vier hektaar gemeenskapsgrond. 



Colbert Timakhwe – finalis

Colbert Timakhwe is op 5 Desember 1944 gebore. Hy het by sy ouers grootgeword wat by boerdery betrokke was. Hy het skoolgegaan tot en met standerd 5 (graad 7). Hy het vir tien jaar by die goudmyne by Lesley in die Oos-Transvaal gewerk. In 1989 het hy die myn verlaat en Kaapstad toe verhuis waar hy vir Murray Konstruksie begin werk het. In 1991 het hy huiswaarts gekeer om te gaan boer. Terwyl hy in Transvaal was, is hy getroud en het ses kinders: vier seuns en twee dogters. Al die seuns werk en een dogter is nog op skool. Colbert het vir drie jaar vir ‘n produsent gewerk en sodoende ondervinding opgedoen in landbouproduksie. Tans produseer hy mielies op vyf hektaar grond. 



Caledon Qutha – finalis

Caledon Qutha is gebore op 30 Junie 1959 op Njijini Administratiewe Area. Hy het daar groot geword en daar skoolgegaan. Hy het sy hoërskool loopbaan by Mt Frere Hoërskool voltooi waar hy ‘n graad 12 sertifikaat behaal het, asook ‘n Onderwysdiploma. Hy is na Kaapstad waar hy by verskeie skole gewerk het. Hy is getroud in 1983 en hy en sy vrou het twee kinders: ‘n seun en ‘n dogter. In 1989 het hy ‘n kruidenierswinkel oopgemaak waar hy vrugte en groente verkoop het. In 2004 het hy ‘n winkel gehuur en is toe terug na Njijini by Mt Frere waar hy ‘n winkeleienaar is. Caledon het begin belangstel in mielieboerdery, aangesien baie gemeenskappe opgehou het om hul stapelvoedsel, mielies, te produseer. Daar is ook ‘n klomp gemeenskapsgrond wat nie gebruik word nie. Hy was baie beïndruk en is gemotiveer deur produsente rondom Kokstad wat mielies op ‘n groot skaal produseer. Caledon produseer tans mielies op 20 hektaar grond. 



