Factors (Maize) 									Afrikaans



Faktore wat die waarde van landbougrond beïnvloed 



Instructions: 

Folio strap: Grondsake

Byline: Inligting bekom vanuit die Hulpbron Ontleding en Boerderybeplanningkursus



Boerderygrond was tradisioneel gebaseer op sy landbouproduktiwiteit. In die meer plattelandse areas geld dit nog steeds dat netto opbrengs die basiese waarde van boerderygrond bepaal. 



Hoë of lae rentekoerse beïnvloed ook produsente, omdat baie produsente met sommige of totaal geleende geld werk. Kapitale investering in plaas strukture en verbeterings het ook ‘n belangrike invloed op die waarde van grond.



Inkomste deur die besit van landbougrond kan gegenereer word deur:

Produksie van verskeie kommoditeite deur die eienaar;

Deur verhuring van saaigrond of weiding aan ander produsente; en

Deur gedeelde oes-ooreenkomste met ander produsente te sluit.



Skepping van ‘n inkomste deur eienaarskap van grond het daarom twee komponente:

Die kort- en mediumtermyn produktiewe gebruik van grond soos bo; en

Die langtermyn kapitale gewin geassosieer met die toename in waarde oor tyd. 



Hierdie langtermyn gewin is ook afhanklik van die persentasie opbrengs vanaf die produktiewe gebruik wat hoër en laer ekonomiese siklusse oor tyd beleef. Oor die algemeen het waardes oor tyd toegeneem en die wêreldtendens is dat produktiewe grond in die hande van minder persone sal wees. Dit maak dit daarom moeiliker vir nuwe toetreders om grond oor die korttermyn te bekom en daarvoor te betaal deur effektiewe produksie. Die posisie is natuurlik verskillend indien die grond bekom kan word deur ‘n skenking (LRAD), of erfporsie, of deur ‘n lening met gesubsidieerde rentekoerse (soos die geval is met die nuwe skema van die Departement van Grondsake, wat genoem word die Pro-aktiewe Grondbesitskema (PLAS). 



Die huur van grond het verander: vanaf ‘n manier vir beginners om die boerdery te betree, tot ‘n manier vir gevestigde produsente om addisionele grond te bekom en hulle boerdery uit te brei. Dit behoort ernstig oorweeg te word by kommunale grond, waar daar baie grond is wat nie gebruik word nie en terselfdertyd ‘n aantal goeie produsente is wat meer grond nodig het om winsgewend te boer. Huur maak dit moontlik vir produsente om hulle besigheid uit te brei sonder die skuld en verbintenis van kapitaal, wat geassosieer word met eienaarskap.



