Farmer (Maize)									Afrikaans
Meer oor die Ontwikkelingsprogram vir Produsente 
Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Photo 1:Jane McPherson (links) was aangenaam verras deur 'n besoek van mnr Mzebenzi Zwane, die LUR vir Landbou in die Vrystaat en me Nandi Mayathula-Khoza, die LUR vir Landbou in Gauteng by die NAMPO Oesdag. Hulle is ook vergesel deur Dr Limakatso Moorosi (regs), die Hoof van die Departement Landbou in die Vrystaat.
Photo 2:Gideon Ralepedi (Senwes), G. Motseng, Jane McPherson, B. Tswene (LUR, Noordwes), N. Maloyi (Spreker) en in die voorste ry, Japie Fransman (Senwes), C. Kanyaneen en Sello Lesupi het ook die Ontwikkelingsprogram vir Produsente se stalletjie ​​by die NAMPO oesdag besoek.
Die missie van die Ontwikkelingsprogram vir Produsente van Graan SA is om bevoegde swart kommersiële graanprodusente te ontwikkel. Om hierdie doel te bereik, is dit belangrik om te fokus op die individu, ons moet die persoon ontwikkel.
Ontwikkeling gaan NIE oor die grond nie.
Ontwikkeling gaan NIE oor masjienerie nie.
Ontwikkeling gaan NIE oor markte nie.
Ontwikkeling gaan NIE oor geld nie.
Ontwikkeling gaan NIE daaroor om te boer vir die produsent nie.
Die hele proses begin met die ontwikkeling van die persoon – al die ander aspekte volg daarop. Ontwikkeling is 'n proses en nie 'n sprong nie.
Die huidige minister van Landbou, Me Tina Joemat-Pettersson het aangedui dat sy 'n behoefte sien om produsente in verskillende kategorieë te verdeel. Die kategorieë is soos volg: (alhoewel ons ons eie kriteria gemaak het, want daar bestaan nie ooreengekome kriteria vir die verskillende kategorieë nie).
Vlak 1
1 tot 10 hektaar
Bestaansprodusente
Vlak 2
10 hektaar tot 250 ton
Kleinboer produsente
Vlak 3	
Meer as 250 ton
Kommersiële produsente
Dit mag dalk vir mense 'n bietjie verwarrend wees wanneer ons sê dat Vlak 1 en produsente op 1-10 hektaar in dieselfde kategorie is. Dit is belangrik om 'n program te hê wat duidelik identifiseerbare stappe het  – 'n produsent wat by ons program aansluit, begin as 'n Vlak1 – die grootte van sy/haar land is irrelevant. As 'n vlak 1 persoon is daar sekere kursusse wat bygewoon word wat die grondslag van kommersiële boerdery vorm. Daar is ongelukkig sommige produsente wat dalk nooit verder sal vorder as 'n Vlak 1 produsent as hulle nie toegang tot meer grond of meganisasie het nie.
Vlak 2 produsente is die volgende kategorie en daar is sekere kursusse wat op hierdie vlak bygewoon word – ‘n voortbou op inligting wat op Vlak1 versamel is. Hierdie produsente kan dalk nie instaat wees om verder as hierdie vlak te vorder nie, weer eens as gevolg van finansies, grond of meganisasie beperkinge wat nie oorkom kan word nie.
Vlak 3 produsente is diegene wat verder as vlakke 1 en 2 gevorder het, wat inligtig wat tydens die eerste twee vlakke bekom is, kan gebruik en wat in ‘n posisie is om meer as 250 ton graan per jaar te produseer. 'n Beginner produsent wat toegang het tot 1 000 hektaar deur middel van PLAS (byvoorbeeld) kan nie begin by Vlak 3 nie – dit is baie belangrik dat elke produsent op die eerste vlak begin en vandaar af bou. Sommige produsente sal uiteindelik volle kommersiële status bereik, maar daar is ander mense wat om verskeie redes’n bestaansboer of 'n kleinboer sal bly. 
Wegspringpunt				Ingryping			Eindpunt
Farmers Days 		
Vlak 1 – Bestaansprodusente – 1 tot 10 hektaar
Opleidingskursusse
Mielieproduksie basiese kursus.
Inleiding tot Mielieproduksie kursus.
Inleiding tot Sonneblomproduksie kursus.
Inleiding tot Sorghumproduksie kursus.
Inleiding tot Koringproduksie kursus.
Inleiding tot Grondboneproduksie kursus.
Meganisasie bestuurskursus.
Studiegroep vergaderings
 Grondmonsters.
Grond pH en fosfaatstatus.
Gronddiepte.
Klimaat.
Basiese grondvoorbereiding.
Saad.
Plantdigtheid.
Bemesting.
Onkruid-en plaagbeheer.
Demonstrasieproewe
Grondvoorbereiding.
Bekalking.
Saad en plantdigtheid.
Bemesting.
Onkruid-en plaagbeheer. 
Boeredae
Netwerk met die breër bedryf.
Radio uitsendings
Oordrag van inligting.
Pula Imvula 
Oordrag van inligting.
Vlak 2 – Kleinboer produsente – 10 hektaar tot 250 ton
Opleidingskursusse
Trekker en plaasimplemente Instandhoudingskursus.
Basiese Enjinherstel-kursus.
Gevorderde Mielieproduksie-en Bemarkingskursus.
Gevorderde Sonneblomproduksie en Bemarkingskursus.
Hulpbron Ontleding en Plaasbeplanningkursus.
Vaardigheidsontwikkelingskursus.
Plaasinstandhoudings-en ondersteuningkursus.
Meganisasiebestuurkursus.
Studiegroepvergaderings
Meganiese herstelwerk en instandhouding.
Kultivar keuses.
Optimale bemesting.
Optimale gebruik van natuurlike hulpbronne.
Risikobestuur en versekering.
Bemarking en berging.
Finansiëlebestuur (produksielenings).
Gevorderde Boereprogram
Kalibrasie van planters en spuite.
Bewerkingspraktyke
Instel van implemente.
Produksielenings.
Toegang tot toelaes en regeringsteun. 
Demonstrasieproewe
Verskillende vlakke van bemesting.
Kultivarkeuses.
Chemiese onkruidbeheer (programme).
Boerdedae
Netwerk met die breër bedryf.
Radio uitsendings
Oordrag van inligting.
Pula Imvula 
Oordrag van inligting.
Vlak 3 – Kommersiële produsente – 250 ton en meer
Opleidingskursusse
Kursus om winsgewend te boer.
Mielieproduksie onder Besproeiingskursus.
Gars onder Besproeiing Produksiekursus.
Koringproduksie onder Besproeiingskursus
Instandhouding van hoëverrigting trekkers kursus.
Studiegroepe
Bemarking van graan.
Wisselboustelsels.
Diversifikasie en optimale gebruik van hulpbronne.
Gevorderde Boere Program
Netwerk;
Agribesighede.
Georganiseerde landbou.
Insetverskaffingsmaatskappye.
Banke en finansierders.
Integrasie van produsente tot die kommersiële landbousektor. 
Boeredae
Netwerk met die breër bedryf.
Radio uitsendings
Oordrag van inligting.
Pula Imvula 
Oordrag van inligting.
