Education (Maize) 									Afrikaans



Opleiding en ondervinding werk hand aan hand



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir boere.



Sommige van die mees suksesvolle produsente het baie min opleiding – hulle het wel baie ondervinding en geniet wat hulle doen. Boerdery is hul lewe. 



Boerdery is ‘n kuns, ‘n wetenskap en ‘n lewenswyse. Boerdery vereis geloof – jy is selde in beheer, omdat boerdery buite beoefen word en aan die genade van weerstoestande onderworpe is. 



Boerderywetenskap is ver ontwikkel en gesofistikeerd – baie inligting is rondom die kleinste aspek van boerdery beskikbaar. Jy benodig hulp en advies van opgeleide mense – jy is die praktiese produsent. Die ontleding van ‘n grondmonster is byvoorbeeld baie tegnies. Jy hoef nie die ontleding self te doen nie – al wat jy moet doen is om gereeld grondmonsters te neem, die ontleding te kry en die raad van ‘n wetenskaplike wat jy kan vertrou, te volg. Pas die aanbevole kunsmisprogram toe en versorg jou gewas. Maak seker dat jy goeie advies verkry en die advies toepas – jou oog en ondervinding sal egter van die gewas ‘n sukses maak.



Maak gebruik van elke beskikbare geleentheid om opleiding te kry by mense wat die kennis en boerdery-ondervinding het. Jy kan nie uit ‘n boek leer boer nie – maak dus seker dat jy opgelei word deur iemand wat regtig kennis van die onderwerp het. Wanneer jy jou profiel opstel, moet jy die inligting in die onderstaande tabelle insluit. Moet egter nie te bekommerd wees oor jou akademiese kwalifikasies nie – dit is nie die alfa en die omega van jou kans op sukses nie. 

 

Skoolopleiding



Hoogste graad geslaag
 

 

 
Tersiêre opleiding
 

 

 


Betrokkenheid by Graan SA



Naam van studiegroep
 

 

 
Kursusse bygewoon
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Boerdery-ondervinding



Plaaswerker
 

 

 
Onafhanklike produsent
 

 

 
Gewasse
 

 

 
Vleisbeeste
 

 

 


