Difference (Maize)									Afrikaans
Wit en geel mielies – wat is die verskil?
Instructions:
Folio strap: Mielies
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Use pictures of white maize and yellow maize
Wit mielies is biologies en geneties baie dieselfde as geel mielies, alhoewel daar ‘n verskil in voorkoms is as gevolg van die afwesigheid van karoteenolie pigmente in die pit wat andersyds die geel kleur van die mielies veroorsaak. Produksietoestande en bewerkingsmetodes is grootliks dieselfde. 
Wit mielies is ‘n produk met baie minder belang vir die ontwikkelde wêreld. In die Verenigde State van Amerika, die grootste produseerder van witmielies in die wêreld, maak witmielies minder as een persent van die totale huishoudelike mielieverbruik uit en word grootliks onder kontrakboerdery verbou as gevolg van die relatief beperkte mark. 
Tot onlangs is geglo dat geel mielies slegs geskik is vir diere en nie vir menslike gebruik nie. Dit was ‘n bydraende faktor tot die tipes mielieproduksie en bemarkingsisteme wat ontstaan het. Daar is geglo dat geel graan en meel baie min of geen aanvraag vir menslike verbruik het nie en dus nie beskikbaar was vir verbruikers nie. Die afwesigheid van geel graan of meel het die koste van voedsel aan die verbruiker verhoog omdat geel mielies se prys op wêreldmarkte laer was as die van wit mielies. Die wêreldmark vir geel mielies is baie groter en meer stabiel as die van wit mielies, wat dit ‘n meer betroubare versaffingsbron maak, veral gedurende droogte tye. 
Het jy al probeer om geel mielies te eet? Dit is interessant om te sien hoe ons oor die algemeen bevooroordeeld is teenoor geel mielies. Interessant genoeg, produseer ons in Suid-Afrika vandag te veel wit mielies en te min geel mielies – miskien met ons kyk na geel mielies en indien ons ‘n tekort het aan wit mielies, kan ons geel mielies eet! 
