Establishing (Maize)									Afrikaans



Vestig jou boerdery besigheid



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente



Wanneer jy begin boer, bedryf jy ‘n besigheid en benodig jy dus ‘n portefeulje van jouself en jou besigheid. Een of ander tyd sal jy ‘n finansiële instansie moet nader vir bystand en hulle sal baie inligting oor jou en jou besigheid benodig. 



Hieronder is ‘n voorbeeld van inligting wat jy gereed moet hê. Jy moet ‘n afskrif van jou ID, asook jou vrou se ID hê. 



Geskiedenis van die produsent 

Hierdie inligting is belangrik. Gee altyd die besonderhede waar jy as die produsent gebore is, waar jy grootgeword het en waar jou belangstelling in boerdery begin het, asook hoe jy betrokke geraak het by boerdery. 



Persoonlike besonderhede

Van 
 

 

 
Voornaam
 

 

 
Voorletters
 

 

 
Identiteitsnommer
 

 

 
Geboortedatum
 

 

 
Huwelikstatus
 

 

 
Vrou se naam
 

 

 
Posadres
 

 

 

 

 

 

 

 

 
Provinsie
 

 

 
Fisiese adres
 

 

 

 

 

 
Selnommer
 

 

 


Taalvoorkeur

Hierdie inligting is handig wanneer jy kursusse wil bywoon, sodat die kursus aangebied word in ‘n taal wat jy sal verstaan.



Huistaal
 

 

 
Ander tale
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Woonplek

Onthou dat boerdery elke dag jou aandag vereis. Indien jy ernstig is oor boerdery, is dit noodsaaklik dat jy elke dag op die land moet wees. Hulle sê, “Ver van jou goed, naby jou skade” en “die beste kunsmis is die voetspore van die boer op die land”. Boerdery vereis die hantering van lewende dinge en hulle benodig deurentyd jou aandag. 



Bly jy op die plaas?
 

 

 
Indien nie, die afstand vanaf die plaas
 

 

 


